King James Version
AFR DVK
1
Moreover thou shalt make the tabernacle [with] ten curtains [of] fine twined linen, and blue, and purple, and scarlet: [with] cherubims of cunning work shalt thou make them.
Boonop moet jy die tabernakel maak met tien gordyne van fyn getwynde linne, en blou, en pers, en skarlaken: met gerubs van kunswerk moet jy hulle maak.
2
The length of one curtain [shall be] eight and twenty cubits, and the breadth of one curtain four cubits: and every one of the curtains shall have one measure.
Die lengte van een gordyn moet agt en twintig el wees, en die breedte van een gordyn vier el: en al die gordyne moet een maat hê.
3
The five curtains shall be coupled together one to another; and [other] five curtains [shall be] coupled one to another.
Die vyf gordyne moet aan mekaar vas wees; en die ander vyf gordyne moet aan mekaar vas wees.
4
And thou shalt make loops of blue upon the edge of the one curtain from the selvedge in the coupling; and likewise shalt thou make in the uttermost edge of [another] curtain, in the coupling of the second.
En jy moet lusse van blou maak aan die rand van die een gordyn vanaf die eindste in die aaneensluiting; en so moet jy doen aan die rand van die eindste gordyn in die tweede aaneensluiting.
5
Fifty loops shalt thou make in the one curtain, and fifty loops shalt thou make in the edge of the curtain that [is] in the coupling of the second; that the loops may take hold one of another.
Vyftig lusse moet jy maak in die een gordyn, en vyftig lusse moet jy maak in die eindste van die gordyn wat in die tweede aaneensluiting is; die lusse moet die een aan die ander vas wees.
6
And thou shalt make fifty taches of gold, and couple the curtains together with the taches: and it shall be one tabernacle.
En jy moet vyftig goue hegte maak, en die gordyne met die hegte aanmekaar heg, dat dit een tabernakel mag wees.
7
And thou shalt make curtains [of] goats’ [hair] to be a covering upon the tabernacle: eleven curtains shalt thou make.
En jy moet gordyne van bokhaar maak om ‚'n tent oor die tabernakel te wees: elf gordyne moet jy maak.
8
The length of one curtain [shall be] thirty cubits, and the breadth of one curtain four cubits: and the eleven curtains [shall be all] of one measure.
Die lengte van een gordyn moet dertig el wees, en die breedte van een gordyn vier el: en die elf gordyne moet een maat hê.
9
And thou shalt couple five curtains by themselves, and six curtains by themselves, and shalt double the sixth curtain in the forefront of the tabernacle.
En jy moet vyf gordyne op hulle eie aaneenskakel, en ses gordyne op hulle eie aaneenskakel, en die sesde gordyn by die voorkant van die tent dubbelvou.
10
And thou shalt make fifty loops on the edge of the one curtain [that is] outmost in the coupling, and fifty loops in the edge of the curtain which coupleth the second.
En jy moet vyftig lusse maak aan die rand van die een gordyn wat die eindste is in die aaneensluiting, en vyftig lusse aan die rand van die gordyn wat die aaneensluiting van die tweede aaneenskakel.
11
And thou shalt make fifty taches of brass, and put the taches into the loops, and couple the tent together, that it may be one.
En jy moet vyftig koperhegte maak, en die hegte in die lusse steek, en die tent aaneenskakel, dat dit een mag wees.
12
And the remnant that remaineth of the curtains of the tent, the half curtain that remaineth, shall hang over the backside of the tabernacle.
En die oorskiet wat oorbly van die gordyne van die tent, die helfte van die gordyn wat oorbly, moet hang oor die agterkant van die tabernakel.
13
And a cubit on the one side, and a cubit on the other side of that which remaineth in the length of the curtains of the tent, it shall hang over the sides of the tabernacle on this side and on that side, to cover it.
En ‚'n el aan die een kant, en ‚'n el aan die ander kant van dit wat oorbly in die lengte van die gordyne van die tent, moet hang oor die sye van die tabernakel aan hierdie kant en aan daardie kant, om dit te bedek.
14
And thou shalt make a covering for the tent [of] rams’ skins dyed red, and a covering above [of] badgers’ skins.
En jy moet ‚'n deksel vir die tent maak van rooi geverfde ramvelle, en ‚'n deksel van dassievelle bo-oor.
15
And thou shalt make boards for the tabernacle [of] shittim wood standing up.
En jy moet die planke vir die tabernakel maak van sittimhout, staande.
16
Ten cubits [shall be] the length of a board, and a cubit and a half [shall be] the breadth of one board.
Tien el moet die lengte van ‚'n plank wees, en ‚'n el en ‚'n half die breedte van een plank.
17
Two tenons [shall there be] in one board, set in order one against another: thus shalt thou make for all the boards of the tabernacle.
Twee penne moet daar wees in een plank, gelyklopend die een aan die ander: so moet jy doen vir al die planke van die tabernakel.
18
And thou shalt make the boards for the tabernacle, twenty boards on the south side southward.
