← Handelinge 20 Handelinge — Acts 21 Handelinge 22 →
King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass, that after we were gotten from them, and had launched, we came with a straight course unto Coos, and the [day] following unto Rhodes, and from thence unto Patara:
En dit het gebeur, dat nadat ons van hulle afskeid geneem het, en afgevaar het, ons met ’n reguit koers na Koos gekom het, en die volgende dag na Rodes, en van daar na Pátara:
2
And finding a ship sailing over unto Phenicia, we went aboard, and set forth.
En toe ons ’n skip vind wat na Fenisië vaar, het ons aan boord gegaan, en afgevaar.
3
Now when we had discovered Cyprus, we left it on the left hand, and sailed into Syria, and landed at Tyre: for there the ship was to unlade her burden.
Nou toe Siprus in sig gekom het, en ons dit aan die linkerkant gelaat het, het ons na Sirië gevaar, en in Tirus geland: want daar moes die skip sy vrag aflaai.
4
And finding disciples, we tarried there seven days: who said to Paul through the Spirit, that he should not go up to Jerusalem.
En toe ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae vertoef: wat tot Paulus deur die Gees gesê het, dat hy nie na Jérusalem moes opgaan nie.
5
And when we had accomplished those days, we departed and went our way; and they all brought us on our way, with wives and children, till [we were] out of the city: and we kneeled down on the shore, and prayed.
En toe ons daardie dae voleindig het, het ons vertrek en ons pad gegaan; en hulle almal het ons uitgebring, met vroue en kinders, tot buite die stad: en ons het by die strand neergekniel, en gebid.
6
And when we had taken our leave one of another, we took ship; and they returned home again.
En toe ons mekaar vaarwel toegeroep het, het ons in die skip gegaan; en hulle het na hulle eie huise teruggekeer.
7
And when we had finished [our] course from Tyre, we came to Ptolemais, and saluted the brethren, and abode with them one day.
En toe ons die seereis van Tirus voleindig het, het ons in Ptolemaïs gekom, en die broers gegroet, en een dag by hulle gebly.
8
And the next [day] we that were of Paul’s company departed, and came unto Caesarea: and we entered into the house of Philip the evangelist, which was [one] of the seven; and abode with him.
En die volgende dag het ons wat by Paulus was vertrek, en in Cesaréa gekom: en ons het in die huis van Filippus die evangelis gegaan, wat een van die sewe was; en by hom gebly.
9
And the same man had four daughters, virgins, which did prophesy.
En dieselfde man het vier dogters gehad, maagde, wat geprofeteer het.
10
And as we tarried [there] many days, there came down from Judaea a certain prophet, named Agabus.
En soos ons baie dae daar vertoef het, het daar ‚'n sekere profeet, met die naam van Agabus, van Judea afgekoms.
11
And when he was come unto us, he took Paul’s girdle, and bound his own hands and feet, and said, Thus saith the Holy Ghost, So shall the Jews at Jerusalem bind the man that owneth this girdle, and shall deliver [him] into the hands of the Gentiles.
En toe hy by ons kom, het hy Paulus se gordel geneem, en sy eie hande en voete gebind, en gesê, So sê die Heilige Gees, So sal die Jode in Jérusalem die man bind wie se gordel dit is, en hom in die hande van die heidene oorgee.
12
And when we heard these things, both we, and they of that place, besought him not to go up to Jerusalem.
En toe ons hierdie dinge gehoor het, het beide ons, en hulle van daardie plek, hom gesmeek om nie na Jérusalem op te gaan nie.
13
Then Paul answered, What mean ye to weep and to break mine heart? for I am ready not to be bound only, but also to die at Jerusalem for the name of the Lord Jesus.
Toe het Paulus geantwoord, Wat doen julle, dat julle ween, en my hart breek? want ek is nie alleen bereid om gebind te word nie, maar ook om te sterwe in Jérusalem om die Naam van die Here Jesus.
