King James Version
AFR DVK
1
Give ear, O ye heavens, and I will speak; and hear, O earth, the words of my mouth.
Gee gehoor, o hemele, en ek sal spreek; en hoor, o aarde, die woorde van my mond.
2
My doctrine shall drop as the rain, my speech shall distil as the dew, as the small rain upon the tender herb, and as the showers upon the grass:
My leer moet neerdal soos die reën, my spraak moet drup soos die dou, soos die reënbuitjies op die sagte gras, en soos die reënstortings op die kruid:
3
Because I will publish the name of the LORD: ascribe ye greatness unto our God.
Omdat ek die Naam van die HERE sal verkondig: skryf grootheid toe aan onse God.
4
[He is] the Rock, his work [is] perfect: for all his ways [are] judgment: a God of truth and without iniquity, just and right [is] he.
Hy is die Rots, sy werk is volkome: want al sy weë is oordeel: ’n God van waarheid en sonder ongeregtigheid, regverdig en reg is Hy.
5
They have corrupted themselves, their spot [is] not [the spot] of his children: [they are] a perverse and crooked generation.
Hulle het hulle self verdorwe, hulle is nie sy kinders nie: dit is hulle smet: hulle is ‚'n verkeerde en verdraaide geslag.
6
Do ye thus requite the LORD, O foolish people and unwise? [is] not he thy father [that] hath bought thee? hath he not made thee, and established thee?
Vergeld julle die HERE so, o dwase volk en onwyse? is Hy nie jou vader wat jou gekoop het nie? het Hy jou nie gemaak, en jou gevestig nie?
7
Remember the days of old, consider the years of many generations: ask thy father, and he will shew thee; thy elders, and they will tell thee.
Gedenk die dae van ouds, oorweeg die jare van baie geslagte: vra jou vader, en hy sal dit jou verklaar; jou ouderlinge, en hulle sal dit jou sê.
8
When the most High divided to the nations their inheritance, when he separated the sons of Adam, he set the bounds of the people according to the number of the children of Israel.
Toe die Allerhoogste die nasies hulle erfenis gegee het, toe Hy die seuns van Adam van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke gestel volgens die getal van die kinders van Israel.
9
For the LORD’S portion [is] his people; Jacob [is] the lot of his inheritance.
Want die HERE se deel is sy volk; Jakob is die lot van sy erfenis.
10
He found him in a desert land, and in the waste howling wilderness; he led him about, he instructed him, he kept him as the apple of his eye.
Hy het hom gevind in ‚'n woestyn land, en in die woeste huilende wildernis; Hy het hom gelei, Hy het hom onderrig, Hy het hom bewaar soos die appel van sy oog.
11
As an eagle stirreth up her nest, fluttereth over her young, spreadeth abroad her wings, taketh them, beareth them on her wings:
Soos ‚'n arend sy nes opwek, oor sy jonges fladder, sy vlerke uitsprei, hulle neem, hulle dra op sy vlerke:
12
[So] the LORD alone did lead him, and [there was] no strange god with him.
So het die HERE alleen hom gelei, en daar was geen vreemde god by Hom nie.
13
He made him ride on the high places of the earth, that he might eat the increase of the fields; and he made him to suck honey out of the rock, and oil out of the flinty rock;
Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, dat hy die toename van die velde mag eet; en Hy het hom heuning laat suig uit die rots, en olie uit die keisteenrots;
14
Butter of kine, and milk of sheep, with fat of lambs, and rams of the breed of Bashan, and goats, with the fat of kidneys of wheat; and thou didst drink the pure blood of the grape.
Botter van beeste, en melk van skape, met vet van lammers, en ramme van die ras van Basan, en bokke, met die vet van niere van koring; en jy het die suiwer bloed van die druiwe gedrink.
15
But Jeshurun waxed fat, and kicked: thou art waxen fat, thou art grown thick, thou art covered [with fatness]; then he forsook God [which] made him, and lightly esteemed the Rock of his salvation.
Maar Jesurun het vet geword, en geskop: jy het vet geword, jy het dik geword, jy het met vet bedek geword; toe het hy God verlaat wat hom gemaak het, en die Rots van sy heil geringgeskat.
16
They provoked him to jealousy with strange [gods], with abominations provoked they him to anger.
Hulle het Hom tot ywer gewek met vreemde gode, met gruwels het hulle Hom geterg.
17
They sacrificed unto devils, not to God; to gods whom they knew not, to new [gods that] came newly up, whom your fathers feared not.
Hulle het aan duiwels geoffer, nie aan God nie; aan gode wat hulle nie geken het nie, tot nuwe gode wat van naby gekom het, wat julle vaders nie gevrees het nie.
