← 2 Kronieke 24 2 Kronieke — 2 Chronicles 25 2 Kronieke 26 →
King James Version
AFR DVK
1
Amaziah [was] twenty and five years old [when] he began to reign, and he reigned twenty and nine years in Jerusalem. And his mother’s name [was] Jehoaddan of Jerusalem.
Amásia was vyf en twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het nege en twintig jaar lank in Jérusalem geregeer. En sy moeder se naam was Jehoaddan van Jérusalem.
2
And he did [that which was] right in the sight of the LORD, but not with a perfect heart.
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, maar nie met ’n volkome hart nie.
3
Now it came to pass, when the kingdom was established to him, that he slew his servants that had killed the king his father.
Nou was dit so, toe die koninkryk aan hom bevestig was, dat hy sy dienaars doodgemaak het wat die koning sy vader doodgemaak het.
4
But he slew not their children, but [did] as [it is] written in the law in the book of Moses, where the LORD commanded, saying, The fathers shall not die for the children, neither shall the children die for the fathers, but every man shall die for his own sin.
Maar hy het hulle kinders nie doodgemaak nie, maar gedoen soos geskrywe is in die wet in die boek van Moses, waar die HERE beveel het, en gesê het, Die vaders moet nie vir die kinders sterwe nie, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie, maar elke man moet vir sy eie sonde sterwe.
5
Moreover Amaziah gathered Judah together, and made them captains over thousands, and captains over hundreds, according to the houses of [their] fathers, throughout all Judah and Benjamin: and he numbered them from twenty years old and above, and found them three hundred thousand choice [men, able] to go forth to war, that could handle spear and shield.
Bowendien het Amásia Juda bymekaargemaak, en hulle volgens die huise van hulle vaders, deur kapteins van duisende, en kapteins van honderde, deur die hele Juda en Benjamin, aangestel: en hy het hulle getel van twintig jaar oud en opwaarts, en gevind dat hulle driehonderd duisend uitgesoekte manne was, in staat om uit te gaan tot die leër, wat spies en skild kon hanteer.
6
He hired also an hundred thousand mighty men of valour out of Israel for an hundred talents of silver.
Hy het ook ‚'n honderd duisend dapper manne van mag uit Israel vir ‚'n honderd talente silwer gehuur.
7
But there came a man of God to him, saying, O king, let not the army of Israel go with thee; for the LORD [is] not with Israel, [to wit, with] all the children of Ephraim.
Maar daar het ’n man van God by hom gekom, en gesê, O koning, laat nie die leër van Israel saam met jou gaan nie; want die HERE is nie met Israel nie, te wete, met al die kinders van Efraim.
8
But if thou wilt go, do [it], be strong for the battle: God shall make thee fall before the enemy: for God hath power to help, and to cast down.
Maar as jy wil gaan, doen dit, wees sterk tot die geveg: God sal jou voor die vyand laat val: want God het mag om te help, en om neer te werp.
9
And Amaziah said to the man of God, But what shall we do for the hundred talents which I have given to the army of Israel? And the man of God answered, The LORD is able to give thee much more than this.
En Amásia het tot die man van God gesê, Maar wat moet ons doen vir die honderd talente wat ek aan die leër van Israel gegee het? En die man van God het geantwoord, Die HERE is in staat om jou baie meer as dit te gee.
10
Then Amaziah separated them, [to wit], the army that was come to him out of Ephraim, to go home again: wherefore their anger was greatly kindled against Judah, and they returned home in great anger.
Toe het Amásia hulle, te wete, die leër wat by hom uit Efraim gekom het, geskei om na hulle plek te gaan: daarom was hulle toorn baie aangesteek teen Juda, en hulle het na hulle plek in groot toorn teruggekeer.
11
And Amaziah strengthened himself, and led forth his people, and went to the valley of salt, and smote of the children of Seir ten thousand.
En Amásia het homself versterk, en sy volk uitgelei, en na die Soutvallei gegaan, en tienduisend van die kinders van Seïr neergeslaan.
12
And [other] ten thousand [left] alive did the children of Judah carry away captive, and brought them unto the top of the rock, and cast them down from the top of the rock, that they all were broken in pieces.
En ander tienduisend het die kinders van Juda lewendig weggevoer, en hulle na die top van die rots gebring, en hulle van die top van die rots afgegooi, dat hulle almal stukkend gebreek is.
13
But the soldiers of the army which Amaziah sent back, that they should not go with him to battle, fell upon the cities of Judah, from Samaria even unto Bethhoron, and smote three thousand of them, and took much spoil.
Maar die soldate van die leër wat Amásia teruggestuur het, dat hulle nie saam met hom tot die geveg sou gaan nie, het op die stede van Juda van Samaría af tot by Bet-Horon ingeval, en drieduisend van hulle neergeslaan, en baie prooi geneem.
14
Now it came to pass, after that Amaziah was come from the slaughter of the Edomites, that he brought the gods of the children of Seir, and set them up [to be] his gods, and bowed down himself before them, and burned incense unto them.
Nou was dit so, nadat Amásia van die slagting van die Edomiete gekom het, dat hy die gode van die kinders van Seïr gebring het, en hulle as sy gode opgestel, en voor hulle neergekniel, en aan hulle reukwerk gebrand het.
