King James Version
AFR DVK
1
And in the seventh year Jehoiada strengthened himself, and took the captains of hundreds, Azariah the son of Jeroham, and Ishmael the son of Jehohanan, and Azariah the son of Obed, and Maaseiah the son of Adaiah, and Elishaphat the son of Zichri, into covenant with him.
En in die sewende jaar het Jójada homself versterk, en die kapteins van honderde, Azarja die seun van Jeróham, en Ismael die seun van Jehohanan, en Azarja die seun van Obed, en Maäseja die seun van Adája, en Elisafat die seun van Sikri, geneem in ’n verbond met hom.
2
And they went about in Judah, and gathered the Levites out of all the cities of Judah, and the chief of the fathers of Israel, and they came to Jerusalem.
En hulle het deur Juda gegaan, en die Leviete uit al die stede van Juda, en die hoofde van die vaders van Israel, bymekaargemaak, en hulle by Jérusalem gekom.
3
And all the congregation made a covenant with the king in the house of God. And he said unto them, Behold, the king’s son shall reign, as the LORD hath said of the sons of David.
En die hele vergadering het ’n verbond met die koning in die huis van God gemaak. En hy het tot hulle gesê, Kyk, die koning se seun sal regeer, soos die HERE van die seuns van Dawid gespreek het.
4
This [is] the thing that ye shall do; A third part of you entering on the sabbath, of the priests and of the Levites, [shall be] porters of the doors;
Dit is die ding wat julle moet doen; ‚'n derde deel van julle wat op die sabbat inkom, van die priesters en van die Leviete, sal poortwagters van die deure wees;
5
And a third part [shall be] at the king’s house; and a third part at the gate of the foundation: and all the people [shall be] in the courts of the house of the LORD.
En ‚'n derde deel sal by die koning se huis wees; en ‚'n derde deel by die poort van die fondament: en die hele volk sal in die voorhowe van die huis van die HERE wees.
6
But let none come into the house of the LORD, save the priests, and they that minister of the Levites; they shall go in, for they [are] holy: but all the people shall keep the watch of the LORD.
Maar laat niemand in die huis van die HERE kom nie, behalwe die priesters, en dié van die Leviete wat bedien; hulle sal inkom, want hulle is heilig: maar die hele volk moet die wag van die HERE bewaar.
7
And the Levites shall compass the king round about, every man with his weapons in his hand; and whosoever [else] cometh into the house, he shall be put to death: but be ye with the king when he cometh in, and when he goeth out.
En die Leviete moet die koning rondom omsingel, elkeen met sy wapens in sy hand: en elkeen wat in die huis kom, moet doodgemaak word: maar wees by die koning wanneer hy inkom, en wanneer hy uitgaan.
8
So the Levites and all Judah did according to all things that Jehoiada the priest had commanded, and took every man his men that were to come in on the sabbath, with them that were to go [out] on the sabbath: for Jehoiada the priest dismissed not the courses.
So het die Leviete en die hele Juda dan volgens alles wat Jójada die priester beveel het, gedoen, en elkeen sy manne geneem wat op die sabbat ingaan, met die wat op die sabbat uitgaan: want Jójada die priester het die afdelings nie laat gaan nie.
9
Moreover Jehoiada the priest delivered to the captains of hundreds spears, and bucklers, and shields, that [had been] king David’s, which [were] in the house of God.
Bowendien het Jójada die priester aan die kapteins van honderde die spiese, en die skilde, en die teikenskilde, wat koning Dawid se was, wat in die huis van God was, gegee.
10
And he set all the people, every man having his weapon in his hand, from the right side of the temple to the left side of the temple, along by the altar and the temple, by the king round about.
En hy het al die volk gestel, elkeen met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die tempel af tot by die linkerkant van die tempel, langs die altaar en die tempel, by die koning rondom.
11
Then they brought out the king’s son, and put upon him the crown, and [gave him] the testimony, and made him king. And Jehoiada and his sons anointed him, and said, God save the king.
