King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass at the end of twenty years, wherein Solomon had built the house of the LORD, and his own house,
En dit was so aan die end van twintig jaar, waarin Salomo die huis van die HERE, en sy eie huis, gebou het,
2
That the cities which Huram had restored to Solomon, Solomon built them, and caused the children of Israel to dwell there.
Dat die stede wat Huram aan Salomo herstel het, Salomo gebou het, en die kinders van Israel daarin laat woon het.
3
And Solomon went to Hamathzobah, and prevailed against it.
En Salomo het na Hamat-Soba gegaan, en dit verslaan.
4
And he built Tadmor in the wilderness, and all the store cities, which he built in Hamath.
En hy het Tadmor in die wildernis gebou, en al die voorraadstede, wat hy in Hamat gebou het.
5
Also he built Bethhoron the upper, and Bethhoron the nether, fenced cities, with walls, gates, and bars;
Ook het hy die boonste Bet-Horon, en die onderste Bet-Horon, versterkte stede, met mure, poorte, en grendels, gebou;
6
And Baalath, and all the store cities that Solomon had, and all the chariot cities, and the cities of the horsemen, and all that Solomon desired to build in Jerusalem, and in Lebanon, and throughout all the land of his dominion.
En Baälat, en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en al die stede vir die strydwaens, en die stede vir die ruiters, en al wat Salomo begeer het om te bou in Jérusalem, en in die Líbanon, en deur die hele land van sy heerskappy.
7
[As for] all the people [that were] left of the Hittites, and the Amorites, and the Perizzites, and the Hivites, and the Jebusites, which [were] not of Israel,
Wat al die volk betref wat oorgeblewe was van die Hetiete, en die Amoriete, en die Feresiete, en die Hewiete, en die Jebusiete, wat nie van Israel was nie,
8
[But] of their children, who were left after them in the land, whom the children of Israel consumed not, them did Solomon make to pay tribute until this day.
Maar van hulle kinders, wat in die land oorgeblewe was na hulle, wat die kinders van Israel nie vernietig het nie, dié het Salomo dienspligtig gemaak tot vandag toe.
9
But of the children of Israel did Solomon make no servants for his work; but they [were] men of war, and chief of his captains, and captains of his chariots and horsemen.
Maar van die kinders van Israel het Salomo geen diensknegte gemaak vir sy werk nie; maar hulle was manne van oorlog, en owerstes van sy kapteins, en kapteins van sy strydwaens en ruiters.
10
And these [were] the chief of king Solomon’s officers, [even] two hundred and fifty, that bare rule over the people.
En dit was die owerstes van koning Salomo se amptenare, selfs tweehonderd en vyftig, wat oor die volk geheers het.
11
And Solomon brought up the daughter of Pharaoh out of the city of David unto the house that he had built for her: for he said, My wife shall not dwell in the house of David king of Israel, because [the places are] holy, whereunto the ark of the LORD hath come.
En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid opgebring na die huis wat hy vir haar gebou het: want hy het gesê, My vrou moet nie in die huis van Dawid koning van Israel woon nie, omdat die plekke heilig is, waarheen die ark van die HERE gekom het.
12
Then Solomon offered burnt offerings unto the LORD on the altar of the LORD, which he had built before the porch,
Toe het Salomo brandoffers aan die HERE geoffer op die altaar van die HERE, wat hy voor die voorhuis gebou het,
13
Even after a certain rate every day, offering according to the commandment of Moses, on the sabbaths, and on the new moons, and on the solemn feasts, three times in the year, [even] in the feast of unleavened bread, and in the feast of weeks, and in the feast of tabernacles.
Selfs na ‚'n sekere mate elke dag, offerende volgens die gebod van Moses, op die sabbatte, en op die nuwemanen, en op die feestye, drie maal in die jaar, selfs in die fees van die ongesuurde brode, en in die fees van die weke, en in die fees van die tabernakels.
14
And he appointed, according to the order of David his father, the courses of the priests to their service, and the Levites to their charges, to praise and minister before the priests, as the duty of every day required: the porters also by their courses at every gate: for so had David the man of God commanded.
En hy het, volgens die orde van Dawid sy vader, die afdelings van die priesters tot hulle diens aangestel, en die Leviete tot hulle ampspligte, om te prys en te bedien voor die priesters, soos die plig van elke dag vereis het: die poortwagters ook volgens hulle afdelings by elke poort: want so het Dawid die man van God beveel.
15
And they departed not from the commandment of the king unto the priests and Levites concerning any matter, or concerning the treasures.
En hulle het nie van die gebod van die koning aangaande die priesters en Leviete afgewyk nie, aangaande enige saak, of aangaande die skatte.
16
Now all the work of Solomon was prepared unto the day of the foundation of the house of the LORD, and until it was finished. [So] the house of the LORD was perfected.
Nou was al die werk van Salomo voorberei tot die dag van die fondament van die huis van die HERE, en tot dit voleindig is. So is die huis van die HERE dan voleindig.
17
Then went Solomon to Eziongeber, and to Eloth, at the sea side in the land of Edom.
Toe het Salomo na Esjon-Geber, en na Elot, aan die seestrand in die land Edom, gegaan.
18
And Huram sent him by the hands of his servants ships, and servants that had knowledge of the sea; and they went with the servants of Solomon to Ophir, and took thence four hundred and fifty talents of gold, and brought [them] to king Solomon.
En Huram het hom skepe gestuur deur die hande van sy dienaars, en dienaars wat kennis van die see gehad het; en hulle het met die dienaars van Salomo na Ofir gegaan, en daarvandaan vierhonderd en vyftig talente goud geneem, en dit na koning Salomo gebring.