18
Of the Rock [that] begat thee thou art unmindful, and hast forgotten God that formed thee.
Van die Rots wat jou verwek het, het jy onagsaam geword, en jy het God vergeet wat jou gevorm het.
19
And when the LORD saw [it], he abhorred [them], because of the provoking of his sons, and of his daughters.
En toe die HERE dit sien, het Hy hulle verag, vanweë die terging van sy seuns, en van sy dogters.
20
And he said, I will hide my face from them, I will see what their end [shall be]: for they [are] a very froward generation, children in whom [is] no faith.
En Hy het gesê, Ek sal my aangesig vir hulle verberg, ek sal sien wat hulle einde sal wees: want hulle is ’n baie verdorwe geslag, kinders in wie geen geloof is nie.
21
They have moved me to jealousy with [that which is] not God; they have provoked me to anger with their vanities: and I will move them to jealousy with [those which are] not a people; I will provoke them to anger with a foolish nation.
Hulle het My tot ywer gewek deur dit wat nie God is nie; hulle het My geterg met hulle ydelhede: en ek sal hulle tot ywer wek deur dié wat nie ’n volk is nie; ek sal hulle terg met ’n dwase nasie.
22
For a fire is kindled in mine anger, and shall burn unto the lowest hell, and shall consume the earth with her increase, and set on fire the foundations of the mountains.
Want ‚'n vuur is aangesteek in my toorn, en sal brand tot die onderste doderyk, en die aarde met haar toename verteer, en die fondamente van die berge aan die brand steek.
23
I will heap mischiefs upon them; I will spend mine arrows upon them.
Ek sal rampe op hulle ophoop; ek sal my pyle op hulle verspil.
24
[They shall be] burnt with hunger, and devoured with burning heat, and with bitter destruction: I will also send the teeth of beasts upon them, with the poison of serpents of the dust.
Hulle sal verteer word met honger, en verteer word met brandende hitte, en met bitter vernietiging: ek sal ook die tande van diere onder hulle stuur, met die gif van die slange van die stof.
25
The sword without, and terror within, shall destroy both the young man and the virgin, the suckling [also] with the man of gray hairs.
Die swaard van buite, en verskrikking van binne, sal die jongman en die maagd vernietig, die suigeling ook met die man van grys hare.
26
I said, I would scatter them into corners, I would make the remembrance of them to cease from among men:
Ek het gesê, Ek sou hulle tot hoeke verstrooi, ek sou hulle herinnering van onder die mense laat ophou;
27
Were it not that I feared the wrath of the enemy, lest their adversaries should behave themselves strangely, [and] lest they should say, Our hand [is] high, and the LORD hath not done all this.
As dit nie was dat ek die toorn van die vyand gevrees het nie, dat hulle teëstanders hulle sou mislei, en sê, Ons hand is hoog, en die HERE het nie al hierdie dinge gedoen nie.
28
For they [are] a nation void of counsel, neither [is there any] understanding in them.
Want hulle is ‚'n nasie sonder raad, en daar is geen verstand in hulle nie.
29
O that they were wise, [that] they understood this, [that] they would consider their latter end!
Ag, dat hulle wys was, dat hulle dit verstaan het, dat hulle hulle laaste einde bedink het!
30
How should one chase a thousand, and two put ten thousand to flight, except their Rock had sold them, and the LORD had shut them up?
Hoe sou een ‚'n duisend agtervolg, en twee tien duisend op die vlug jaag, as dit nie was dat hulle Rots hulle verkoop het, en die HERE hulle opgesluit het nie?
31
For their rock [is] not as our Rock, even our enemies themselves [being] judges.
Want hulle rots is nie soos onse Rots nie, selfs ons vyande self is regters.
32
For their vine [is] of the vine of Sodom, and of the fields of Gomorrah: their grapes [are] grapes of gall, their clusters [are] bitter:
Want hulle wingerd is van die wingerd van Sodom, en van die velde van Gomorra: hulle druiwe is galdruiwe, hulle trosse is bitter:
33
Their wine [is] the poison of dragons, and the cruel venom of asps.
Hulle wyn is die gif van drake, en die wrede gif van asps.
34
[Is] not this laid up in store with me, [and] sealed up among my treasures?
Is dit nie by My bymekaargemaak, en verseël onder my skatte nie?
35
To me [belongeth] vengeance, and recompence; their foot shall slide in [due] time: for the day of their calamity [is] at hand, and the things that shall come upon them make haste.
Aan My behoort die wraak, en die vergelding; hulle voet sal in die tyd gly: want die dag van hulle verderf is naby, en die dinge wat oor hulle kom, maak haastig.
36
For the LORD shall judge his people, and repent himself for his servants, when he seeth that [their] power is gone, and [there is] none shut up, or left.