Toe het hulle die koning se seun uitgebring, en die kroon op hom gesit, en hom die getuienis gegee, en hom as koning gemaak. En Jójada en sy seuns het hom gesalf, en gesê, Mag die koning lewe.
12
Now when Athaliah heard the noise of the people running and praising the king, she came to the people into the house of the LORD:
Nou toe Atalía die geraas van die volk wat hardloop en die koning prys, gehoor het, het sy by die volk in die huis van die HERE gekom:
13
And she looked, and, behold, the king stood at his pillar at the entering in, and the princes and the trumpets by the king: and all the people of the land rejoiced, and sounded with trumpets, also the singers with instruments of musick, and such as taught to sing praise. Then Athaliah rent her clothes, and said, Treason, Treason.
En sy het gekyk, en kyk, die koning het by sy pilaar by die ingang gestaan, en die vorste en die trompette by die koning: en al die volk van die land was vrolik, en het met trompette geblaas, ook die sangers met instrumente van musiek, en dié wat geleer het om te prys. Toe het Atalía haar klere geskeur, en gesê, Verraad, Verraad.
14
Then Jehoiada the priest brought out the captains of hundreds that were set over the host, and said unto them, Have her forth of the ranges: and whoso followeth her, let him be slain with the sword. For the priest said, Slay her not in the house of the LORD.
Toe het Jójada die priester die kapteins van honderde wat oor die leër was, uitgebring, en tot hulle gesê, Bring haar tussen die range uit; en elkeen wat haar volg, laat hom met die swaard doodgemaak word. Want die priester het gesê, Moenie haar in die huis van die HERE doodmaak nie.
15
So they laid hands on her; and when she was come to the entering of the horse gate by the king’s house, they slew her there.
So het hulle dan hande aan haar gelê: en toe sy by die ingang van die perdepoort by die koning se huis gekom het, het hulle haar daar doodgemaak.
16
And Jehoiada made a covenant between him, and between all the people, and between the king, that they should be the LORD’S people.
En Jójada het ’n verbond gemaak tussen hom, en tussen die hele volk, en tussen die koning, dat hulle die HERE se volk sou wees.
17
Then all the people went to the house of Baal, and brake it down, and brake his altars and his images in pieces, and slew Mattan the priest of Baal before the altars.
Toe het die hele volk in die huis van Baäl gegaan, en dit afgebreek, en sy altare en sy beelde stukkend gemaak, en Mattan die priester van Baäl voor die altare doodgemaak.
18
Also Jehoiada appointed the offices of the house of the LORD by the hand of the priests the Levites, whom David had distributed in the house of the LORD, to offer the burnt offerings of the LORD, as [it is] written in the law of Moses, with rejoicing and with singing, [as it was ordained] by David.
Ook het Jójada amptenare vir die huis van die HERE aangestel deur die hand van die priesters die Leviete, wat Dawid verdeel het in die huis van die HERE, om die brandoffers van die HERE te offer, soos geskrywe is in die wet van Moses, met blydskap en met sang, soos dit deur Dawid beveel is.
19
And he set the porters at the gates of the house of the LORD, that none [which was] unclean in any thing should enter in.
En hy het die poortwagters by die poorte van die huis van die HERE gestel, dat niemand wat in enigerlei opsig onrein was, sou ingaan nie.
20
And he took the captains of hundreds, and the nobles, and the governors of the people, and all the people of the land, and brought down the king from the house of the LORD: and they came through the high gate into the king’s house, and set the king upon the throne of the kingdom.
En hy het die kapteins van honderde, en die edeles, en die heersers van die volk, en die hele volk van die land geneem, en die koning uit die huis van die HERE afgebring: en hulle het deur die hoë poort in die koning se huis gekom, en die koning op die troon van die koninkryk gesit.
21
And all the people of the land rejoiced: and the city was quiet, after that they had slain Athaliah with the sword.
En die hele volk van die land was vrolik: en die stad was stil, nadat hulle Atalía met die swaard doodgemaak het.