King James Version
AFR DVK
1
Moreover Josiah kept a passover unto the LORD in Jerusalem: and they killed the passover on the fourteenth [day] of the first month.
Bowendien het Josía in Jérusalem die pasga aan die HERE gehou: en hulle het die pasga op die veertiende dag van die eerste maand geslag.
2
And he set the priests in their charges, and encouraged them to the service of the house of the LORD,
En hy het die priesters in hulle ampte gestel, en hulle versterk tot die diens van die huis van die HERE,
3
And said unto the Levites that taught all Israel, which were holy unto the LORD, Put the holy ark in the house which Solomon the son of David king of Israel did build; [it shall] not [be] a burden upon [your] shoulders: serve now the LORD your God, and his people Israel,
En tot die Leviete gesê wat die hele Israel onderrig het, wat heilig was aan die HERE, Sit die heilige ark in die huis wat Salomo die seun van Dawid koning van Israel gebou het: dit sal nie meer ’n las op julle skouers wees nie: dien nou die HERE julle God, en sy volk Israel,
4
And prepare [yourselves] by the houses of your fathers, after your courses, according to the writing of David king of Israel, and according to the writing of Solomon his son.
En berei julle volgens die huise van julle vaders, na julle afdelings, volgens die skrif van Dawid koning van Israel, en volgens die skrif van Salomo sy seun.
5
And stand in the holy [place] according to the divisions of the families of the fathers of your brethren the people, and [after] the division of the families of the Levites.
En staan in die heilige plek volgens die verdelings van die families van die vaders van julle broers die volk, en na die verdeling van die families van die Leviete.
6
So kill the passover, and sanctify yourselves, and prepare your brethren, that [they] may do according to the word of the LORD by the hand of Moses.
So slag dan die pasga, en heilig julle, en berei julle broers, dat hulle mag doen volgens die woord van die HERE deur die hand van Moses.
7
And Josiah gave to the people, of the flock, lambs and kids, all for the passover offerings, for all that were present, to the number of thirty thousand, and three thousand bullocks: these [were] of the king’s substance.
En Josía het aan die volk van die kudde, lammers en bokkies, almal vir die pasga-offers, vir almal wat teenwoordig was, tot die getal van dertig duisend, en drieduisend osse gegee: dit was van die koning se goed.
8
And his princes gave willingly unto the people, to the priests, and to the Levites: Hilkiah and Zechariah and Jehiel, rulers of the house of God, gave unto the priests for the passover offerings two thousand and six hundred [small cattle], and three hundred oxen.
En sy vorstes het willig aan die volk, aan die priesters, en aan die Leviete gegee: Hilkía, en Sagarja, en Jehiël, heersers van die huis van God, het aan die priesters vir die pasga-offers tweeduisend en seshonderd klein vee, en driehonderd osse gegee.
9
Conaniah also, and Shemaiah and Nethaneel, his brethren, and Hashabiah and Jeiel and Jozabad, chief of the Levites, gave unto the Levites for passover offerings five thousand [small cattle], and five hundred oxen.
Konanja ook, en Semája en Netáneël, sy broers, en Hasabja en Jeïël en Josabad, owerstes van die Leviete, het aan die Leviete vir pasga-offers vyfduisend klein vee, en vyfhonderd osse gegee.
10
So the service was prepared, and the priests stood in their place, and the Levites in their courses, according to the king’s commandment.
So is die diens dan voorberei, en die priesters het in hulle plek gestaan, en die Leviete in hulle afdelings, volgens die koning se gebod.
11
And they killed the passover, and the priests sprinkled [the blood] from their hands, and the Levites flayed [them].
En hulle het die pasga geslag, en die priesters het die bloed uit hulle hand gesprinkel, en die Leviete het die velle afgetrek.
12
And they removed the burnt offerings, that they might give according to the divisions of the families of the people, to offer unto the LORD, as [it is] written in the book of Moses. And so [did they] with the oxen.
En hulle het die brandoffers weggeneem, dat hulle dit volgens die verdelings van die families van die volk mag gee, om aan die HERE te offer, soos geskrywe is in die boek van Moses. En so het hulle met die osse gedoen.
13
And they roasted the passover with fire according to the ordinance: but the [other] holy [offerings] sod they in pots, and in caldrons, and in pans, and divided [them] speedily among all the people.
En hulle het die pasga met vuur volgens die ordonnanse gebraai: maar die ander heilige offers het hulle in potte, en in ketels, en in panne, gekook, en dit haastig onder al die volk uitgedeel.
14
And afterward they made ready for themselves, and for the priests: because the priests the sons of Aaron [were busied] in offering of burnt offerings and the fat until night; therefore the Levites prepared for themselves, and for the priests the sons of Aaron.