Want die HERE sal sy volk oordeel, en Hom oor sy dienaars ontferm, wanneer Hy sien dat hulle mag weg is, en daar niemand toegesluit of oorgebly is nie.
37
And he shall say, Where [are] their gods, [their] rock in whom they trusted,
En Hy sal sê, Waar is hulle gode, hulle rots waarin hulle vertrou het,
38
Which did eat the fat of their sacrifices, [and] drank the wine of their drink offerings? let them rise up and help you, [and] be your protection.
Wat die vet van hulle offers geëet het, en die wyn van hulle drankoffers gedrink het? laat hulle opstaan en julle help, en julle beskutting wees.
39
See now that I, [even] I, [am] he, and [there is] no god with me: I kill, and I make alive; I wound, and I heal: neither [is there any] that can deliver out of my hand.
Sien nou dat ek, selfs ek, dit is, en daar is geen god by My nie: ek maak dood, en ek maak lewendig; ek wond, en ek genees: en daar is niemand wat uit my hand kan red nie.
40
For I lift up my hand to heaven, and say, I live for ever.
Want ek hef my hand op na die hemel, en sê, Ek lewe vir ewig.
41
If I whet my glittering sword, and mine hand take hold on judgment; I will render vengeance to mine enemies, and will reward them that hate me.
As ek my blink swaard skerp maak, en my hand die oordeel aangryp; ek sal wraak vergeld op my teëstanders, en ek sal vergeld aan hulle wat My haat.
42
I will make mine arrows drunk with blood, and my sword shall devour flesh; [and that] with the blood of the slain and of the captives, from the beginning of revenges upon the enemy.
Ek sal my pyle dronk maak met bloed, en my swaard sal vlees eet; en dit met die bloed van die wat doodgemaak is en van die gevangenes, van die begin van wraak op die vyand.
43
Rejoice, O ye nations, [with] his people: for he will avenge the blood of his servants, and will render vengeance to his adversaries, and will be merciful unto his land, [and] to his people.
Jubel, o julle nasies, met sy volk: want Hy sal die bloed van sy dienaars wreek, en wraak vergeld aan sy teëstanders, en barmhartig wees aan sy land, en aan sy volk.
44
And Moses came and spake all the words of this song in the ears of the people, he, and Hoshea the son of Nun.
En Moses het gekom en al die woorde van hierdie lied in die ore van die volk gespreek, hy, en Josua die seun van Nun.
45
And Moses made an end of speaking all these words to all Israel:
En Moses het klaar gemaak met al hierdie woorde tot die hele Israel te spreek:
46
And he said unto them, Set your hearts unto all the words which I testify among you this day, which ye shall command your children to observe to do, all the words of this law.
En hy het tot hulle gesê, Sit julle harte op al die woorde wat ek vandag onder julle betuig, wat julle julle kinders moet beveel om sorgvuldig te doen, al die woorde van hierdie wet.
47
For it [is] not a vain thing for you; because it [is] your life: and through this thing ye shall prolong [your] days in the land, whither ye go over Jordan to possess it.
Want dit is nie ‚'n ydele ding vir julle nie; omdat dit julle lewe is: en deur hierdie ding moet julle julle dae verleng in die land, waarheen julle oortrek oor die Jordaan om dit te besit.
48
And the LORD spake unto Moses that selfsame day, saying,
En die HERE het tot Moses dieselfde dag gespreek, en gesê,
49
Get thee up into this mountain Abarim, [unto] mount Nebo, which [is] in the land of Moab, that [is] over against Jericho; and behold the land of Canaan, which I give unto the children of Israel for a possession:
Klim op in hierdie berg Abarím, tot by die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor Jérigo is; en aanskou die land Kanaän, wat ek aan die kinders van Israel gee tot ’n besitting:
50
And die in the mount whither thou goest up, and be gathered unto thy people; as Aaron thy brother died in mount Hor, and was gathered unto his people:
En sterwe in die berg waarheen jy opgaan, en word by jou volk versamel; soos Aäron jou broer in die berg Hor gesterwe het, en by sy volk versamel is:
51
Because ye trespassed against me among the children of Israel at the waters of MeribahKadesh, in the wilderness of Zin; because ye sanctified me not in the midst of the children of Israel.
Omdat julle teen My oortree het onder die kinders van Israel by die waters van Meríba-Kades, in die wildernis van Sin; omdat julle My nie geheilig het onder die kinders van Israel nie.
52
Yet thou shalt see the land before [thee]; but thou shalt not go thither unto the land which I give the children of Israel.
Tog moet jy die land voor jou aanskou; maar jy sal nie daarheen ingaan, in die land wat ek aan die kinders van Israel gee nie.