← Eksodus 12 Eksodus — Exodus 13 Eksodus 14 →
King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
2
Sanctify unto me all the firstborn, whatsoever openeth the womb among the children of Israel, [both] of man and of beast: it [is] mine.
Heilig vir My al die eersgeborenes, wat ook al die baarmoeder oopmaak onder die kinders van Israel, beide van mens en van dier: dit is Myne.
3
And Moses said unto the people, Remember this day, in which ye came out from Egypt, out of the house of bondage; for by strength of hand the LORD brought you out from this [place]: there shall no leavened bread be eaten.
En Moses het tot die volk gesê, Dink aan hierdie dag, waarop julle uit Egipte, uit die huis van diensbaarheid, uitgegaan het; want deur sterkte van hand het die HERE julle hieruit uitgelei: en daar mag geen gesuurde brood geëet word nie.
4
This day came ye out in the month Abib.
Hierdie dag het julle uitgegaan in die maand Abib.
5
And it shall be when the LORD shall bring thee into the land of the Canaanites, and the Hittites, and the Amorites, and the Hivites, and the Jebusites, which he sware unto thy fathers to give thee, a land flowing with milk and honey, that thou shalt keep this service in this month.
En dit sal gebeur, wanneer die HERE jou bring in die land van die Kanaäniete, en die Hetiete, en die Amoriete, en die Hewiete, en die Jebusiete, wat Hy aan jou vaders gesweer het om aan jou te gee, ’n land wat oorvloei van melk en heuning, dat jy hierdie diens in hierdie maand moet onderhou.
6
Seven days thou shalt eat unleavened bread, and in the seventh day [shall be] a feast to the LORD.
Sewe dae moet jy ongesuurde brood eet, en op die sewende dag moet daar ‚'n fees vir die HERE wees.
7
Unleavened bread shall be eaten seven days; and there shall no leavened bread be seen with thee, neither shall there be leaven seen with thee in all thy quarters.
Ongesuurde brood moet sewe dae lank geëet word; en daar mag geen gesuurde brood by jou gesien word nie, en daar mag geen suurdeeg by jou gesien word in al jou grense nie.
8
And thou shalt shew thy son in that day, saying, [This is done] because of that [which] the LORD did unto me when I came forth out of Egypt.
En jy moet jou seun op daardie dag vertel, en sê, Dit is vanweë dit wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgegaan het.
9
And it shall be for a sign unto thee upon thine hand, and for a memorial between thine eyes, that the LORD’S law may be in thy mouth: for with a strong hand hath the LORD brought thee out of Egypt.
En dit sal vir jou wees as ’n teken op jou hand, en as ’n gedenkteken tussen jou oë, dat die wet van die HERE in jou mond mag wees: want met ’n sterk hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei.
10
Thou shalt therefore keep this ordinance in his season from year to year.
Jy moet daarom hierdie insetting onderhou op sy bepaalde tyd van jaar tot jaar.
11
And it shall be when the LORD shall bring thee into the land of the Canaanites, as he sware unto thee and to thy fathers, and shall give it thee,
En dit sal gebeur, wanneer die HERE jou bring in die land van die Kanaäniete, soos Hy vir jou en jou vaders gesweer het, en dit aan jou gee,
12
That thou shalt set apart unto the LORD all that openeth the matrix, and every firstling that cometh of a beast which thou hast; the males [shall be] the LORD’S.
Dat jy aan die HERE moet oorgee al wat die baarmoeder oopmaak, en elke eersgeborene wat van ‚'n dier kom wat jy het; die manlikes moet die HERE s‚'n wees.
13
And every firstling of an ass thou shalt redeem with a lamb; and if thou wilt not redeem it, then thou shalt break his neck: and all the firstborn of man among thy children shalt thou redeem.
En elke eersgeborene van ‚'n esel moet jy met ‚'n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, dan moet jy dit die nek breek: en elke eersgeborene van die mens onder jou seuns moet jy loskoop.
14
And it shall be when thy son asketh thee in time to come, saying, What [is] this? that thou shalt say unto him, By strength of hand the LORD brought us out from Egypt, from the house of bondage:
En dit sal gebeur, wanneer jou seun jou in die toekoms vra, en sê, Wat is dit? dat jy tot hom moet sê, Met sterkte van hand het die HERE ons uit Egipte, uit die huis van diensbaarheid, uitgelei:
15
And it came to pass, when Pharaoh would hardly let us go, that the LORD slew all the firstborn in the land of Egypt, both the firstborn of man, and the firstborn of beast: therefore I sacrifice to the LORD all that openeth the matrix, being males; but all the firstborn of my children I redeem.
En dit het gebeur, toe Farao hardnekkig was om ons te laat gaan, dat die HERE al die eersgeborenes in die land Egipte doodgemaak het, beide die eersgeborene van mens, en die eersgeborene van dier: daarom offer ek aan die HERE al wat die baarmoeder oopmaak, wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.
16
And it shall be for a token upon thine hand, and for frontlets between thine eyes: for by strength of hand the LORD brought us forth out of Egypt.
En dit sal wees as ’n teken op jou hand, en as voorhoofsbande tussen jou oë: want met sterkte van hand het die HERE ons uit Egipte uitgelei.
17
And it came to pass, when Pharaoh had let the people go, that God led them not [through] the way of the land of the Philistines, although that [was] near; for God said, Lest peradventure the people repent when they see war, and they return to Egypt:
En dit het gebeur, toe Farao die volk laat gaan het, dat God hulle nie gelei het deur die pad van die land van die Filistyne nie, al was dit naby; want God het gesê, Dat die volk miskien nie berou kry wanneer hulle oorlog sien, en na Egipte terugkeer nie:
18
But God led the people about, [through] the way of the wilderness of the Red sea: and the children of Israel went up harnessed out of the land of Egypt.
Maar God het die volk omgelei, deur die pad van die wildernis van die Skelfsee: en die kinders van Israel het gewapen opgetrek uit die land Egipte.
19
And Moses took the bones of Joseph with him: for he had straitly sworn the children of Israel, saying, God will surely visit you; and ye shall carry up my bones away hence with you.
En Moses het die beendere van Josef saamgeneem: want hy het die kinders van Israel sekerlik laat sweer, en gesê, God sal julle sekerlik besoek; en julle moet my beendere van hier af saam met julle opbring.
20
And they took their journey from Succoth, and encamped in Etham, in the edge of the wilderness.
En hulle het van Sukkot vertrek, en in Etam, aan die rand van die wildernis, kamp opgeslaan.
21
And the LORD went before them by day in a pillar of a cloud, to lead them the way; and by night in a pillar of fire, to give them light; to go by day and night:
En die HERE het voor hulle uitgegaan by dag in ‚'n wolkkolom, om hulle die pad te lei; en by nag in ‚'n vuurkolom, om vir hulle lig te gee; om te gaan by dag en by nag:
22
He took not away the pillar of the cloud by day, nor the pillar of fire by night, [from] before the people.
Hy het die wolkkolom by dag, of die vuurkolom by nag, nie van voor die volk weggehaal nie.