← 2 Kronieke 29 2 Kronieke — 2 Chronicles 30 2 Kronieke 31 →
King James Version
AFR DVK
1
And Hezekiah sent to all Israel and Judah, and wrote letters also to Ephraim and Manasseh, that they should come to the house of the LORD at Jerusalem, to keep the passover unto the LORD God of Israel.
En Hiskía het na die hele Israel en Juda gestuur, en ook briewe geskrywe aan Efraim en Manasse, dat hulle moet kom na die huis van die HERE in Jérusalem, om die pasga aan die HERE, die God van Israel, te hou.
2
For the king had taken counsel, and his princes, and all the congregation in Jerusalem, to keep the passover in the second month.
Want die koning het met sy vorstes, en die hele vergadering in Jérusalem, raad geneem om die pasga in die tweede maand te hou.
3
For they could not keep it at that time, because the priests had not sanctified themselves sufficiently, neither had the people gathered themselves together to Jerusalem.
Want hulle kon dit nie in daardie tyd hou nie, omdat die priesters hulleself nie genoeg geheilig het nie, en die volk nie bymekaargekom het by Jérusalem nie.
4
And the thing pleased the king and all the congregation.
En die saak het die koning en die hele vergadering behaag.
5
So they established a decree to make proclamation throughout all Israel, from Beersheba even to Dan, that they should come to keep the passover unto the LORD God of Israel at Jerusalem: for they had not done [it] of a long [time in such sort] as it was written.
So het hulle dan ’n besluit geneem om ’n uitroep deur die hele Israel te maak, van Beërséba af tot by Dan, dat hulle moet kom om die pasga aan die HERE, die God van Israel, in Jérusalem te hou: want hulle het dit nie lank gehou soos dit geskrywe was nie.
6
So the posts went with the letters from the king and his princes throughout all Israel and Judah, and according to the commandment of the king, saying, Ye children of Israel, turn again unto the LORD God of Abraham, Isaac, and Israel, and he will return to the remnant of you, that are escaped out of the hand of the kings of Assyria.
So het die hardlopers dan met die briewe van die hand van die koning en sy vorstes deur die hele Israel en Juda gegaan, volgens die gebod van die koning, en gesê, Julle kinders van Israel, keer terug tot die HERE, die God van Abraham, Isak, en Israel, en Hy sal terugkeer tot die oorblyfsel van julle, wat uit die hand van die konings van Assirië ontvlug het.
7
And be not ye like your fathers, and like your brethren, which trespassed against the LORD God of their fathers, [who] therefore gave them up to desolation, as ye see.
En wees nie soos julle vaders, en soos julle broers, wat teen die HERE, die God van hulle vaders, oortree het, wat Hy oorgegee het tot verwoesting, soos julle sien nie.
8
Now be ye not stiffnecked, as your fathers [were, but] yield yourselves unto the LORD, and enter into his sanctuary, which he hath sanctified for ever: and serve the LORD your God, that the fierceness of his wrath may turn away from you.
Nou wees nie hardnekkig soos julle vaders nie, maar gee die hand aan die HERE, en kom in sy heiligdom, wat Hy vir ewig geheilig het: en dien die HERE julle God, dat die grimmigheid van sy toorn van julle mag afwend.
9
For if ye turn again unto the LORD, your brethren and your children [shall find] compassion before them that lead them captive, so that they shall come again into this land: for the LORD your God [is] gracious and merciful, and will not turn away [his] face from you, if ye return unto him.
Want as julle tot die HERE terugkeer, sal julle broers en julle kinders genade vind by dié wat hulle as gevangenes weggevoer het, dat hulle in hierdie land mag terugkeer: want die HERE julle God is genadig en barmhartig, en sal die aangesig nie van julle afwend as julle tot Hom terugkeer nie.
10
So the posts passed from city to city through the country of Ephraim and Manasseh even unto Zebulun: but they laughed them to scorn, and mocked them.
So het die hardlopers dan van stad tot stad deur die land van Efraim en Manasse selfs tot by Sebulon gegaan: maar hulle het hulle uitgelag, en met hulle die spot gedrywe.
11
Nevertheless divers of Asher and Manasseh and of Zebulun humbled themselves, and came to Jerusalem.
Nogtans het sommige van Aser en Manasse en van Sebulon hulleself verneder, en na Jérusalem gekom.
12
Also in Judah the hand of God was to give them one heart to do the commandment of the king and of the princes, by the word of the LORD.
Ook in Juda was die hand van God om hulle een hart te gee om die gebod van die koning en van die vorstes te doen, volgens die woord van die HERE.
13
And there assembled at Jerusalem much people to keep the feast of unleavened bread in the second month, a very great congregation.
En daar het ’n groot menigte volk by Jérusalem bymekaargekom om die fees van die ongesuurde brode in die tweede maand te hou, ’n baie groot vergadering.