En daarna het hulle vir hulleself, en vir die priesters berei: omdat die priesters die seuns van Aäron besig was met die offer van brandoffers en die vet tot die nag; daarom het die Leviete vir hulleself, en vir die priesters die seuns van Aäron, berei.
15
And the singers the sons of Asaph [were] in their place, according to the commandment of David, and Asaph, and Heman, and Jeduthun the king’s seer; and the porters [waited] at every gate; they might not depart from their service; for their brethren the Levites prepared for them.
En die sangers die seuns van Asaf was in hulle plek, volgens die gebod van Dawid, en Asaf, en Heman, en Jedútun die koning se siener; en die poortwagters was by elke poort; hulle hoef nie van hulle diens af te wyk nie; want hulle broers die Leviete het vir hulle berei.
16
So all the service of the LORD was prepared the same day, to keep the passover, and to offer burnt offerings upon the altar of the LORD, according to the commandment of king Josiah.
So is die hele diens van die HERE daardie dag voorberei, om die pasga te hou, en om brandoffers op die altaar van die HERE te offer, volgens die gebod van koning Josía.
17
And the children of Israel that were present kept the passover at that time, and the feast of unleavened bread seven days.
En die kinders van Israel wat teenwoordig was, het die pasga in daardie tyd gehou, en die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank.
18
And there was no passover like to that kept in Israel from the days of Samuel the prophet; neither did all the kings of Israel keep such a passover as Josiah kept, and the priests, and the Levites, and all Judah and Israel that were present, and the inhabitants of Jerusalem.
En daar was geen pasga soos dit in Israel gehou van die dae van Samuel die profeet af nie; en al die konings van Israel het nie so ’n pasga gehou soos Josía gehou het, en die priesters, en die Leviete, en die hele Juda en Israel wat teenwoordig was, en die inwoners van Jérusalem nie.
19
In the eighteenth year of the reign of Josiah was this passover kept.
In die agttiende jaar van die regering van Josía is hierdie pasga gehou.
20
After all this, when Josiah had prepared the temple, Necho king of Egypt came up to fight against Carchemish by Euphrates: and Josiah went out against him.
Ná dit alles, toe Josía die tempel gereed gemaak het, het Nego koning van Egipte opgetrek om by Karkemis by die Eufraat te veg: en Josía het teen hom uitgegaan.
21
But he sent ambassadors to him, saying, What have I to do with thee, thou king of Judah? [I come] not against thee this day, but against the house wherewith I have war: for God commanded me to make haste: forbear thee from [meddling with] God, who [is] with me, that he destroy thee not.
Maar hy het boodskappers na hom gestuur, en gesê, Wat het ek met jou te doen, jy koning van Juda? Ek kom nie vandag teen jou nie, maar teen die huis waarmee ek oorlog het: want God het my beveel om haastig te maak: hou jou van inmenging met God, wat by my is, dat Hy jou nie vernietig nie.
22
Nevertheless Josiah would not turn his face from him, but disguised himself, that he might fight with him, and hearkened not unto the words of Necho from the mouth of God, and came to fight in the valley of Megiddo.
Nogtans wou Josía nie sy aangesig van hom afwend nie, maar het homself vermom, dat hy teen hom mag veg, en het nie na die woorde van Nego uit die mond van God geluister nie, en in die vallei van Megiddo gekom om te veg.
23
And the archers shot at king Josiah; and the king said to his servants, Have me away; for I am sore wounded.
En die boogskutters het koning Josía getref; en die koning het tot sy dienaars gesê, Bring my weg; want ek is baie verwond.
24
His servants therefore took him out of that chariot, and put him in the second chariot that he had; and they brought him to Jerusalem, and he died, and was buried in [one of] the sepulchres of his fathers. And all Judah and Jerusalem mourned for Josiah.
Sy dienaars het hom daarom uit daardie strydwa geneem, en hom in die tweede strydwa wat hy gehad het, gesit, en hom na Jérusalem gebring, en hy is gesterwe, en in een van die grafte van sy vaders begrawe. En die hele Juda en Jérusalem het vir Josía gerou.
25
And Jeremiah lamented for Josiah: and all the singing men and the singing women spake of Josiah in their lamentations to this day, and made them an ordinance in Israel: and, behold, they [are] written in the lamentations.
En Jeremía het oor Josía gerou: en al die sangers en die sangersesse het van Josía in hulle klaagliedere tot vandag toe gespreek, en dit tot ’n ordonnanse in Israel gemaak: en kyk, hulle is geskrywe in die klaagliedere.
26
Now the rest of the acts of Josiah, and his goodness, according to [that which was] written in the law of the LORD,
Nou die res van die dade van Josía, en sy goedheid, volgens wat geskrywe is in die wet van die HERE,
27
And his deeds, first and last, behold, they [are] written in the book of the kings of Israel and Judah.
En sy dade, die eerste en die laaste, kyk, hulle is geskrywe in die boek van die konings van Israel en Juda.