14
And when he would not be persuaded, we ceased, saying, The will of the Lord be done.
En toe hy nie oortuig sou word nie, het ons opgehou, sê, Die wil van die Here geskied.
15
And after those days we took up our carriages, and went up to Jerusalem.
En ná daardie dae het ons ons goed opgepak, en na Jérusalem opgegaan.
16
There went with us also [certain] of the disciples of Caesarea, and brought with them one Mnason of Cyprus, an old disciple, with whom we should lodge.
Daar het ook sekere van die dissipels van Cesaréa saam met ons gegaan, en Mnason van Siprus saamgebring, ’n ou dissipel, by wie ons sou logeer.
17
And when we were come to Jerusalem, the brethren received us gladly.
En toe ons in Jérusalem gekom het, het die broers ons met blydskap ontvang.
18
And the [day] following Paul went in with us unto James; and all the elders were present.
En die volgende dag het Paulus saam met ons by Jakobus ingegaan; en al die ouderlinge was teenwoordig.
19
And when he had saluted them, he declared particularly what things God had wrought among the Gentiles by his ministry.
En toe hy hulle gegroet het, het hy in besonder verklaar die dinge wat God onder die heidene deur sy bediening gedoen het.
20
And when they heard [it], they glorified the Lord, and said unto him, Thou seest, brother, how many thousands of Jews there are which believe; and they are all zealous of the law:
En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik, en tot hom gesê, Jy sien, broer, hoeveel duisende van Jode daar is wat glo; en hulle is almal ywerig vir die wet:
21
And they are informed of thee, that thou teachest all the Jews which are among the Gentiles to forsake Moses, saying that they ought not to circumcise [their] children, neither to walk after the customs.
En hulle is ingelig aangaande jou, dat jy al die Jode wat onder die heidene is leer om Moses af te val, sê dat hulle hulle kinders nie moet besny nie, en ook nie na die gebruike wandel nie.
22
What is it therefore? the multitude must needs come together: for they will hear that thou art come.
Wat is dit dan? die menigte moet sekerlik bymekaarkom: want hulle sal hoor dat jy gekom het.
23
Do therefore this that we say to thee: We have four men which have a vow on them;
Doen daarom dit wat ons jou sê: Ons het vier manne wat ’n gelofte op hulle het;
24
Them take, and purify thyself with them, and be at charges with them, that they may shave [their] heads: and all may know that those things, whereof they were informed concerning thee, are nothing; but [that] thou thyself also walkest orderly, and keepest the law.
Neem hulle, en reinig jouself saam met hulle, en betaal hulle koste, dat hulle hulle hoofde mag skeer: en almal mag weet dat daardie dinge, waarvan hulle aangaande jou ingelig is, niks is nie; maar dat jy self ook die wet hou.
25
As touching the Gentiles which believe, we have written [and] concluded that they observe no such thing, save only that they keep themselves from [things] offered to idols, and from blood, and from strangled, and from fornication.
Wat die heidene betref wat glo, ons het geskrywe en besluit dat hulle niks van sulke dinge moet onderhou nie, behalwe dat hulle hulleself moet onthou van dinge wat aan afgode geoffer is, en van bloed, en van dit wat verwurg is, en van hoerery.
26
Then Paul took the men, and the next day purifying himself with them entered into the temple, to signify the accomplishment of the days of purification, until that an offering should be offered for every one of them.
Toe het Paulus die manne geneem, en die volgende dag saam met hulle gereinig, en in die tempel ingegaan, om aan te kondig die voleinding van die dae van reiniging, totdat ‚'n offer vir elkeen van hulle aangebied is.
27
And when the seven days were almost ended, the Jews which were of Asia, when they saw him in the temple, stirred up all the people, and laid hands on him,
En toe die sewe dae byna voleindig was, het die Jode wat van Asië was, toe hulle hom in die tempel sien, die hele menigte opgerui, en hande aan hom gelê,
28
Crying out, Men of Israel, help: This is the man, that teacheth all [men] every where against the people, and the law, and this place: and further brought Greeks also into the temple, and hath polluted this holy place.