15
Wherefore the anger of the LORD was kindled against Amaziah, and he sent unto him a prophet, which said unto him, Why hast thou sought after the gods of the people, which could not deliver their own people out of thine hand?
Daarom is die toorn van die HERE teen Amásia aangesteek, en Hy het ’n profeet na hom gestuur, wat tot hom gesê het, Waarom soek jy die gode van die volk, wat nie in staat was om hulle eie volk uit jou hand te red nie?
16
And it came to pass, as he talked with him, that [the king] said unto him, Art thou made of the king’s counsel? forbear; why shouldest thou be smitten? Then the prophet forbare, and said, I know that God hath determined to destroy thee, because thou hast done this, and hast not hearkened unto my counsel.
En dit was so, toe hy met hom gespreek het, dat die koning tot hom gesê het, Is jy aangestel tot die koning se raadgewer? hou op; waarom moet hulle jou neerslaan? Toe het die profeet opgehou, en gesê, Ek weet dat God besluit het om jou te vernietig, omdat jy dit gedoen het, en nie na my raad geluister het nie.
17
Then Amaziah king of Judah took advice, and sent to Joash, the son of Jehoahaz, the son of Jehu, king of Israel, saying, Come, let us see one another in the face.
Toe het Amásia koning van Juda raad geneem, en na Joas, die seun van Jehoahas, die seun van Jehu, koning van Israel gestuur, en gesê, Kom, laat ons mekaar in die aangesig sien.
18
And Joash king of Israel sent to Amaziah king of Judah, saying, The thistle that [was] in Lebanon sent to the cedar that [was] in Lebanon, saying, Give thy daughter to my son to wife: and there passed by a wild beast that [was] in Lebanon, and trode down the thistle.
En Joas koning van Israel het na Amásia koning van Juda gestuur, en gesê, Die distel wat in die Líbanon was, het na die seder wat in die Líbanon was, gestuur, en gesê, Gee jou dogter aan my seun as vrou: en daar het ’n wilde dier wat in die Líbanon was, verbygegaan, en die distel vertrap.
19
Thou sayest, Lo, thou hast smitten the Edomites; and thine heart lifteth thee up to boast: abide now at home; why shouldest thou meddle to [thine] hurt, that thou shouldest fall, [even] thou, and Judah with thee?
Jy sê, Kyk, jy het die Edomiete verslaan; en jou hart verhef jou om te roem: bly nou by die huis; waarom sou jy jou in die onheil inmeng, dat jy sou val, selfs jy, en Juda met jou?
20
But Amaziah would not hear; for it [came] of God, that he might deliver them into the hand [of their enemies], because they sought after the gods of Edom.
Maar Amásia wou nie luister nie; want dit was van God, dat Hy hulle in die hand van hulle vyande mag gee, omdat hulle die gode van Edom gesoek het.
21
So Joash the king of Israel went up; and they saw one another in the face, [both] he and Amaziah king of Judah, at Bethshemesh, which [belongeth] to Judah.
So het Joas die koning van Israel dan opgetrek; en hulle het mekaar in die aangesig gesien, beide hy en Amásia koning van Juda, by Bet-Semes, wat aan Juda behoort.
22
And Judah was put to the worse before Israel, and they fled every man to his tent.
En Juda is voor Israel verslaan, en hulle het elkeen na sy tent gevlug.
23
And Joash the king of Israel took Amaziah king of Judah, the son of Joash, the son of Jehoahaz, at Bethshemesh, and brought him to Jerusalem, and brake down the wall of Jerusalem from the gate of Ephraim to the corner gate, four hundred cubits.
En Joas die koning van Israel het Amásia koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Jehoahas, by Bet-Semes geneem, en hom na Jérusalem gebring, en aan die muur van Jérusalem van die poort van Efraim af tot by die hoekpoort, vierhonderd el, gebreek.
24
And [he took] all the gold and the silver, and all the vessels that were found in the house of God with Obededom, and the treasures of the king’s house, the hostages also, and returned to Samaria.
En hy het al die goud en die silwer, en al die vate wat in die huis van God by Obed-Edom gevind is, en die skatte van die koning se huis, die gyselaars ook, geneem, en na Samaría teruggekeer.
25
And Amaziah the son of Joash king of Judah lived after the death of Joash son of Jehoahaz king of Israel fifteen years.
En Amásia die seun van Joas koning van Juda het ná die dood van Joas die seun van Jehoahas koning van Israel vyftien jaar lank gelewe.
26
Now the rest of the acts of Amaziah, first and last, behold, [are] they not written in the book of the kings of Judah and Israel?
Nou die res van die dade van Amásia, die eerste en die laaste, kyk, is hulle nie geskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel nie?
27
Now after the time that Amaziah did turn away from following the LORD they made a conspiracy against him in Jerusalem; and he fled to Lachish: but they sent to Lachish after him, and slew him there.
Nou ná die tyd dat Amásia van die HERE af weggekeer het, het hulle ’n sameswering teen hom in Jérusalem gemaak; en hy het na Lakis gevlug: maar hulle het agter hom aangestuur na Lakis, en hom daar doodgemaak.
28
And they brought him upon horses, and buried him with his fathers in the city of Judah.
En hulle het hom op perde gebring, en hom by sy vaders in die stad van Juda begrawe.