King James Version
AFR DVK
1
And when Rehoboam was come to Jerusalem, he gathered of the house of Judah and Benjamin an hundred and fourscore thousand chosen [men], which were warriors, to fight against Israel, that he might bring the kingdom again to Rehoboam.
En toe Rehábeam by Jérusalem gekom het, het hy die huis van Juda en Benjamin bymekaargemaak, ’n honderd en tagtig duisend uitgesoekte manne, wat oorlog gevoer het, om teen Israel te veg, dat hy die koninkryk weer aan Rehábeam mag bring.
2
But the word of the LORD came to Shemaiah the man of God, saying,
Maar die woord van die HERE het tot Semája die man van God gekom, en gesê,
3
Speak unto Rehoboam the son of Solomon, king of Judah, and to all Israel in Judah and Benjamin, saying,
Spreek tot Rehábeam die seun van Salomo, koning van Juda, en tot die hele Israel in Juda en Benjamin, en sê,
4
Thus saith the LORD, Ye shall not go up, nor fight against your brethren: return every man to his house: for this thing is done of me. And they obeyed the words of the LORD, and returned from going against Jeroboam.
So sê die HERE, Julle moet nie optrek, of teen julle broers veg nie: keer elkeen na sy huis terug: want hierdie saak is van My gedoen. En hulle het na die woorde van die HERE geluister, en teruggekeer van teen Jeróbeam te gaan.
5
And Rehoboam dwelt in Jerusalem, and built cities for defence in Judah.
En Rehábeam het in Jérusalem gewoon, en stede vir verdediging in Juda gebou.
6
He built even Bethlehem, and Etam, and Tekoa,
Hy het selfs Betlehem, en Etam, en Tekoa gebou,
7
And Bethzur, and Shoco, and Adullam,
En Bet-Sur, en Soko, en Adullam,
8
And Gath, and Mareshah, and Ziph,
En Gat, en Maresa, en Sif,
9
And Adoraim, and Lachish, and Azekah,
En Adoraím, en Lakis, en Aseka,
10
And Zorah, and Aijalon, and Hebron, which [are] in Judah and in Benjamin fenced cities.
En Sora, en Ajalon, en Hebron, wat in Juda en in Benjamin is, versterkte stede.
11
And he fortified the strong holds, and put captains in them, and store of victual, and of oil and wine.
En hy het die vestings versterk, en kapteins daarin gesit, en voorraad van voedsel, en van olie en wyn.
12
And in every several city [he put] shields and spears, and made them exceeding strong, having Judah and Benjamin on his side.
En in elke stad het hy skilde en spiese gesit, en hulle buitengewoon sterk gemaak. En Juda en Benjamin was syne.
13
And the priests and the Levites that [were] in all Israel resorted to him out of all their coasts.
En die priesters en die Leviete wat in die hele Israel was, het by hom uit al hulle grense gestaan.
14
For the Levites left their suburbs and their possession, and came to Judah and Jerusalem: for Jeroboam and his sons had cast them off from executing the priest’s office unto the LORD:
Want die Leviete het hulle voorstede en hulle besitting verlaat, en na Juda en Jérusalem gekom: want Jeróbeam en sy seuns het hulle uitgesit van die priesteramp van die HERE uit te oefen:
15
And he ordained him priests for the high places, and for the devils, and for the calves which he had made.
En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes, en vir die duiwels, en vir die kalwers wat hy gemaak het.
16
And after them out of all the tribes of Israel such as set their hearts to seek the LORD God of Israel came to Jerusalem, to sacrifice unto the LORD God of their fathers.
En ná hulle uit al die stamme van Israel sulkes as hulle harte gestel het om die HERE, die God van Israel, te soek, het na Jérusalem gekom, om aan die HERE, die God van hulle vaders, te offer.
17
So they strengthened the kingdom of Judah, and made Rehoboam the son of Solomon strong, three years: for three years they walked in the way of David and Solomon.
So het hulle dan die koninkryk van Juda versterk, en Rehábeam die seun van Salomo drie jaar lank versterk: want drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en Salomo gewandel.
18
And Rehoboam took him Mahalath the daughter of Jerimoth the son of David to wife, [and] Abihail the daughter of Eliab the son of Jesse;
En Rehábeam het vir hom Mahalat die dogter van Jerímot die seun van Dawid as vrou geneem, en Abíhail die dogter van Eliab die seun van Isai;
19
Which bare him children; Jeush, and Shamariah, and Zaham.
Wat vir hom seuns gebaar het; Jeüs, en Semarja, en Saham.
20
And after her he took Maachah the daughter of Absalom; which bare him Abijah, and Attai, and Ziza, and Shelomith.
En ná haar het hy Maäga die dogter van Absalom geneem, wat vir hom Abía, en Attai, en Sisa, en Selomit gebaar het.
21
And Rehoboam loved Maachah the daughter of Absalom above all his wives and his concubines: (for he took eighteen wives, and threescore concubines; and begat twenty and eight sons, and threescore daughters.)
En Rehábeam het Maäga die dogter van Absalom bo al sy vroue en sy byvroue liefgehad: (want hy het agttien vroue, en sestig byvroue geneem; en het agt en twintig seuns, en sestig dogters verwek.)
22
And Rehoboam made Abijah the son of Maachah the chief, [to be] ruler among his brethren: for [he thought] to make him king.
En Rehábeam het Abía die seun van Maäga as die hoof aangestel, om ’n vors onder sy broers te wees: want hy het bedoel om hom as koning te maak.
23
And he dealt wisely, and dispersed of all his children throughout all the countries of Judah and Benjamin, unto every fenced city: and he gave them victual in abundance. And he desired many wives.
En hy het verstandig gehandel, en al sy kinders deur al die lande van Juda en Benjamin, in elke versterkte stad, versprei: en hy het hulle voedsel in menigte gegee. En hy het baie vroue begeer.