← Handelinge 19 Handelinge — Acts 20 Handelinge 21 →
King James Version
AFR DVK
1
And after the uproar was ceased, Paul called unto [him] the disciples, and embraced [them], and departed for to go into Macedonia.
En ná die opskudding bedaar het, het Paulus die dissipels bymekaargeroep, en hulle omhels, en weggegaan om na Masedonië te gaan.
2
And when he had gone over those parts, and had given them much exhortation, he came into Greece,
En toe hy daardie dele deurgegaan het, en hulle met baie woorde vermaan het, het hy in Griekeland gekom,
3
And [there] abode three months. And when the Jews laid wait for him, as he was about to sail into Syria, he purposed to return through Macedonia.
En daar drie maande vertoef. En toe die Jode ’n hinderlaag teen hom gelê het, soos hy op die punt was om na Sirië te vaar, het hy besluit om deur Masedonië terug te keer.
4
And there accompanied him into Asia Sopater of Berea; and of the Thessalonians, Aristarchus and Secundus; and Gaius of Derbe, and Timotheus; and of Asia, Tychicus and Trophimus.
En daar het hom tot in Asië vergesel Sopater van Beréa; en van die Thessaloníkers, Aristárgus en Sekundus; en Gajus van Derbe, en Timótheüs; en van Asië, Tígikus en Trofimus.
5
These going before tarried for us at Troas.
Hierdie het vooruitgegaan, en op ons by Troas gewag.
6
And we sailed away from Philippi after the days of unleavened bread, and came unto them to Troas in five days; where we abode seven days.
En ons het van Filippi afgevaar ná die dae van die ongesuurde brode, en in vyf dae by hulle in Troas gekom, waar ons sewe dae vertoef het.
7
And upon the first [day] of the week, when the disciples came together to break bread, Paul preached unto them, ready to depart on the morrow; and continued his speech until midnight.
En op die eerste dag van die week, toe die dissipels bymekaargekom het om brood te breek, het Paulus tot hulle gepreek, gereed om die volgende dag te vertrek; en het sy toespraak tot middernag toe voortgesit.
8
And there were many lights in the upper chamber, where they were gathered together.
En daar was baie ligte in die bo-kamer, waar hulle bymekaar was.
9
And there sat in a window a certain young man named Eutychus, being fallen into a deep sleep: and as Paul was long preaching, he sunk down with sleep, and fell down from the third loft, and was taken up dead.
En daar het in ’n venster gesit ’n sekere jongman, met die naam van Eútigus, wat in ’n diepe slaap geval het: en soos Paulus lank gepreek het, is hy deur die slaap oorweldig, en het van die derde verdieping afgeval, en is dood opgetel.
10
And Paul went down, and fell on him, and embracing [him] said, Trouble not yourselves; for his life is in him.
En Paulus het afgegaan, en op hom geval, en hom omhels, sê, Wees nie ontsteld nie; want sy lewe is in hom.
11
When he therefore was come up again, and had broken bread, and eaten, and talked a long while, even till break of day, so he departed.
Toe hy daarom opgegaan het, en brood gebreek het, en geëet het, en lank tot dagbreek gespreek het, so het hy vertrek.
12
And they brought the young man alive, and were not a little comforted.
En hulle het die jongman lewend gebring, en was nie weinig getroos nie.
13
And we went before to ship, and sailed unto Assos, there intending to take in Paul: for so had he appointed, minding himself to go afoot.
En ons het vooruitgegaan na die skip, en na Assos gevaar, daar van plan om Paulus aan boord te neem: want so het hy bepaal, van plan om self te voet te gaan.
14
And when he met with us at Assos, we took him in, and came to Mitylene.
En toe hy ons in Assos ontmoet het, het ons hom aan boord geneem, en na Mitiléne gekom.
15
And we sailed thence, and came the next [day] over against Chios; and the next [day] we arrived at Samos, and tarried at Trogyllium; and the next [day] we came to Miletus.
En ons het daarvandaan gevaar, en die volgende dag teenoor Chios gekom; en die volgende dag het ons by Samos aangekom, en in Trogíllium vertoef; en die volgende dag het ons in Milétus gekom.
16
For Paul had determined to sail by Ephesus, because he would not spend the time in Asia: for he hasted, if it were possible for him, to be at Jerusalem the day of Pentecost.
Want Paulus het besluit om by Efese verby te vaar, sodat hy nie tyd in Asië sou spandeer nie: want hy het haastig gegaan, as dit vir hom moontlik was, om op die Pinksterdag in Jérusalem te wees.
17
And from Miletus he sent to Ephesus, and called the elders of the church.
En van Milétus het hy na Efese gestuur, en die ouderlinge van die gemeente geroep.
