King James Version
AFR DVK
1
Now when all this was finished, all Israel that were present went out to the cities of Judah, and brake the images in pieces, and cut down the groves, and threw down the high places and the altars out of all Judah and Benjamin, in Ephraim also and Manasseh, until they had utterly destroyed them all. Then all the children of Israel returned, every man to his possession, into their own cities.
Nou toe dit alles voleindig was, het die hele Israel wat teenwoordig was, uitgegaan na die stede van Juda, en die beelde stukkend gebreek, en die Astarot afgekap, en die hoogtes en die altare uit die hele Juda en Benjamin, in Efraim ook en Manasse, afgebreek, totdat hulle hulle almal vernietig het. Toe het al die kinders van Israel elkeen na sy besitting, in hulle eie stede, teruggekeer.
2
And Hezekiah appointed the courses of the priests and the Levites after their courses, every man according to his service, the priests and Levites for burnt offerings and for peace offerings, to minister, and to give thanks, and to praise in the gates of the tents of the LORD.
En Hiskía het die afdelings van die priesters en die Leviete aangestel na hulle afdelings, elkeen volgens sy diens, die priesters en Leviete vir brandoffers en vir dankoffers, om te bedien, en om te dank, en om te prys in die poorte van die kampe van die HERE.
3
[He appointed] also the king’s portion of his substance for the burnt offerings, [to wit], for the morning and evening burnt offerings, and the burnt offerings for the sabbaths, and for the new moons, and for the set feasts, as [it is] written in the law of the LORD.
Hy het ook die koning se deel van sy goed vir die brandoffers aangewys, vir die môre- en aandbrandoffers, en die brandoffers vir die sabbatte, en vir die nuwemanen, en vir die feestye, soos geskrywe is in die wet van die HERE.
4
Moreover he commanded the people that dwelt in Jerusalem to give the portion of the priests and the Levites, that they might be encouraged in the law of the LORD.
Bowendien het hy die volk wat in Jérusalem gewoon het, beveel om die deel van die priesters en die Leviete te gee, dat hulle mag versterk word in die wet van die HERE.
5
And as soon as the commandment came abroad, the children of Israel brought in abundance the firstfruits of corn, wine, and oil, and honey, and of all the increase of the field; and the tithe of all [things] brought they in abundantly.
En sodra die gebod uitgegaan het, het die kinders van Israel baie van die eerselings van koring, wyn, en olie, en heuning, en van al die toename van die veld, in menigte gebring; en die tiende van al dinge het hulle in menigte ingebring.
6
And [concerning] the children of Israel and Judah, that dwelt in the cities of Judah, they also brought in the tithe of oxen and sheep, and the tithe of holy things which were consecrated unto the LORD their God, and laid [them] by heaps.
En wat die kinders van Israel en Juda betref, wat in die stede van Juda gewoon het, hulle het ook die tiende van osse en skape, en die tiende van geheiligde dinge wat aan die HERE hulle God geheilig was, ingebring, en dit by hope gelê.
7
In the third month they began to lay the foundation of the heaps, and finished [them] in the seventh month.
In die derde maand het hulle begin om die hope te lê, en in die sewende maand het hulle klaar gemaak.
8
And when Hezekiah and the princes came and saw the heaps, they blessed the LORD, and his people Israel.
En toe Hiskía en die vorstes gekom en die hope gesien het, het hulle die HERE geseën, en sy volk Israel.
9
Then Hezekiah questioned with the priests and the Levites concerning the heaps.
Toe het Hiskía die priesters en die Leviete gevra aangaande die hope.
10
And Azariah the chief priest of the house of Zadok answered him, and said, Since [the people] began to bring the offerings into the house of the LORD, we have had enough to eat, and have left plenty: for the LORD hath blessed his people; and that which is left [is] this great store.
En Asarja die hoëpriester van die huis van Sadok het hom geantwoord, en gesê, Van die tyd af dat hulle begin het om die offers in die huis van die HERE te bring, het ons genoeg gehad om te eet, en het baie oorgelaat: want die HERE het sy volk geseën; en dit wat oorbly is hierdie groot menigte.
