← 2 Kronieke 4 2 Kronieke — 2 Chronicles 5 2 Kronieke 6 →
King James Version
AFR DVK
1
Thus all the work that Solomon made for the house of the LORD was finished: and Solomon brought in [all] the things that David his father had dedicated; and the silver, and the gold, and all the instruments, put he among the treasures of the house of God.
So is al die werk wat Salomo vir die huis van die HERE gemaak het, voleindig: en Salomo het die dinge ingebring wat Dawid sy vader geheilig het; en die silwer, en die goud, en al die instrumente, het hy onder die skatte van die huis van God gesit.
2
Then Solomon assembled the elders of Israel, and all the heads of the tribes, the chief of the fathers of the children of Israel, unto Jerusalem, to bring up the ark of the covenant of the LORD out of the city of David, which [is] Zion.
Toe het Salomo die ouderlinge van Israel, en al die hoofde van die stamme, die owerstes van die vaders van die kinders van Israel, by Jérusalem bymekaargeroep, om die ark van die verbond van die HERE op te bring uit die stad van Dawid, wat Sion is.
3
Wherefore all the men of Israel assembled themselves unto the king in the feast which [was] in the seventh month.
Daarom het al die manne van Israel by die koning bymekaargekom by die fees wat in die sewende maand was.
4
And all the elders of Israel came; and the Levites took up the ark.
En al die ouderlinge van Israel het gekom; en die Leviete het die ark opgeneem.
5
And they brought up the ark, and the tabernacle of the congregation, and all the holy vessels that [were] in the tabernacle, these did the priests [and] the Levites bring up.
En hulle het die ark, en die tabernakel van die vergadering, en al die heilige vate wat in die tabernakel was, opgebring, hierdie het die priesters en die Leviete opgebring.
6
Also king Solomon, and all the congregation of Israel that were assembled unto him before the ark, sacrificed sheep and oxen, which could not be told nor numbered for multitude.
Ook koning Salomo, en die hele vergadering van Israel wat by hom bymekaargekom het voor die ark, het skape en osse geoffer, wat nie getel of gerek kon word vanweë die menigte nie.
7
And the priests brought in the ark of the covenant of the LORD unto his place, to the oracle of the house, into the most holy [place, even] under the wings of the cherubims:
En die priesters het die ark van die verbond van die HERE op sy plek in die binneskrin van die huis, in die allerheiligste, selfs onder die vleuels van die gerubs, gebring.
8
For the cherubims spread forth [their] wings over the place of the ark, and the cherubims covered the ark and the staves thereof above.
Want die gerubs het hulle vleuels uitgesprei oor die plek van die ark, en die gerubs het die ark en die draagstokke daarvan bo-oor bedek.
9
And they drew out the staves [of the ark], that the ends of the staves were seen from the ark before the oracle; but they were not seen without. And there it is unto this day.
En hulle het die draagstokke uitgetrek, dat die endes van die draagstokke van die ark uit die ark gesien is voor die binneskrin, maar hulle is nie buite gesien nie. En daar is dit tot vandag toe.
10
[There was] nothing in the ark save the two tables which Moses put [therein] at Horeb, when the LORD made [a covenant] with the children of Israel, when they came out of Egypt.
Daar was niks in die ark nie behalwe die twee tafels wat Moses by Horeb daarin gesit het, toe die HERE ‚'n verbond met die kinders van Israel gemaak het, toe hulle uit Egipte uitgegaan het.
11
And it came to pass, when the priests were come out of the holy [place]: (for all the priests [that were] present were sanctified, [and] did not [then] wait by course:
En dit was so, toe die priesters uit die heilige uitgegaan het: (want al die priesters wat teenwoordig was, was geheilig, en het nie by beurte gewag nie:
12
Also the Levites [which were] the singers, all of them of Asaph, of Heman, of Jeduthun, with their sons and their brethren, [being] arrayed in white linen, having cymbals and psalteries and harps, stood at the east end of the altar, and with them an hundred and twenty priests sounding with trumpets:)
Ook die Leviete wat die sangers was, almal van hulle van Asaf, van Heman, van Jedútun, met hulle seuns en hulle broers, gekleed in wit linne, met simbale en psalters en harpe, het aan die oostekant van die altaar gestaan, en by hulle ’n honderd en twintig priesters wat met trompette geblaas het:)
13
It came even to pass, as the trumpeters and singers [were] as one, to make one sound to be heard in praising and thanking the LORD; and when they lifted up [their] voice with the trumpets and cymbals and instruments of musick, and praised the LORD, [saying], For [he is] good; for his mercy [endureth] for ever: that [then] the house was filled with a cloud, [even] the house of the LORD;
Dit was so, toe die trompetblasers en sangers as een was, om een stem te laat hoor om te prys en die HERE te dank; en toe hulle die stem opgehef het met die trompette en simbale en instrumente van musiek, en die HERE geprys het, en gesê het, Want Hy is goed; want sy barmhartigheid duur vir ewig: dat toe die huis gevul is met ’n wolk, selfs die huis van die HERE;
14
So that the priests could not stand to minister by reason of the cloud: for the glory of the LORD had filled the house of God.
Sodat die priesters nie kon staan om te bedien vanweë die wolk nie: want die heerlikheid van die HERE het die huis van God gevul.