← 2 Kronieke 12 2 Kronieke — 2 Chronicles 13 2 Kronieke 14 →
King James Version
AFR DVK
1
Now in the eighteenth year of king Jeroboam began Abijah to reign over Judah.
Nou in die agttiende jaar van koning Jeróbeam het Abía begin regeer oor Juda.
2
He reigned three years in Jerusalem. His mother’s name also [was] Michaiah the daughter of Uriel of Gibeah. And there was war between Abijah and Jeroboam.
Hy het drie jaar lank in Jérusalem geregeer. Sy moeder se naam was ook Migaia die dogter van Uriël van Gibea. En daar was oorlog tussen Abía en Jeróbeam.
3
And Abijah set the battle in array with an army of valiant men of war, [even] four hundred thousand chosen men: Jeroboam also set the battle in array against him with eight hundred thousand chosen men, [being] mighty men of valour.
En Abía het die geveg begin met ’n leër van dapper manne van oorlog, selfs vierhonderd duisend uitgesoekte manne: Jeróbeam ook het die geveg teen hom opgestel met agthonderd duisend uitgesoekte manne, dapper manne van mag.
4
And Abijah stood up upon mount Zemaraim, which [is] in mount Ephraim, and said, Hear me, thou Jeroboam, and all Israel;
En Abía het opgestaan op die berg Semaraim, wat in die berg Efraim is, en gesê, Hoor my, jy Jeróbeam, en die hele Israel;
5
Ought ye not to know that the LORD God of Israel gave the kingdom over Israel to David for ever, [even] to him and to his sons by a covenant of salt?
Moet julle nie weet dat die HERE, die God van Israel, die koninkryk oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, selfs aan hom en aan sy seuns by ‚'n verbond van sout nie?
6
Yet Jeroboam the son of Nebat, the servant of Solomon the son of David, is risen up, and hath rebelled against his lord.
Nogtans het Jeróbeam die seun van Nebat, die dienaar van Salomo die seun van Dawid, opgestaan, en teen sy heer in opstand gekom.
7
And there are gathered unto him vain men, the children of Belial, and have strengthened themselves against Rehoboam the son of Solomon, when Rehoboam was young and tenderhearted, and could not withstand them.
En daar het by hom ydele manne bymekaargekom, die kinders van Belial, en hulle selfs teen Rehábeam die seun van Salomo versterk, toe Rehábeam jonk en teder van hart was, en nie in staat was om hulle te weerstaan nie.
8
And now ye think to withstand the kingdom of the LORD in the hand of the sons of David; and ye [be] a great multitude, and [there are] with you golden calves, which Jeroboam made you for gods.
En nou dink julle om te staan teen die koninkryk van die HERE in die hand van die seuns van Dawid; en julle is ’n groot menigte, en daar is by julle die goue kalwers, wat Jeróbeam vir gode vir julle gemaak het.
9
Have ye not cast out the priests of the LORD, the sons of Aaron, and the Levites, and have made you priests after the manner of the nations of [other] lands? so that whosoever cometh to consecrate himself with a young bullock and seven rams, [the same] may be a priest of [them that are] no gods.
Het julle nie die priesters van die HERE, die seuns van Aäron, en die Leviete, uitgedrywe, en vir julle priesters gemaak na die manier van die volke van ander lande nie? sodat elkeen wat kom om homself met ’n jong bul en sewe ramme te heilig, dieselfde mag ’n priester van hulle wat geen gode is nie, wees.
10
But as for us, the LORD [is] our God, and we have not forsaken him; and the priests, which minister unto the LORD, [are] the sons of Aaron, and the Levites [wait] upon [their] business:
Maar wat ons betref, die HERE is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en die priesters, wat die HERE bedien, is die seuns van Aäron, en die Leviete wag by hulle besigheid:
11
And they burn unto the LORD every morning and every evening burnt sacrifices and sweet incense: the shewbread also [set they in order] upon the pure table; and the candlestick of gold with the lamps thereof, to burn every evening: for we keep the charge of the LORD our God; but ye have forsaken him.
En hulle brand aan die HERE elke môre en elke aand brandoffers en soet reukwerk: die toonbrood ook sit hulle in orde op die suiwer tafel; en die kandelaar van goud met die lampe daarvan, om elke aand te brand: want ons bewaar die bevel van die HERE onse God; maar julle het Hom verlaat.
12
And, behold, God himself [is] with us for [our] captain, and his priests with sounding trumpets to cry alarm against you. O children of Israel, fight ye not against the LORD God of your fathers; for ye shall not prosper.
En kyk, God self is met ons as ons Kaptein, en sy priesters met klinkende trompette om alarm teen julle te blaas. O kinders van Israel, veg nie teen die HERE, die God van julle vaders nie; want julle sal nie voorspoedig wees nie.
13
But Jeroboam caused an ambushment to come about behind them: so they were before Judah, and the ambushment [was] behind them.
Maar Jeróbeam het ’n hinderlaag laat kom om agter hulle te kom: so was hulle voor Juda, en die hinderlaag was agter hulle.
14
And when Judah looked back, behold, the battle [was] before and behind: and they cried unto the LORD, and the priests sounded with the trumpets.
En toe Juda omgekyk het, kyk, die geveg was voor en agter: en hulle het tot die HERE geroep, en die priesters het met die trompette geblaas.
15
Then the men of Judah gave a shout: and as the men of Judah shouted, it came to pass, that God smote Jeroboam and all Israel before Abijah and Judah.
Toe het die manne van Juda ’n geskreeu gegee: en soos die manne van Juda geskreeu het, het dit God behaag om Jeróbeam en die hele Israel voor Abía en Juda te verslaan.
16
And the children of Israel fled before Judah: and God delivered them into their hand.
En die kinders van Israel het voor Juda gevlug: en God het hulle in hulle hand oorgegee.
17
And Abijah and his people slew them with a great slaughter: so there fell down slain of Israel five hundred thousand chosen men.
En Abía en sy volk het hulle met ’n groot slag neergeslaan: so daar het van Israel vyfhonderd duisend uitgesoekte manne geval.
18
Thus the children of Israel were brought under at that time, and the children of Judah prevailed, because they relied upon the LORD God of their fathers.
So is die kinders van Israel dan in daardie tyd onderwerp, en die kinders van Juda het geseëvier, omdat hulle op die HERE, die God van hulle vaders, vertrou het.
19
And Abijah pursued after Jeroboam, and took cities from him, Bethel with the towns thereof, and Jeshanah with the towns thereof, and Ephrain with the towns thereof.
En Abía het Jeróbeam agtervolg, en stede van hom geneem, Bet-el met die dorpe daarvan, en Jesana met die dorpe daarvan, en Efrain met die dorpe daarvan.
20
Neither did Jeroboam recover strength again in the days of Abijah: and the LORD struck him, and he died.
En Jeróbeam het nie weer krag herwin in die dae van Abía nie: en die HERE het hom getref, en hy is gesterwe.
21
But Abijah waxed mighty, and married fourteen wives, and begat twenty and two sons, and sixteen daughters.
Maar Abía het magtig geword, en veertien vroue geneem, en twee en twintig seuns, en sestien dogters verwek.
22
And the rest of the acts of Abijah, and his ways, and his sayings, [are] written in the story of the prophet Iddo.
En die res van die dade van Abía, en sy weë, en sy woorde, is geskrywe in die storie van die profeet Iddo.