14
And they arose and took away the altars that [were] in Jerusalem, and all the altars for incense took they away, and cast [them] into the brook Kidron.
En hulle het opgestaan en die altare wat in Jérusalem was, weggeneem, en al die altare vir reukwerk weggeneem, en dit in die spruit Kidron gegooi.
15
Then they killed the passover on the fourteenth [day] of the second month: and the priests and the Levites were ashamed, and sanctified themselves, and brought in the burnt offerings into the house of the LORD.
Toe het hulle die pasga op die veertiende dag van die tweede maand geslag: en die priesters en die Leviete was skaam, en het hulleself geheilig, en brandoffers in die huis van die HERE gebring.
16
And they stood in their place after their manner, according to the law of Moses the man of God: the priests sprinkled the blood, [which they received] of the hand of the Levites.
En hulle het in hulle plek gestaan na hulle manier, volgens die wet van Moses die man van God: die priesters het die bloed uit die hand van die Leviete gesprinkel.
17
For [there were] many in the congregation that were not sanctified: therefore the Levites had the charge of the killing of the passovers for every one [that was] not clean, to sanctify [them] unto the LORD.
Want daar was baie in die vergadering wat hulleself nie geheilig het nie: daarom was die Leviete in diens om die pasga‚'s te slag vir elkeen wat nie rein was nie, om hulle aan die HERE te heilig.
18
For a multitude of the people, [even] many of Ephraim, and Manasseh, Issachar, and Zebulun, had not cleansed themselves, yet did they eat the passover otherwise than it was written. But Hezekiah prayed for them, saying, The good LORD pardon every one
Want ’n menigte van die volk, selfs baie van Efraim, en Manasse, Issaskar, en Sebulon, het hulleself nie gereinig nie, nogtans het hulle die pasga geëet anders as wat geskrywe was. Maar Hiskía het vir hulle gebid, en gesê, Die goeie HERE vergeef elkeen
19
[That] prepareth his heart to seek God, the LORD God of his fathers, though [he be] not [cleansed] according to the purification of the sanctuary.
Wat sy hart voorberei het om God te soek, die HERE, die God van sy vaders, al was dit nie volgens die reiniging van die heiligdom nie.
20
And the LORD hearkened to Hezekiah, and healed the people.
En die HERE het na Hiskía geluister, en die volk genees.
21
And the children of Israel that were present at Jerusalem kept the feast of unleavened bread seven days with great gladness: and the Levites and the priests praised the LORD day by day, [singing] with loud instruments unto the LORD.
En die kinders van Israel wat in Jérusalem gevind is, het die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank met groot blydskap gehou: en die Leviete en die priesters het die HERE dag vir dag geprys met harde instrumente tot die HERE.
22
And Hezekiah spake comfortably unto all the Levites that taught the good knowledge of the LORD: and they did eat throughout the feast seven days, offering peace offerings, and making confession to the LORD God of their fathers.
En Hiskía het tot al die Leviete gespreek wat onderrig gegee het in die goeie kennis van die HERE: en hulle het die fees sewe dae lank geëet, en dankoffers geoffer, en die HERE, die God van hulle vaders, geprys.
23
And the whole assembly took counsel to keep other seven days: and they kept [other] seven days with gladness.
En die hele vergadering het raad geneem om nog ander sewe dae te hou: en hulle het nog sewe dae lank met blydskap gehou.
24
For Hezekiah king of Judah did give to the congregation a thousand bullocks and seven thousand sheep; and the princes gave to the congregation a thousand bullocks and ten thousand sheep: and a great number of priests sanctified themselves.
Want Hiskía koning van Juda het aan die vergadering ’n duisend bulle en seweduisend skape gegee; en die vorstes het aan die vergadering ’n duisend bulle en tienduisend skape gegee: en ’n groot menigte van priesters het hulleself geheilig.
25
And all the congregation of Judah, with the priests and the Levites, and all the congregation that came out of Israel, and the strangers that came out of the land of Israel, and that dwelt in Judah, rejoiced.
En die hele vergadering van Juda, met die priesters en die Leviete, en die hele vergadering wat uit Israel gekom het, en die vreemdelinge wat uit die land van Israel gekom het, en die wat in Juda gewoon het, was vrolik.
26
So there was great joy in Jerusalem: for since the time of Solomon the son of David king of Israel [there was] not the like in Jerusalem.
So was daar dan groot blydskap in Jérusalem: want van die dae van Salomo die seun van Dawid koning van Israel af was daar nie die gelyke in Jérusalem nie.
27
Then the priests the Levites arose and blessed the people: and their voice was heard, and their prayer came [up] to his holy dwelling place, [even] unto heaven.
Toe het die priesters die Leviete opgestaan en die volk geseën: en hulle stem is gehoor, en hulle gebed het opgegaan tot sy heilige woning, selfs tot in die hemel.