King James Version
AFR DVK
1
Hezekiah began to reign [when he was] five and twenty years old, and he reigned nine and twenty years in Jerusalem. And his mother’s name [was] Abijah, the daughter of Zechariah.
Hiskía het begin regeer toe hy vyf en twintig jaar oud was, en hy het nege en twintig jaar lank in Jérusalem geregeer. En sy moeder se naam was Abía, die dogter van Sagarja.
2
And he did [that which was] right in the sight of the LORD, according to all that David his father had done.
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, volgens alles wat Dawid sy vader gedoen het.
3
He in the first year of his reign, in the first month, opened the doors of the house of the LORD, and repaired them.
Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van die HERE oopgemaak, en hulle herstel.
4
And he brought in the priests and the Levites, and gathered them together into the east street,
En hy het die priesters en die Leviete ingebring, en hulle bymekaargemaak in die oostelike straat,
5
And said unto them, Hear me, ye Levites, sanctify now yourselves, and sanctify the house of the LORD God of your fathers, and carry forth the filthiness out of the holy [place].
En tot hulle gesê, Hoor my, julle Leviete, heilig julle nou, en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders, en bring die onreinheid uit die heilige plek.
6
For our fathers have trespassed, and done [that which was] evil in the eyes of the LORD our God, and have forsaken him, and have turned away their faces from the habitation of the LORD, and turned [their] backs.
Want ons vaders het oortree, en gedoen wat sleg was in die oë van die HERE onse God, en Hom verlaat, en hulle aangesigte van die woning van die HERE afgewend, en hul rug gedraai.
7
Also they have shut up the doors of the porch, and put out the lamps, and have not burned incense nor offered burnt offerings in the holy [place] unto the God of Israel.
Ook het hulle die deure van die voorhuis toegesluit, en die lampe uitgeblus, en geen reukwerk gebrand, of brandoffer in die heilige plek aan die God van Israel geoffer nie.
8
Wherefore the wrath of the LORD was upon Judah and Jerusalem, and he hath delivered them to trouble, to astonishment, and to hissing, as ye see with your eyes.
Daarom was die toorn van die HERE op Juda en Jérusalem, en Hy het hulle oorgegee tot benoudheid, tot verwondering, en tot gesuis, soos julle met julle oë sien.
9
For, lo, our fathers have fallen by the sword, and our sons and our daughters and our wives [are] in captivity for this.
Want kyk, ons vaders het deur die swaard geval, en ons seuns, en ons dogters, en ons vroue is in ballingskap hiervoor.
10
Now [it is] in mine heart to make a covenant with the LORD God of Israel, that his fierce wrath may turn away from us.
Nou is dit in my hart om ‚'n verbond te maak met die HERE, die God van Israel, dat sy hete toorn van ons mag afwend.
11
My sons, be not now negligent: for the LORD hath chosen you to stand before him, to serve him, and that ye should minister unto him, and burn incense.
My seuns, wees nou nie nalatig nie: want die HERE het julle gekies om voor Hom te staan, om Hom te dien, en dat julle dienaars vir Hom mag wees, en reukwerk brand.
12
Then the Levites arose, Mahath the son of Amasai, and Joel the son of Azariah, of the sons of the Kohathites: and of the sons of Merari, Kish the son of Abdi, and Azariah the son of Jehalelel: and of the Gershonites; Joah the son of Zimmah, and Eden the son of Joah:
Toe het die Leviete opgestaan, Magat die seun van Amasai, en Joël die seun van Asarja, van die seuns van die Kehatiete: en van die seuns van Merari, Kis die seun van Abdi, en Asarja die seun van Jehallelel: en van die Gersoniete; Joag die seun van Símma, en Eden die seun van Joag:
13
And of the sons of Elizaphan; Shimri, and Jeiel: and of the sons of Asaph; Zechariah, and Mattaniah:
En van die seuns van Elisafan; Simri, en Jeïël: en van die seuns van Asaf; Sagarja, en Mattanja:
14
And of the sons of Heman; Jehiel, and Shimei: and of the sons of Jeduthun; Shemaiah, and Uzziel.
