King James Version
AFR DVK
1
And when the day of Pentecost was fully come, they were all with one accord in one place.
En toe die dag van Pinkster ten volle aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.
2
And suddenly there came a sound from heaven as of a rushing mighty wind, and it filled all the house where they were sitting.
En skielik het daar ‚'n geluid uit die hemel gekom soos van ‚'n geweldige wind wat waai, en het die hele huis gevul waar hulle sit.
3
And there appeared unto them cloven tongues like as of fire, and it sat upon each of them.
En daar het aan hulle tonge verskyn soos van vuur, en dit het op elkeen van hulle gaan sit.
4
And they were all filled with the Holy Ghost, and began to speak with other tongues, as the Spirit gave them utterance.
En hulle is almal vervul met die Heilige Gees, en het begin om met ander tale te spreek, soos die Gees hulle gegee het om uit te spreek.
5
And there were dwelling at Jerusalem Jews, devout men, out of every nation under heaven.
En daar was woonagtig in Jérusalem Jode, godvresende manne, uit elke nasie onder die hemel.
6
Now when this was noised abroad, the multitude came together, and were confounded, because that every man heard them speak in his own language.
Nou toe hierdie gerug gehoor is, het die menigte bymekaargekom, en was verward, omdat elkeen hulle in sy eie taal hoor spreek.
7
And they were all amazed and marvelled, saying one to another, Behold, are not all these which speak Galilaeans?
En hulle was almal verbaas en verwonderd, sê tot mekaar, Kyk, is hierdie almal wat spreek nie Galileërs nie?
8
And how hear we every man in our own tongue, wherein we were born?
En hoe hoor ons elkeen in ons eie taal, waarin ons gebore is?
9
Parthians, and Medes, and Elamites, and the dwellers in Mesopotamia, and in Judaea, and Cappadocia, in Pontus, and Asia,
Parthe en Mede, en Elamiete, en die inwoners van Mesopotamië, en van Judea, en Kappadosië, van Pontus, en Asië,
10
Phrygia, and Pamphylia, in Egypt, and in the parts of Libya about Cyrene, and strangers of Rome, Jews and proselytes,
Frigië, en Pámfilië, in Egipte, en in die dele van Libië om Sirene, en vreemdelinge van Rome, Jode en bekeerlinge,
11
Cretes and Arabians, we do hear them speak in our tongues the wonderful works of God.
Krete en Arabiere, ons hoor hulle in ons tale die groot dinge van God spreek.
12
And they were all amazed, and were in doubt, saying one to another, What meaneth this?
En hulle was almal verbaas, en was in twyfel, sê die een tot die ander, Wat mag dit wees?
13
Others mocking said, These men are full of new wine.
Andere het spotterig gesê, Hierdie manne is vol soet wyn.
14
But Peter, standing up with the eleven, lifted up his voice, and said unto them, Ye men of Judaea, and all [ye] that dwell at Jerusalem, be this known unto you, and hearken to my words:
Maar Petrus, staande met die elf, het sy stem opgehef, en tot hulle gespreek, Julle manne van Judea, en al julle wat in Jérusalem woon, laat dit aan julle bekend wees, en luister na my woorde:
15
For these are not drunken, as ye suppose, seeing it is [but] the third hour of the day.
Want hierdie is nie dronk, soos julle veronderstel nie, aangesien dit maar die derde uur van die dag is.
16
But this is that which was spoken by the prophet Joel;
Maar dit is dit wat deur die profeet Joël gespreek is;
17
And it shall come to pass in the last days, saith God, I will pour out of my Spirit upon all flesh: and your sons and your daughters shall prophesy, and your young men shall see visions, and your old men shall dream dreams:
En dit sal wees in die laaste dae, sê God, Ek sal van my Gees uitstort op alle vlees: en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongmanne sal gesigte sien, en julle oumense drome droom:
18
And on my servants and on my handmaidens I will pour out in those days of my Spirit; and they shall prophesy:
En op my diensknegte en op my diensmaagde sal ek in daardie dae van my Gees uitstort; en hulle sal profeteer:
19
And I will shew wonders in heaven above, and signs in the earth beneath; blood, and fire, and vapour of smoke:
En ek sal wonders toon in die hemel bo, en tekens op die aarde benede; bloed, en vuur, en damp van rook:
20
The sun shall be turned into darkness, and the moon into blood, before that great and notable day of the Lord come:
Die son sal verander word in duisternis, en die maan in bloed, voordat daardie groot en heerlike dag van die Here kom:
21
And it shall come to pass, [that] whosoever shall call on the name of the Lord shall be saved.
En dit sal wees, dat elkeen wat die Naam van die Here aanroep, gered sal word.
22
Ye men of Israel, hear these words; Jesus of Nazareth, a man approved of God among you by miracles and wonders and signs, which God did by him in the midst of you, as ye yourselves also know:
Julle manne van Israel, hoor hierdie woorde; Jesus van Nasaret, ‚'n man deur God onder julle bewys deur kragtige dade en wonders en tekens, wat God deur Hom in julle midde gedoen het, soos julle self ook weet:
23
Him, being delivered by the determinate counsel and foreknowledge of God, ye have taken, and by wicked hands have crucified and slain:
Hom, wat deur die vaste raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle geneem, en deur goddelose hande gekruisig en omgebring:
24
Whom God hath raised up, having loosed the pains of death: because it was not possible that he should be holden of it.
Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het: omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur gehou sou word.
25
For David speaketh concerning him, I foresaw the Lord always before my face, for he is on my right hand, that I should not be moved:
Want Dawid spreek aangaande Hom, Ek het die Here altyd voor my aangesig gesien, want Hy is aan my regterhand, dat ek nie beweeg sou word nie:
26
Therefore did my heart rejoice, and my tongue was glad; moreover also my flesh shall rest in hope:
Daarom was my hart bly, en my tong het gejuig; bowendien sal my vlees ook rus in hoop:
27
Because thou wilt not leave my soul in hell, neither wilt thou suffer thine Holy One to see corruption.
Omdat U my siel nie in die doderyk sal laat nie, en U sal u Heilige nie toelaat om verderwing te sien nie.
28
Thou hast made known to me the ways of life; thou shalt make me full of joy with thy countenance.
U het my die weë van die lewe bekend gemaak; U sal my vervul met blydskap deur u aangesig.
29
Men [and] brethren, let me freely speak unto you of the patriarch David, that he is both dead and buried, and his sepulchre is with us unto this day.
Manne en broers, laat my vrymoedig tot julle spreek van die aartsvader Dawid, dat hy beide dood is en begrawe, en sy graf is by ons tot vandag toe.
30
Therefore being a prophet, and knowing that God had sworn with an oath to him, that of the fruit of his loins, according to the flesh, he would raise up Christ to sit on his throne;
Daarom, omdat hy ‚'n profeet was, en geweet het dat God met ‚'n eed aan hom gesweer het, dat uit die vrug van sy lendene, volgens die vlees, Hy Christus sou verwek om op sy troon te sit;
31
He seeing this before spake of the resurrection of Christ, that his soul was not left in hell, neither his flesh did see corruption.
Hy, dit voorsienende, het gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk gelaat is nie, en sy vlees het geen verderwing gesien nie.
32
This Jesus hath God raised up, whereof we all are witnesses.
Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.
33
Therefore being by the right hand of God exalted, and having received of the Father the promise of the Holy Ghost, he hath shed forth this, which ye now see and hear.
Daarom, omdat Hy deur die regterhand van God verhoog is, en die belofte van die Heilige Gees van die Vader ontvang het, het Hy hierdie uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
34
For David is not ascended into the heavens: but he saith himself, The LORD said unto my Lord, Sit thou on my right hand,
Want Dawid is nie opgevaar in die hemele nie: maar hy self sê, Die HERE het tot my Here gesê, Sit aan my regterhand,
35
Until I make thy foes thy footstool.
Totdat ek u vyande u voetbank maak.
36
Therefore let all the house of Israel know assuredly, that God hath made that same Jesus, whom ye have crucified, both Lord and Christ.
Laat die hele huis van Israel daarom seker weet, dat God Hom beide Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.
37
Now when they heard [this], they were pricked in their heart, and said unto Peter and to the rest of the apostles, Men [and] brethren, what shall we do?
Nou toe hulle dit hoor, is hulle in die hart deurboor, en het tot Petrus en tot die ander apostels gesê, Manne en broers, wat moet ons doen?
38
Then Peter said unto them, Repent, and be baptized every one of you in the name of Jesus Christ for the remission of sins, and ye shall receive the gift of the Holy Ghost.
Toe het Petrus tot hulle gesê, Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot die vergifnis van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
39
For the promise is unto you, and to your children, and to all that are afar off, [even] as many as the Lord our God shall call.
Want die belofte is aan julle, en aan julle kinders, en aan almal wat ver is, soveel as die Here onse God sal roep.
40
And with many other words did he testify and exhort, saying, Save yourselves from this untoward generation.
En met baie ander woorde het hy getuig en vermaan, sê, Red julle self van hierdie verdraaide geslag.
41
Then they that gladly received his word were baptized: and the same day there were added [unto them] about three thousand souls.
Toe het hulle wat sy woord graag ontvang het, gedoop: en dieselfde dag is daar by hulle gevoeg omtrent drie duisend siele.
42
And they continued stedfastly in the apostles’ doctrine and fellowship, and in breaking of bread, and in prayers.
En hulle het volhard in die leer van die apostels, en in die gemeenskap, en in die breek van die brood, en in die gebede.
43
And fear came upon every soul: and many wonders and signs were done by the apostles.
En vrees het op elke siel gekom: en baie wonders en tekens is deur die apostels gedoen.
44
And all that believed were together, and had all things common;
En almal wat geglo het, was bymekaar, en het alle dinge gemeenskaplik gehad;
45
And sold their possessions and goods, and parted them to all [men], as every man had need.
En het hulle besittings en goed verkoop, en dit onder almal uitgedeel, soos elkeen nodig gehad het.
46
And they, continuing daily with one accord in the temple, and breaking bread from house to house, did eat their meat with gladness and singleness of heart,
En hulle, eendragtig daagliks in die tempel volhardende, en van huis tot huis brood brekende, het hulle voedsel met blydskap en opregtheid van hart geneem,
47
Praising God, and having favour with all the people. And the Lord added to the church daily such as should be saved.
God prysende, en guns hebbende by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg dié wat gered sou word.