18
And when they were come to him, he said unto them, Ye know, from the first day that I came into Asia, after what manner I have been with you at all seasons,
En toe hulle by hom gekom het, het hy tot hulle gesê, Julle weet, van die eerste dag af dat ek in Asië gekom het, op watter wyse ek die hele tyd by julle was,
19
Serving the Lord with all humility of mind, and with many tears, and temptations, which befell me by the lying in wait of the Jews:
Die Here dien met alle nederigheid van gemoed, en met baie trane, en versoekinge, wat my oorgekom het deur die hinderlae van die Jode:
20
[And] how I kept back nothing that was profitable [unto you], but have shewed you, and have taught you publickly, and from house to house,
En hoe ek niks agtergehou het wat voordelig was nie, maar dit aan julle verkondig het, en julle geleer het openlik, en van huis tot huis,
21
Testifying both to the Jews, and also to the Greeks, repentance toward God, and faith toward our Lord Jesus Christ.
Aan beide Jode, en ook aan die Grieke, getuigende van bekering tot God, en geloof tot onse Here Jesus Christus.
22
And now, behold, I go bound in the spirit unto Jerusalem, not knowing the things that shall befall me there:
En nou, kyk, ek gaan gebonde in die gees na Jérusalem, nie wetende die dinge wat my daar sal oorkom nie:
23
Save that the Holy Ghost witnesseth in every city, saying that bonds and afflictions abide me.
Behalwe dat die Heilige Gees in elke stad getuig, sê dat bande en verdrukkinge my wag.
24
But none of these things move me, neither count I my life dear unto myself, so that I might finish my course with joy, and the ministry, which I have received of the Lord Jesus, to testify the gospel of the grace of God.
Maar geen van hierdie dinge beweeg my nie, en ek ag ook my lewe nie kosbaar vir myself nie, sodat ek my loopbaan met blydskap mag voleindig, en die bediening, wat ek van die Here Jesus ontvang het, om te getuig van die evangelie van die genade van God.
25
And now, behold, I know that ye all, among whom I have gone preaching the kingdom of God, shall see my face no more.
En nou, kyk, ek weet dat julle almal, onder wie ek deurgegaan het en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.
26
Wherefore I take you to record this day, that I [am] pure from the blood of all [men].
Daarom getuig ek vir julle hierdie dag, dat ek rein is van die bloed van almal.
27
For I have not shunned to declare unto you all the counsel of God.
Want ek het nie nagelaten om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.
28
Take heed therefore unto yourselves, and to all the flock, over the which the Holy Ghost hath made you overseers, to feed the church of God, which he hath purchased with his own blood.
Gee ag daarom op julle self, en op die hele kudde, waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het, om die gemeente van God te wei, wat Hy gekoop het met sy eie bloed.
29
For I know this, that after my departing shall grievous wolves enter in among you, not sparing the flock.
Want ek weet dit, dat ná my heengaan wrede wolwe onder julle sal inkom, wat die kudde nie spaar nie.
30
Also of your own selves shall men arise, speaking perverse things, to draw away disciples after them.
Ook uit julle self sal manne opstaan, wat verdraaide dinge spreek, om die dissipels agter hulle aan te trek.
31
Therefore watch, and remember, that by the space of three years I ceased not to warn every one night and day with tears.
Daarom waak, en onthou, dat ek drie jaar lank nie opgehou het om elkeen nag en dag met trane te vermaan nie.
32
And now, brethren, I commend you to God, and to the word of his grace, which is able to build you up, and to give you an inheritance among all them which are sanctified.
En nou, broers, beveel ek julle aan God, en aan die woord van sy genade, wat in staat is om julle op te bou, en julle ‚'n erfenis te gee onder almal wat geheilig is.
33
I have coveted no man’s silver, or gold, or apparel.
Ek het niemand se silwer, of goud, of klere begeer nie.
34
Yea, ye yourselves know, that these hands have ministered unto my necessities, and to them that were with me.
Ja, julle weet self, dat hierdie hande my noodsaaklikhede, en dié wat by my was, bedien het.
35
I have shewed you all things, how that so labouring ye ought to support the weak, and to remember the words of the Lord Jesus, how he said, It is more blessed to give than to receive.
Ek het julle in alle dinge getoon, dat so arbeiende julle die swakkes moet ondersteun, en die woorde van die Here Jesus onthou, hoe Hy gesê het, Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.
36
And when he had thus spoken, he kneeled down, and prayed with them all.
En toe hy hierdie dinge gesê het, het hy neergekniel, en saam met hulle almal gebid.
37
And they all wept sore, and fell on Paul’s neck, and kissed him,
En hulle het almal baie geween, en Paulus om die nek geval, en hom gesoen,
38
Sorrowing most of all for the words which he spake, that they should see his face no more. And they accompanied him unto the ship.
Treurende veral oor die woorde wat hy gespreek het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.