King James Version
AFR DVK
1
And there went a man of the house of Levi, and took [to wife] a daughter of Levi.
En daar het ‚'n man van die huis van Levi gegaan, en die dogter van Levi geneem.
2
And the woman conceived, and bare a son: and when she saw him that he [was a] goodly [child], she hid him three months.
En die vrou het ontvang, en ‚'n seun gebaar: en toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank verberg.
3
And when she could not longer hide him, she took for him an ark of bulrushes, and daubed it with slime and with pitch, and put the child therein; and she laid [it] in the flags by the river’s brink.
En toe sy hom nie langer kon verberg nie, het sy vir hom ’n arkjie van riete geneem, en dit met slym en met pik bestryk, en die kind daarin gelê; en sy het dit in die riete by die oewer van die rivier neergesit.
4
And his sister stood afar off, to wit what would be done to him.
En sy suster het op ‚'n afstand gestaan om te sien wat met hom sou gebeur.
5
And the daughter of Pharaoh came down to wash [herself] at the river; and her maidens walked along by the river’s side; and when she saw the ark among the flags, she sent her maid to fetch it.
En die dogter van Farao het afgekom om haar in die rivier te was; en haar diensmaagde het by die rivier se kant geloop; en toe sy die arkjie tussen die riete sien, het sy haar diensmaagd gestuur om dit te haal.
6
And when she had opened [it], she saw the child: and, behold, the babe wept. And she had compassion on him, and said, This [is one] of the Hebrews’ children.
En toe sy dit oopmaak, het sy die kind gesien: en kyk, die seuntjie het gehuil. En sy het medelye met hom gehad, en gesê, Dit is een van die Hebreërkinders.
7
Then said his sister to Pharaoh’s daughter, Shall I go and call to thee a nurse of the Hebrew women, that she may nurse the child for thee?
Toe het sy suster tot Farao se dogter gesê, Sal ek gaan en vir jou ’n vroedvrou uit die Hebreër vroue roep, dat sy die kind vir jou kan soog?
8
And Pharaoh’s daughter said to her, Go. And the maid went and called the child’s mother.
En Farao se dogter het tot haar gesê, Gaan. En die meisie het gegaan en die kind se moeder geroep.
9
And Pharaoh’s daughter said unto her, Take this child away, and nurse it for me, and I will give [thee] thy wages. And the woman took the child, and nursed it.
En Farao se dogter het tot haar gesê, Neem hierdie kind weg, en soog hom vir my, en ek sal jou jou loon gee. En die vrou het die kind geneem, en hom gesoog.
10
And the child grew, and she brought him unto Pharaoh’s daughter, and he became her son. And she called his name Moses: and she said, Because I drew him out of the water.
En die kind het grootgeword, en sy het hom na Farao se dogter gebring, en hy het haar seun geword. En sy het sy naam Moses genoem: en sy het gesê, Omdat ek hom uit die water uitgetrek het.
11
And it came to pass in those days, when Moses was grown, that he went out unto his brethren, and looked on their burdens: and he spied an Egyptian smiting an Hebrew, one of his brethren.
En dit het gebeur in daardie dae, toe Moses groot geword het, dat hy uitgegaan het na sy broers, en hulle laste aangesien het: en hy het ’n Egiptiese man gesien wat ’n Hebreër, een van sy broers, slaan.
12
And he looked this way and that way, and when he saw that [there was] no man, he slew the Egyptian, and hid him in the sand.
En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan, en hom in die sand weggesteek.
13
And when he went out the second day, behold, two men of the Hebrews strove together: and he said to him that did the wrong, Wherefore smitest thou thy fellow?
En toe hy die tweede dag uitgaan, kyk, daar stry twee Hebreërmanne met mekaar: en hy het tot die een wat onreg was, gesê, Waarom slaan jy jou naaste?
14
And he said, Who made thee a prince and a judge over us? intendest thou to kill me, as thou killedst the Egyptian? And Moses feared, and said, Surely this thing is known.
En hy het gesê, Wie het jou tot ’n owerste en ’n regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te maak soos jy die Egiptenaar doodgemaak het? En Moses was bevrees, en het gesê, Sekerlik is hierdie saak bekend.
15
Now when Pharaoh heard this thing, he sought to slay Moses. But Moses fled from the face of Pharaoh, and dwelt in the land of Midian: and he sat down by a well.
Nou toe Farao hierdie saak hoor, het hy gesoek om Moses dood te maak. Maar Moses het van die aangesig van Farao gevlug, en in die land Midian gewoon: en hy het by ‚'n put gaan sit.
16
Now the priest of Midian had seven daughters: and they came and drew [water], and filled the troughs to water their father’s flock.
Nou het die priester van Midian sewe dogters gehad: en hulle het gekom en water geskep, en die trogge gevul om hulle vader se kudde te laat drink.
17
And the shepherds came and drove them away: but Moses stood up and helped them, and watered their flock.
En die herders het gekom en hulle weggedryf: maar Moses het opgestaan en hulle gehelp, en hulle kudde laat drink.
18
And when they came to Reuel their father, he said, How [is it that] ye are come so soon to day?
En toe hulle by Reüel hulle vader kom, het hy gesê, Hoe is dit dat julle vandag so gou kom?
19
And they said, An Egyptian delivered us out of the hand of the shepherds, and also drew [water] enough for us, and watered the flock.
En hulle het gesê, ’n Egiptiese man het ons uit die hand van die herders gered, en hy het ook genoeg vir ons geskep, en die kudde laat drink.
20
And he said unto his daughters, And where [is] he? why [is] it [that] ye have left the man? call him, that he may eat bread.
En hy het tot sy dogters gesê, En waar is hy? Waarom het julle die man gelos? Roep hom, dat hy brood mag eet.
21
And Moses was content to dwell with the man: and he gave Moses Zipporah his daughter.
En Moses was tevrede om by die man te woon: en hy het Zippora sy dogter aan Moses gegee.
22
And she bare [him] a son, and he called his name Gershom: for he said, I have been a stranger in a strange land.
En sy het ’n seun gebaar, en hy het sy naam Gersom genoem: want hy het gesê, Ek was ’n vreemdeling in ’n vreemde land.
23
And it came to pass in process of time, that the king of Egypt died: and the children of Israel sighed by reason of the bondage, and they cried, and their cry came up unto God by reason of the bondage.
En dit het gebeur in die loop van daardie baie dae, dat die koning van Egipte gesterwe het: en die kinders van Israel het gesug vanweë die diens, en hulle het geroep, en hulle geroep het opgegaan tot God vanweë die diens.
24
And God heard their groaning, and God remembered his covenant with Abraham, with Isaac, and with Jacob.
En God het hulle gekerm gehoor, en God het sy verbond met Abraham, met Isak, en met Jakob onthou.
25
And God looked upon the children of Israel, and God had respect unto [them].
En God het die kinders van Israel aangesien, en God het kennis geneem.