11
Then Hezekiah commanded to prepare chambers in the house of the LORD; and they prepared [them],
Toe het Hiskía beveel om kamers in die huis van die HERE gereed te maak; en hulle het dit gereed gemaak,
12
And brought in the offerings and the tithes and the dedicated [things] faithfully: over which Cononiah the Levite [was] ruler, and Shimei his brother [was] the next.
En die offers en die tiendes en die geheiligde dinge getrou ingebring: en oor hulle was Konanja die Leviet die heerser, en Símeï sy broer was die tweede.
13
And Jehiel, and Azaziah, and Nahath, and Asahel, and Jerimoth, and Jozabad, and Eliel, and Ismachiah, and Mahath, and Benaiah, [were] overseers under the hand of Cononiah and Shimei his brother, at the commandment of Hezekiah the king, and Azariah the ruler of the house of God.
En Jehiël, en Asasja, en Nagat, en Asahel, en Jerímot, en Josabad, en Eliël, en Jismagja, en Magat, en Benája, was opsigters onder die hand van Konanja en Símeï sy broer, op die bevel van Hiskía die koning, en Asarja die heerser van die huis van God.
14
And Kore the son of Imnah the Levite, the porter toward the east, [was] over the freewill offerings of God, to distribute the oblations of the LORD, and the most holy things.
En Kore die seun van Jimna die Leviet, die poortwagter na die ooste, was oor die vrywillige offers van God, om die offers van die HERE uit te deel, en die allerheiligste dinge.
15
And next him [were] Eden, and Miniamin, and Jeshua, and Shemaiah, Amariah, and Shecaniah, in the cities of the priests, in [their] set office, to give to their brethren by courses, as well to the great as to the small:
En by sy hand was Eden, en Minjamin, en Jesua, en Semája, Amarja, en Seganja, in die stede van die priesters, in hulle ampte, om aan hulle broers volgens afdelings, soos aan die groot so aan die klein, te gee:
16
Beside their genealogy of males, from three years old and upward, [even] unto every one that entereth into the house of the LORD, his daily portion for their service in their charges according to their courses;
Behalwe dié wat as manne getel is in die genealogieë, van drie jaar oud en opwaarts, aan elkeen wat in die huis van die HERE ingaan, sy daaglikse deel vir hulle diens in hulle ampte volgens hulle afdelings;
17
Both to the genealogy of the priests by the house of their fathers, and the Levites from twenty years old and upward, in their charges by their courses;
Beide aan die genealogie van die priesters volgens die huis van hulle vaders, en die Leviete van twintig jaar oud en opwaarts, in hulle ampte volgens hulle afdelings;
18
And to the genealogy of all their little ones, their wives, and their sons, and their daughters, through all the congregation: for in their set office they sanctified themselves in holiness:
En aan die genealogie van al hulle klein kinders, hulle vroue, en hulle seuns, en hulle dogters, deur die hele vergadering: want in hulle ampte het hulle hulleself geheilig in heiligheid:
19
Also of the sons of Aaron the priests, [which were] in the fields of the suburbs of their cities, in every several city, the men that were expressed by name, to give portions to all the males among the priests, and to all that were reckoned by genealogies among the Levites.
Ook van die seuns van Aäron die priesters, wat in die velde van die voorstede van hulle stede was, in elke stad, die manne wat met name genoem is, om dele te gee aan al die manne onder die priesters, en aan almal wat onder die Leviete getel is.
20
And thus did Hezekiah throughout all Judah, and wrought [that which was] good and right and truth before the LORD his God.
En so het Hiskía in die hele Juda gedoen, en hy het gedoen wat goed en reg en waar was voor die HERE sy God.
21
And in every work that he began in the service of the house of God, and in the law, and in the commandments, to seek his God, he did [it] with all his heart, and prospered.
En in elke werk wat hy begin het in die diens van die huis van God, en in die wet, en in die gebooie, om sy God te soek, het hy dit met sy hele hart gedoen, en voorspoedig gewees.