← 2 Kronieke 15 2 Kronieke — 2 Chronicles 16 2 Kronieke 17 →
King James Version
AFR DVK
1
In the six and thirtieth year of the reign of Asa Baasha king of Israel came up against Judah, and built Ramah, to the intent that he might let none go out or come in to Asa king of Judah.
In die ses en dertigste jaar van die regering van Asa het Baësa koning van Israel opgetrek teen Juda, en Rama gebou, om niemand toe te laat om uit of in te gaan by Asa koning van Juda nie.
2
Then Asa brought out silver and gold out of the treasures of the house of the LORD and of the king’s house, and sent to Benhadad king of Syria, that dwelt at Damascus, saying,
Toe het Asa silwer en goud uit die skatte van die huis van die HERE en van die koning se huis uitgebring, en dit na Ben-Hadad koning van Sírië, wat in Damaskus gewoon het, gestuur, en gesê,
3
[There is] a league between me and thee, as [there was] between my father and thy father: behold, I have sent thee silver and gold; go, break thy league with Baasha king of Israel, that he may depart from me.
Daar is ’n verbond tussen my en jou, soos daar was tussen my vader en jou vader: kyk, ek het jou silwer en goud gestuur; gaan, verbreek jou verbond met Baësa koning van Israel, dat hy van my mag aftrek.
4
And Benhadad hearkened unto king Asa, and sent the captains of his armies against the cities of Israel; and they smote Ijon, and Dan, and Abelmaim, and all the store cities of Naphtali.
En Ben-Hadad het na koning Asa geluister, en die kapteins van sy leërs teen die stede van Israel gestuur; en hulle het Ijon, en Dan, en Abel-Máim, en al die voorraadstede van Naftali, verslaan.
5
And it came to pass, when Baasha heard [it], that he left off building of Ramah, and let his work cease.
En dit was so, toe Baësa dit gehoor het, dat hy opgehou het om Rama te bou, en sy werk gelaat het.
6
Then Asa the king took all Judah; and they carried away the stones of Ramah, and the timber thereof, wherewith Baasha was building; and he built therewith Geba and Mizpah.
Toe het Asa die koning die hele Juda geneem; en hulle het die klippe van Rama, en die hout daarvan, weggeneem, waarmee Baësa gebou het; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou.
7
And at that time Hanani the seer came to Asa king of Judah, and said unto him, Because thou hast relied on the king of Syria, and not relied on the LORD thy God, therefore is the host of the king of Syria escaped out of thine hand.
En in daardie tyd het Hanani die siener by Asa koning van Juda gekom, en tot hom gesê, Omdat jy op die koning van Sírië vertrou het, en nie op die HERE jou God vertrou het nie, daarom is die leër van die koning van Sírië uit jou hand ontvlug.
8
Were not the Ethiopians and the Lubims a huge host, with very many chariots and horsemen? yet, because thou didst rely on the LORD, he delivered them into thine hand.
Was die Etiopiërs en die Lubim nie ’n groot leër, met baie strydwaens en ruiters nie? tog, omdat jy op die HERE vertrou het, het Hy hulle in jou hand oorgegee.
9
For the eyes of the LORD run to and fro throughout the whole earth, to shew himself strong in the behalf of [them] whose heart [is] perfect toward him. Herein thou hast done foolishly: therefore from henceforth thou shalt have wars.
Want die oë van die HERE loop heen en weer deur die hele aarde, om Hom sterk te bewys ten behoewe van die wat met ’n volkome hart voor Hom is. Hierin het jy dwaas gehandel: daarom sal jy van nou af oorloë hê.
10
Then Asa was wroth with the seer, and put him in a prison house; for [he was] in a rage with him because of this [thing]. And Asa oppressed [some] of the people the same time.
Toe was Asa toornig op die siener, en het hom in ‚'n gevangenishuis gesit; want hy was in ‚'n woede teen hom hieroor. En Asa het in dieselfde tyd sommige van die volk verdruk.
11
And, behold, the acts of Asa, first and last, lo, they [are] written in the book of the kings of Judah and Israel.
En kyk, die dade van Asa, die eerste en die laaste, kyk, hulle is geskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel.
12
And Asa in the thirty and ninth year of his reign was diseased in his feet, until his disease [was] exceeding [great]: yet in his disease he sought not to the LORD, but to the physicians.
En Asa was in die nege en dertigste jaar van sy regering siek aan sy voete, totdat sy siekte baie hewig was: tog het hy in sy siekte nie die HERE gesoek nie, maar die geneeshere.
13
And Asa slept with his fathers, and died in the one and fortieth year of his reign.
En Asa het by sy vaders ontslaap, en is in die een en veertigste jaar van sy regering gesterwe.
14
And they buried him in his own sepulchres, which he had made for himself in the city of David, and laid him in the bed which was filled with sweet odours and divers kinds [of spices] prepared by the apothecaries’ art: and they made a very great burning for him.
En hulle het hom in sy eie grafte begrawe, wat hy vir homself in die stad van Dawid gemaak het, en hom in die bed gelê wat gevul was met soet reuke en verskillende soorte speserye berei deur die aptekers se kuns: en hulle het vir hom ’n baie groot verbranding gemaak.