En jy moet die planke vir die tabernakel maak, twintig planke aan die suidekant suidwaarts.
19
And thou shalt make forty sockets of silver under the twenty boards; two sockets under one board for his two tenons, and two sockets under another board for his two tenons.
En jy moet veertig silwer voetstukke maak onder die twintig planke; twee voetstukke onder een plank vir sy twee penne, en twee voetstukke onder ‚'n ander plank vir sy twee penne.
20
And for the second side of the tabernacle on the north side [there shall be] twenty boards:
En vir die tweede sy van die tabernakel aan die noordekant moet daar twintig planke wees:
21
And their forty sockets [of] silver; two sockets under one board, and two sockets under another board.
En hulle veertig silwer voetstukke; twee voetstukke onder een plank, en twee voetstukke onder ‚'n ander plank.
22
And for the sides of the tabernacle westward thou shalt make six boards.
En vir die sye van die tabernakel weswaarts moet jy ses planke maak.
23
And two boards shalt thou make for the corners of the tabernacle in the two sides.
En twee planke moet jy maak vir die hoeke van die tabernakel aan die twee sye.
24
And they shall be coupled together beneath, and they shall be coupled together above the head of it unto one ring: thus shall it be for them both; they shall be for the two corners.
En hulle moet van onder af dubbel wees, en hulle moet saam volledig wees tot by die top daarvan, tot by die een ring: so moet dit wees vir hulle altwee; hulle moet vir die twee hoeke wees.
25
And they shall be eight boards, and their sockets [of] silver, sixteen sockets; two sockets under one board, and two sockets under another board.
En hulle moet agt planke wees, en hulle silwer voetstukke, sestien voetstukke; twee voetstukke onder een plank, en twee voetstukke onder ‚'n ander plank.
26
And thou shalt make bars [of] shittim wood; five for the boards of the one side of the tabernacle,
En jy moet dwarsbalke maak van sittimhout; vyf vir die planke van die een sy van die tabernakel,
27
And five bars for the boards of the other side of the tabernacle, and five bars for the boards of the side of the tabernacle, for the two sides westward.
En vyf dwarsbalke vir die planke van die ander sy van die tabernakel, en vyf dwarsbalke vir die planke van die sy van die tabernakel, vir die twee sye weswaarts.
28
And the middle bar in the midst of the boards shall reach from end to end.
En die middelste dwarsbalk in die midde van die planke moet deurloop van end tot end.
29
And thou shalt overlay the boards with gold, and make their rings [of] gold [for] places for the bars: and thou shalt overlay the bars with gold.
En jy moet die planke met goud oordek, en hulle ringe van goud maak vir plekke vir die dwarsbalke: en jy moet die dwarsbalke met goud oordek.
30
And thou shalt rear up the tabernacle according to the fashion thereof which was shewed thee in the mount.
En jy moet die tabernakel oprig volgens die manier daarvan wat jou op die berg getoon is.
31
And thou shalt make a vail [of] blue, and purple, and scarlet, and fine twined linen of cunning work: with cherubims shall it be made:
En jy moet ‚'n voorhangsel maak van blou, en pers, en skarlaken, en fyn getwynde linne van kunswerk: met gerubs moet dit gemaak word:
32
And thou shalt hang it upon four pillars of shittim [wood] overlaid with gold: their hooks [shall be of] gold, upon the four sockets of silver.
En jy moet dit hang aan vier pilare van sittimhout wat met goud oordek is: hulle hake moet van goud wees, op die vier silwer voetstukke.
33
And thou shalt hang up the vail under the taches, that thou mayest bring in thither within the vail the ark of the testimony: and the vail shall divide unto you between the holy [place] and the most holy.
En jy moet die voorhangsel hang onder die hegte, dat jy die ark van die getuienis daar binne binne die voorhangsel mag inbring: en die voorhangsel moet vir julle ‚'n skeiding wees tussen die heilige en die allerheiligste.
34
And thou shalt put the mercy seat upon the ark of the testimony in the most holy [place].
En jy moet die versoendeksel op die ark van die getuienis sit in die allerheiligste.
35
And thou shalt set the table without the vail, and the candlestick over against the table on the side of the tabernacle toward the south: and thou shalt put the table on the north side.
En jy moet die tafel buite die voorhangsel sit, en die kandelaar teenoor die tafel aan die sy van die tabernakel suidwaarts: en jy moet die tafel sit aan die noordekant.
36
And thou shalt make an hanging for the door of the tent, [of] blue, and purple, and scarlet, and fine twined linen, wrought with needlework.
En jy moet ‚'n bedekking maak vir die deur van die tent, van blou, en pers, en skarlaken, en fyn getwynde linne, geborduurde werk.
37
And thou shalt make for the hanging five pillars [of] shittim [wood], and overlay them with gold, [and] their hooks [shall be of] gold: and thou shalt cast five sockets of brass for them.
En jy moet vir die bedekking vyf pilare maak van sittimhout, en hulle met goud oordek: hulle hake moet van goud wees: en jy moet vyf koper voetstukke vir hulle giet.