En van die seuns van Heman; Jehiël, en Símeï: en van die seuns van Jedútun; Semája, en Ussiël.
15
And they gathered their brethren, and sanctified themselves, and came, according to the commandment of the king, by the words of the LORD, to cleanse the house of the LORD.
En hulle het hulle broers bymekaargemaak, en hulleself geheilig, en gekom, volgens die gebod van die koning, deur die woorde van die HERE, om die huis van die HERE te reinig.
16
And the priests went into the inner part of the house of the LORD, to cleanse [it], and brought out all the uncleanness that they found in the temple of the LORD into the court of the house of the LORD. And the Levites took [it], to carry [it] out abroad into the brook Kidron.
En die priesters het in die binneskrin van die huis van die HERE gegaan om dit te reinig, en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, uitgebring in die voorhof van die huis van die HERE. En die Leviete het dit geneem om dit uit te bring na die spruit Kidron.
17
Now they began on the first [day] of the first month to sanctify, and on the eighth day of the month came they to the porch of the LORD: so they sanctified the house of the LORD in eight days; and in the sixteenth day of the first month they made an end.
Nou het hulle op die eerste dag van die eerste maand begin om te heilig, en op die agtste dag van die maand het hulle by die voorhuis van die HERE gekom: so het hulle die huis van die HERE agt dae lank geheilig; en in die sestiende dag van die eerste maand het hulle klaar gemaak.
18
Then they went in to Hezekiah the king, and said, We have cleansed all the house of the LORD, and the altar of burnt offering, with all the vessels thereof, and the shewbread table, with all the vessels thereof.
Toe het hulle by Hiskía die koning ingegaan, en gesê, Ons het die hele huis van die HERE gereinig, en die altaar van brandoffer, met al die vate daarvan, en die toonbroodtafel, met al die vate daarvan.
19
Moreover all the vessels, which king Ahaz in his reign did cast away in his transgression, have we prepared and sanctified, and, behold, they [are] before the altar of the LORD.
Bowendien al die vate, wat koning Agas in sy regering in sy oortreding weggewerp het, het ons voorberei en geheilig: en kyk, hulle is voor die altaar van die HERE.
20
Then Hezekiah the king rose early, and gathered the rulers of the city, and went up to the house of the LORD.
Toe het Hiskía die koning vroeg opgestaan, en die owerstes van die stad bymekaargemaak, en opgegaan in die huis van die HERE.
21
And they brought seven bullocks, and seven rams, and seven lambs, and seven he goats, for a sin offering for the kingdom, and for the sanctuary, and for Judah. And he commanded the priests the sons of Aaron to offer [them] on the altar of the LORD.
En hulle het sewe bulle, en sewe ramme, en sewe lammers, en sewe bokke van die bokke, tot ’n sondoffer vir die koninkryk, en vir die heiligdom, en vir Juda gebring. En hy het die seuns van Aäron die priesters beveel om hulle op die altaar van die HERE te offer.
22
So they killed the bullocks, and the priests received the blood, and sprinkled [it] on the altar: likewise, when they had killed the rams, they sprinkled the blood upon the altar: they killed also the lambs, and they sprinkled the blood upon the altar.
So het hulle dan die bulle geslag, en die priesters het die bloed ontvang, en dit op die altaar gesprinkel: net so het hulle die ramme geslag, en die bloed op die altaar gesprinkel: net so het hulle ook die lammers geslag, en die bloed op die altaar gesprinkel.
23
And they brought forth the he goats [for] the sin offering before the king and the congregation; and they laid their hands upon them:
En hulle het die bokke van die sondoffer voor die koning en die vergadering gebring; en hulle het hulle hande daarop gelê:
24
And the priests killed them, and they made reconciliation with their blood upon the altar, to make an atonement for all Israel: for the king commanded [that] the burnt offering and the sin offering [should be made] for all Israel.
En die priesters het hulle geslag, en hulle bloed op die altaar tot ‚'n sondoffer gemaak, om versoening te doen vir die hele Israel: want die koning het beveel dat die brandoffer en die sondoffer vir die hele Israel sou wees.
