King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
2
Speak unto the children of Israel, that they turn and encamp before Pihahiroth, between Migdol and the sea, over against Baalzephon: before it shall ye encamp by the sea.
Spreek tot die kinders van Israel, dat hulle omdraai en kamp opslaan voor Pi-Hagirot, tussen Migdol en die see, voor Baäl-Sefon: daarvoor moet julle by die see kamp opslaan.
3
For Pharaoh will say of the children of Israel, They [are] entangled in the land, the wilderness hath shut them in.
Want Farao sal van die kinders van Israel sê, Hulle is verwar in die land, die wildernis het hulle toegesluit.
4
And I will harden Pharaoh’s heart, that he shall follow after them; and I will be honoured upon Pharaoh, and upon all his host; that the Egyptians may know that I [am] the LORD. And they did so.
En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek sal geëer word aan Farao, en aan al sy leër; dat die Egiptenaars mag weet dat Ek die HERE is. En hulle het so gedoen.
5
And it was told the king of Egypt that the people fled: and the heart of Pharaoh and of his servants was turned against the people, and they said, Why have we done this, that we have let Israel go from serving us?
En dit is aan die koning van Egipte vertel dat die volk gevlug het: en die hart van Farao en van sy dienaars is omgedraai teen die volk, en hulle het gesê, Waarom het ons dit gedoen, dat ons Israel uit ons diens laat gaan het?
6
And he made ready his chariot, and took his people with him:
En hy het sy strydwa gereed gemaak, en sy volk saam met hom geneem:
7
And he took six hundred chosen chariots, and all the chariots of Egypt, and captains over every one of them.
En hy het seshonderd uitgesoekte strydwaens geneem, en al die strydwaens van Egipte, en owerstes oor elkeen van hulle.
8
And the LORD hardened the heart of Pharaoh king of Egypt, and he pursued after the children of Israel: and the children of Israel went out with an high hand.
En die HERE het die hart van Farao koning van Egipte verhard, en hy het die kinders van Israel agtervolg: en die kinders van Israel het met ’n hoë hand uitgegaan.
9
But the Egyptians pursued after them, all the horses [and] chariots of Pharaoh, and his horsemen, and his army, and overtook them encamping by the sea, beside Pihahiroth, before Baalzephon.
Maar die Egiptenaars het hulle agtervolg, al die perde en strydwaens van Farao, en sy ruiters, en sy leër, en het hulle ingehaal toe hulle kamp opgeslaan het by die see, by Pi-Hagirot, voor Baäl-Sefon.
10
And when Pharaoh drew nigh, the children of Israel lifted up their eyes, and, behold, the Egyptians marched after them; and they were sore afraid: and the children of Israel cried out unto the LORD.
En toe Farao nader gekom het, het die kinders van Israel hulle oë opgeslaan, en kyk, die Egiptenaars trek agter hulle aan; en hulle was baie bevrees: en die kinders van Israel het tot die HERE geroep.
11
And they said unto Moses, Because [there were] no graves in Egypt, hast thou taken us away to die in the wilderness? wherefore hast thou dealt thus with us, to carry us forth out of Egypt?
En hulle het tot Moses gesê, Omdat daar geen grafte in Egipte was nie, het jy ons geneem om in die wildernis te sterwe? Waarom het jy so met ons gehandel, om ons uit Egipte uit te lei?
12
[Is] not this the word that we did tell thee in Egypt, saying, Let us alone, that we may serve the Egyptians? For [it had been] better for us to serve the Egyptians, than that we should die in the wilderness.
Is dit nie die woord wat ons tot jou in Egipte gespreek het, en gesê het, Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars mag dien nie? Want dit was beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die wildernis te sterwe.
13
And Moses said unto the people, Fear ye not, stand still, and see the salvation of the LORD, which he will shew to you to day: for the Egyptians whom ye have seen to day, ye shall see them again no more for ever.
En Moses het tot die volk gesê, Vrees nie, staan stil, en sien die verlossing van die HERE, wat Hy julle vandag sal bewys: want die Egiptenaars wat julle vandag sien, sal julle nooit weer sien tot in ewigheid nie.
14
The LORD shall fight for you, and ye shall hold your peace.
Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
15
And the LORD said unto Moses, Wherefore criest thou unto me? speak unto the children of Israel, that they go forward:
En die HERE het tot Moses gesê, Waarom roep jy tot My? Spreek tot die kinders van Israel, dat hulle vorentoe trek:
16
But lift thou up thy rod, and stretch out thine hand over the sea, and divide it: and the children of Israel shall go on dry [ground] through the midst of the sea.
Maar jy, hef jou staf op, en steek jou hand uit oor die see, en verdeel dit: en die kinders van Israel sal op droë grond deur die midde van die see gaan.