En uitgeroep, Manne van Israel, help: Dit is die man, wat oral teen die volk, en die wet, en hierdie plek leer: en verder het hy ook Grieke in die tempel ingebring, en hierdie heilige plek verontreinig.
29
(For they had seen before with him in the city Trophimus an Ephesian, whom they supposed that Paul had brought into the temple.)
(Want hulle het tevore saam met hom in die stad Trofimus ’n Efesiër gesien, wat hulle veronderstel het dat Paulus in die tempel ingebring het.)
30
And all the city was moved, and the people ran together: and they took Paul, and drew him out of the temple: and forthwith the doors were shut.
En die hele stad is in beweging gebring, en die mense het saamgehardloop: en hulle het Paulus geneem, en hom uit die tempel uitgeleep: en dadelik is die deure toegesluit.
31
And as they went about to kill him, tidings came unto the chief captain of the band, that all Jerusalem was in an uproar.
En soos hulle gesoek het om hom dood te maak, het die tyding tot die hoofman oor ’n duisend van die skare gekom, dat die hele Jérusalem in verwarring was.
32
Who immediately took soldiers and centurions, and ran down unto them: and when they saw the chief captain and the soldiers, they left beating of Paul.
Wat dadelik soldate en honderdmanne geneem het, en na hulle afgehardloop. En toe hulle die hoofman oor ‚'n duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.
33
Then the chief captain came near, and took him, and commanded [him] to be bound with two chains; and demanded who he was, and what he had done.
Toe het die hoofman oor ‚'n duisend nader gekom, en hom geneem, en beveel dat hy met twee kettings gebind word; en gevra wie hy was, en wat hy gedoen het.
34
And some cried one thing, some another, among the multitude: and when he could not know the certainty for the tumult, he commanded him to be carried into the castle.
En sommige het een ding onder die menigte uitgeroep, en sommige ‚'n ander: en toe hy niks seker kon weet om die opskudding nie, het hy beveel dat hy in die kasteel gebring word.
35
And when he came upon the stairs, so it was, that he was borne of the soldiers for the violence of the people.
En toe hy by die trappe gekom het, so is dit gebeur, dat hy gedra is van die soldate om die geweld van die mense;
36
For the multitude of the people followed after, crying, Away with him.
Want die menigte van die mense het agter gevolg, en uitgeroep, Weg met hom.
37
And as Paul was to be led into the castle, he said unto the chief captain, May I speak unto thee? Who said, Canst thou speak Greek?
En soos Paulus op die punt was om in die kasteel gebring te word, het hy tot die hoofman oor ’n duisend gesê, Mag ek met jou spreek? Wat gesê het, Kan jy Grieks praat?
38
Art not thou that Egyptian, which before these days madest an uproar, and leddest out into the wilderness four thousand men that were murderers?
Is jy nie daardie Egiptenaar nie, wat voor hierdie dae ‚'n oproer gemaak het, en vier duisend manne wat moordenaars was in die wildernis uitgelei het?
39
But Paul said, I am a man [which am] a Jew of Tarsus, [a city] in Cilicia, a citizen of no mean city: and, I beseech thee, suffer me to speak unto the people.
Maar Paulus het gesê, Ek is ’n man wat ’n Jood is van Tarsus, ’n burger van geen geringe stad in Silisië nie: en, ek bid jou, laat my tot die volk spreek.
40
And when he had given him licence, Paul stood on the stairs, and beckoned with the hand unto the people. And when there was made a great silence, he spake unto [them] in the Hebrew tongue, saying,
En toe hy hom verlof gegee het, het Paulus op die trappe gestaan, en met die hand stilgemaak tot die volk. En toe daar ’n groot stilte was, het hy tot hulle in die Hebreeuse taal gespreek, sê,