King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass, when Rehoboam had established the kingdom, and had strengthened himself, he forsook the law of the LORD, and all Israel with him.
En dit was so, toe Rehábeam die koninkryk bevestig het, en hy sterk was, dat hy die wet van die HERE verlaat het, en die hele Israel saam met hom.
2
And it came to pass, [that] in the fifth year of king Rehoboam Shishak king of Egypt came up against Jerusalem, because they had transgressed against the LORD,
En dit was so in die vyfde jaar van koning Rehábeam, dat Síson koning van Egipte teen Jérusalem opgetrek het, omdat hulle teen die HERE oortree het,
3
With twelve hundred chariots, and threescore thousand horsemen: and the people [were] without number that came with him out of Egypt; the Lubims, the Sukkiims, and the Ethiopians.
Met twaalfhonderd strydwaens, en sestig duisend ruiters: en die volk was sonder getal wat met hom uit Egipte gekom het; die Lubim, die Sukkiëte, en die Etiopiërs.
4
And he took the fenced cities which [pertained] to Judah, and came to Jerusalem.
En hy het die versterkte stede geneem wat aan Juda behoort het, en by Jérusalem gekom.
5
Then came Shemaiah the prophet to Rehoboam, and [to] the princes of Judah, that were gathered together to Jerusalem because of Shishak, and said unto them, Thus saith the LORD, Ye have forsaken me, and therefore have I also left you in the hand of Shishak.
Toe het Semája die profeet by Rehábeam gekom, en by die vorstes van Juda, wat by Jérusalem bymekaargekom het vanweë Síson, en tot hulle gesê, So sê die HERE, Julle het My verlaat, en daarom het ek julle ook in die hand van Síson verlaat.
6
Whereupon the princes of Israel and the king humbled themselves; and they said, The LORD [is] righteous.
Waarop die vorstes van Israel en die koning hulle verneder het; en hulle het gesê, Die HERE is regverdig.
7
And when the LORD saw that they humbled themselves, the word of the LORD came to Shemaiah, saying, They have humbled themselves; [therefore] I will not destroy them, but I will grant them some deliverance; and my wrath shall not be poured out upon Jerusalem by the hand of Shishak.
En toe die HERE gesien het dat hulle hulleself verneder het, het die woord van die HERE tot Semája gekom, en gesê, Hulle het hulleself verneder; daarom sal ek hulle nie vernietig nie, maar ek sal hulle ’n bietjie verlossing gee; en my toorn sal nie deur die hand van Síson op Jérusalem uitgestort word nie.
8
Nevertheless they shall be his servants; that they may know my service, and the service of the kingdoms of the countries.
Nogtans sal hulle sy dienaars wees; dat hulle my diens, en die diens van die koninkryke van die lande, mag ken.
9
So Shishak king of Egypt came up against Jerusalem, and took away the treasures of the house of the LORD, and the treasures of the king’s house; he took all: he carried away also the shields of gold which Solomon had made.
So het Síson koning van Egipte dan teen Jérusalem opgetrek, en die skatte van die huis van die HERE, en die skatte van die koning se huis geneem; hy het alles geneem: hy het ook die skilde van goud weggeneem wat Salomo gemaak het.
10
Instead of which king Rehoboam made shields of brass, and committed [them] to the hands of the chief of the guard, that kept the entrance of the king’s house.
In plaas waarvan koning Rehábeam skilde van koper gemaak het, en dit aan die hande van die owerstes van die hardlopers oorgegee het, wat die ingang van die koning se huis bewaak het.
11
And when the king entered into the house of the LORD, the guard came and fetched them, and brought them again into the guard chamber.
En wanneer die koning in die huis van die HERE ingegaan het, het die hardlopers gekom en dit gedra, en dit weer in die hardlopers se kamer gebring.
12
And when he humbled himself, the wrath of the LORD turned from him, that he would not destroy [him] altogether: and also in Judah things went well.
En toe hy homself verneder het, het die toorn van die HERE van hom afgewend, dat Hy hom nie heeltemal vernietig het nie: en ook in Juda was dinge goed.
13
So king Rehoboam strengthened himself in Jerusalem, and reigned: for Rehoboam [was] one and forty years old when he began to reign, and he reigned seventeen years in Jerusalem, the city which the LORD had chosen out of all the tribes of Israel, to put his name there. And his mother’s name [was] Naamah an Ammonitess.
So het koning Rehábeam homself in Jérusalem versterk, en geregeer: want Rehábeam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het sewentien jaar lank in Jérusalem geregeer, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel gekies het, om sy Naam daar te sit. En sy moeder se naam was Naäma ’n Ammonitiese.
14
And he did evil, because he prepared not his heart to seek the LORD.
En hy het boos gehandel, omdat hy sy hart nie voorberei het om die HERE te soek nie.
15
Now the acts of Rehoboam, first and last, [are] they not written in the book of Shemaiah the prophet, and of Iddo the seer concerning genealogies? And [there were] wars between Rehoboam and Jeroboam continually.
Nou die dade van Rehábeam, die eerste en die laaste, is hulle nie geskrywe in die boek van Semája die profeet, en van Iddo die siener aangaande genealogieë nie? En daar was oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam al hulle dae.
16
And Rehoboam slept with his fathers, and was buried in the city of David: and Abijah his son reigned in his stead.
En Rehábeam het by sy vaders ontslaap, en is in die stad van Dawid begrawe: en Abía sy seun het in sy plek as koning