17
And I, behold, I will harden the hearts of the Egyptians, and they shall follow them: and I will get me honour upon Pharaoh, and upon all his host, upon his chariots, and upon his horsemen.
En Ek, kyk, Ek sal die harte van die Egiptenaars verhard, en hulle sal agter hulle aangaan: en Ek sal geëer word aan Farao, en aan al sy leër, aan sy strydwaens, en aan sy ruiters.
18
And the Egyptians shall know that I [am] the LORD, when I have gotten me honour upon Pharaoh, upon his chariots, and upon his horsemen.
En die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is, wanneer Ek geëer word aan Farao, aan sy strydwaens, en aan sy ruiters.
19
And the angel of God, which went before the camp of Israel, removed and went behind them; and the pillar of the cloud went from before their face, and stood behind them:
En die engel van God, wat voor die leër van Israel uitgegaan het, het verhuis en agter hulle aangegaan; en die wolkkolom het van voor hulle af verhuis, en agter hulle gaan staan:
20
And it came between the camp of the Egyptians and the camp of Israel; and it was a cloud and darkness [to them], but it gave light by night [to these]: so that the one came not near the other all the night.
En dit het tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel gekom; en dit was ’n wolk en duisternis vir die een, maar dit het die nag vir die ander verlig: sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag nie.
21
And Moses stretched out his hand over the sea; and the LORD caused the sea to go [back] by a strong east wind all that night, and made the sea dry [land], and the waters were divided.
En Moses het sy hand uitgesteek oor die see; en die HERE het die see die hele nag deur ‚'n sterk oostewind laat terugdrywe, en die see droog gemaak, en die waters is verdeel.
22
And the children of Israel went into the midst of the sea upon the dry [ground]: and the waters [were] a wall unto them on their right hand, and on their left.
En die kinders van Israel het in die midde van die see op droë grond gegaan: en die waters was ’n muur vir hulle aan hulle regterhand en aan hulle linkerhand.
23
And the Egyptians pursued, and went in after them to the midst of the sea, [even] all Pharaoh’s horses, his chariots, and his horsemen.
En die Egiptenaars het agtervolg, en al Farao se perde, sy strydwaens, en sy ruiters het agter hulle aan in die midde van die see ingegaan.
24
And it came to pass, that in the morning watch the LORD looked unto the host of the Egyptians through the pillar of fire and of the cloud, and troubled the host of the Egyptians,
En dit het gebeur in die môrewag, dat die HERE na die leër van die Egiptenaars gekyk het deur die vuurkolom en die wolk, en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring het,
25
And took off their chariot wheels, that they drave them heavily: so that the Egyptians said, Let us flee from the face of Israel; for the LORD fighteth for them against the Egyptians.
En die wiele van hulle strydwaens afgehaal het, sodat hulle dit swaar gery het: toe het die Egiptenaars gesê, Laat ons vlug van die aangesig van Israel af; want die HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars.
26
And the LORD said unto Moses, Stretch out thine hand over the sea, that the waters may come again upon the Egyptians, upon their chariots, and upon their horsemen.
En die HERE het tot Moses gesê, Steek jou hand uit oor die see, dat die waters mag terugkom oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens, en oor hulle ruiters.
27
And Moses stretched forth his hand over the sea, and the sea returned to his strength when the morning appeared; and the Egyptians fled against it; and the LORD overthrew the Egyptians in the midst of the sea.
En Moses het sy hand uitgesteek oor die see, en die see het teen dagbreek na sy krag teruggekeer; en die Egiptenaars het daarteenoor gevlug; en die HERE het die Egiptenaars omgekeer in die midde van die see.
28
And the waters returned, and covered the chariots, and the horsemen, [and] all the host of Pharaoh that came into the sea after them; there remained not so much as one of them.
En die waters het teruggekeer, en die strydwaens, en die ruiters, en al die leër van Farao wat agter hulle aan in die see ingegaan het, bedek; daar het nie een van hulle oorgebly nie.
29
But the children of Israel walked upon dry [land] in the midst of the sea; and the waters [were] a wall unto them on their right hand, and on their left.
Maar die kinders van Israel het op droë grond in die midde van die see gegaan; en die waters was ’n muur vir hulle aan hulle regterhand en aan hulle linkerhand.
30
Thus the LORD saved Israel that day out of the hand of the Egyptians; and Israel saw the Egyptians dead upon the sea shore.
So het die HERE Israel daardie dag uit die hand van die Egiptenaars verlos; en Israel het die Egiptenaars dood gesien op die seestrand.
31
And Israel saw that great work which the LORD did upon the Egyptians: and the people feared the LORD, and believed the LORD, and his servant Moses.
En Israel het die groot werk gesien wat die HERE aan die Egiptenaars gedoen het: en die volk het die HERE gevrees, en in die HERE geglo, en in sy dienaar Moses.