25
And he set the Levites in the house of the LORD with cymbals, with psalteries, and with harps, according to the commandment of David, and of Gad the king’s seer, and Nathan the prophet: for [so was] the commandment of the LORD by his prophets.
En hy het die Leviete in die huis van die HERE gestel met simbale, met psalters, en met harpe, volgens die gebod van Dawid, en van Gad die koning se siener, en Natan die profeet: want so was die gebod van die HERE deur sy profete.
26
And the Levites stood with the instruments of David, and the priests with the trumpets.
En die Leviete het gestaan met die instrumente van Dawid, en die priesters met die trompette.
27
And Hezekiah commanded to offer the burnt offering upon the altar. And when the burnt offering began, the song of the LORD began [also] with the trumpets, and with the instruments [ordained] by David king of Israel.
En Hiskía het beveel om die brandoffer op die altaar te offer. En toe die brandoffer begin het, het die sang van die HERE begin met die trompette, en met die instrumente wat deur Dawid koning van Israel beveel is.
28
And all the congregation worshipped, and the singers sang, and the trumpeters sounded: [and] all [this continued] until the burnt offering was finished.
En die hele vergadering het aanbid, en die sangers het gesing, en die trompetblasers het geblaas: en dit alles het aangehou totdat die brandoffer klaar was.
29
And when they had made an end of offering, the king and all that were present with him bowed themselves, and worshipped.
En toe hulle klaar was met die offer, het die koning en almal wat by hom was, neergekniel en aanbid.
30
Moreover Hezekiah the king and the princes commanded the Levites to sing praise unto the LORD with the words of David, and of Asaph the seer. And they sang praises with gladness, and they bowed their heads and worshipped.
Bowendien het Hiskía die koning en die vorstes die Leviete beveel om die HERE te prys met die woorde van Dawid, en van Asaf die siener. En hulle het met blydskap geprys, en hulle hoofde geneig, en aanbid.
31
Then Hezekiah answered and said, Now ye have consecrated yourselves unto the LORD, come near and bring sacrifices and thank offerings into the house of the LORD. And the congregation brought in sacrifices and thank offerings; and as many as were of a free heart burnt offerings.
Toe het Hiskía geantwoord en gesê, Nou het julle julle aan die HERE geheilig, kom nader en bring offers en dankoffers in die huis van die HERE. En die vergadering het offers en dankoffers gebring; en so baie as wat van ’n willige hart was, brandoffers.
32
And the number of the burnt offerings, which the congregation brought, was threescore and ten bullocks, an hundred rams, [and] two hundred lambs: all these [were] for a burnt offering to the LORD.
En die getal van die brandoffers, wat die vergadering gebring het, was sewentig bulle, ‚'n honderd ramme, en tweehonderd lammers: al hierdie was tot ‚'n brandoffer aan die HERE.
33
And the consecrated things [were] six hundred oxen and three thousand sheep.
En die geheiligde dinge was seshonderd osse en drieduisend skape.
34
But the priests were too few, so that they could not flay all the burnt offerings: wherefore their brethren the Levites did help them, till the work was ended, and until the [other] priests had sanctified themselves: for the Levites [were] more upright in heart to sanctify themselves than the priests.
Maar die priesters was te min, sodat hulle nie al die brandoffers kon afslag nie: daarom het hulle broers die Leviete hulle gehelp totdat die werk klaar was, en totdat die ander priesters hulleself geheilig het: want die Leviete was opregtiger van hart om hulleself te heilig as die priesters.
35
And also the burnt offerings [were] in abundance, with the fat of the peace offerings, and the drink offerings for [every] burnt offering. So the service of the house of the LORD was set in order.
En ook die brandoffers was in menigte, met die vet van die dankoffers, en die drankoffers vir elke brandoffer. So is die diens van die huis van die HERE dan in orde gestel.
36
And Hezekiah rejoiced, and all the people, that God had prepared the people: for the thing was [done] suddenly.
En Hiskía was vrolik, en die hele volk, dat God die volk so voorberei het: want die saak is skielik gedoen.