King James Version
AFR DVK
1
Then wrought Bezaleel and Aholiab, and every wise hearted man, in whom the LORD put wisdom and understanding to know how to work all manner of work for the service of the sanctuary, according to all that the LORD had commanded.
Toe het Besáleël en Aholiab, en elke wyshartige man, in wie die HERE wysheid en verstand gesit het om te weet hoe om alle werk te doen vir die diens van die heiligdom, volgens alles wat die HERE beveel het, gewerk.
2
And Moses called Bezaleel and Aholiab, and every wise hearted man, in whose heart the LORD had put wisdom, [even] every one whose heart stirred him up to come unto the work to do it:
En Moses het Besáleël en Aholiab geroep, en elke wyshartige man, in wie se hart die HERE wysheid gesit het, selfs elkeen wie se hart hom beweeg het om tot die werk te kom om dit te doen:
3
And they received of Moses all the offering, which the children of Israel had brought for the work of the service of the sanctuary, to make it [withal]. And they brought yet unto him free offerings every morning.
En hulle het van Moses ontvang al die hefoffer wat die kinders van Israel gebring het vir die werk van die diens van die heiligdom, om dit te maak. En hulle het nog meer by hom gebring, vrywillige offers elke môre.
4
And all the wise men, that wrought all the work of the sanctuary, came every man from his work which they made;
En al die wyse manne, wat al die werk van die heiligdom gedoen het, het gekom, elkeen van sy werk wat hulle gedoen het;
5
And they spake unto Moses, saying, The people bring much more than enough for the service of the work, which the LORD commanded to make.
En hulle het tot Moses gespreek, en gesê, Die volk bring baie meer as genoeg vir die diens van die werk, wat die HERE beveel het om te maak.
6
And Moses gave commandment, and they caused it to be proclaimed throughout the camp, saying, Let neither man nor woman make any more work for the offering of the sanctuary. So the people were restrained from bringing.
En Moses het bevel gegee, en hulle het dit in die kamp laat uitroep, en gesê, Laat nóg man nóg vrou enige meer werk doen vir die hefoffer van die heiligdom. So is die volk dan verhinder om meer te bring.
7
For the stuff they had was sufficient for all the work to make it, and too much.
Want die stof wat hulle gehad het, was genoeg vir al die werk om dit te maak, en daar was oorskiet.
8
And every wise hearted man among them that wrought the work of the tabernacle made ten curtains [of] fine twined linen, and blue, and purple, and scarlet: [with] cherubims of cunning work made he them.
En elke wyshartige man onder hulle wat die werk van die tabernakel gedoen het, het tien gordyne gemaak van fyn getwynde linne, en blou, en pers, en skarlaken: met gerubs van kunswerk het hy hulle gemaak.
9
The length of one curtain [was] twenty and eight cubits, and the breadth of one curtain four cubits: the curtains [were] all of one size.
Die lengte van een gordyn was agt en twintig el, en die breedte van een gordyn vier el: die gordyne was almal een maat.
10
And he coupled the five curtains one unto another: and [the other] five curtains he coupled one unto another.
En hy het die vyf gordyne aan mekaar vasgemaak: en die ander vyf gordyne het hy aan mekaar vasgemaak.
11
And he made loops of blue on the edge of one curtain from the selvedge in the coupling: likewise he made in the uttermost side of [another] curtain, in the coupling of the second.
En hy het lusse van blou gemaak aan die rand van een gordyn vanaf die eindste in die aaneensluiting: so het hy ook gedoen aan die rand van die eindste gordyn in die tweede aaneensluiting.
12
Fifty loops made he in one curtain, and fifty loops made he in the edge of the curtain which [was] in the coupling of the second: the loops held one [curtain] to another.
Vyftig lusse het hy gemaak in een gordyn, en vyftig lusse het hy gemaak in die eindste van die gordyn wat in die tweede aaneensluiting was: die lusse het die een aan die ander vasgehou.
13
And he made fifty taches of gold, and coupled the curtains one unto another with the taches: so it became one tabernacle.
En hy het vyftig goue hegte gemaak, en die gordyne aanmekaar geheg met die hegte: so was dit een tabernakel.
14
And he made curtains [of] goats’ [hair] for the tent over the tabernacle: eleven curtains he made them.
En hy het gordyne van bokhaar gemaak vir die tent oor die tabernakel: elf gordyne het hy gemaak.
15
The length of one curtain [was] thirty cubits, and four cubits [was] the breadth of one curtain: the eleven curtains [were] of one size.
Die lengte van een gordyn was dertig el, en vier el was die breedte van een gordyn: die elf gordyne was een maat.
16
And he coupled five curtains by themselves, and six curtains by themselves.
En hy het vyf gordyne op hulle eie aaneengeskakel, en ses gordyne op hulle eie.
17
And he made fifty loops upon the uttermost edge of the curtain in the coupling, and fifty loops made he upon the edge of the curtain which coupleth the second.
En hy het vyftig lusse gemaak aan die rand van die eindste gordyn in die aaneensluiting, en vyftig lusse het hy gemaak aan die rand van die gordyn van die tweede aaneensluiting.
18
And he made fifty taches [of] brass to couple the tent together, that it might be one.
En hy het vyftig koperhegte gemaak om die tent aaneen te skakel, dat dit een mag wees.
19
And he made a covering for the tent [of] rams’ skins dyed red, and a covering [of] badgers’ skins above [that].
En hy het ‚'n deksel vir die tent gemaak van rooi geverfde ramvelle, en ‚'n deksel van dassievelle bo-oor.
20
And he made boards for the tabernacle [of] shittim wood, standing up.
En hy het planke vir die tabernakel gemaak van sittimhout, staande.
21
The length of a board [was] ten cubits, and the breadth of a board one cubit and a half.
Die lengte van ‚'n plank was tien el, en die breedte van ‚'n plank ‚'n el en ‚'n half.
22
One board had two tenons, equally distant one from another: thus did he make for all the boards of the tabernacle.
Een plank het twee penne gehad, gelyklopend die een aan die ander: so het hy gedoen vir al die planke van die tabernakel.
23
And he made boards for the tabernacle; twenty boards for the south side southward:
En hy het planke vir die tabernakel gemaak; twintig planke vir die suidekant suidwaarts:
24
And forty sockets of silver he made under the twenty boards; two sockets under one board for his two tenons, and two sockets under another board for his two tenons.
En veertig silwer voetstukke het hy onder die twintig planke gemaak; twee voetstukke onder een plank vir sy twee penne, en twee voetstukke onder ‚'n ander plank vir sy twee penne.
25
And for the other side of the tabernacle, [which is] toward the north corner, he made twenty boards,
En vir die ander sy van die tabernakel, wat na die noordekant is, het hy twintig planke gemaak,
26
And their forty sockets of silver; two sockets under one board, and two sockets under another board.
En hulle veertig silwer voetstukke; twee voetstukke onder een plank, en twee voetstukke onder ‚'n ander plank.
27
And for the sides of the tabernacle westward he made six boards.
En vir die sye van die tabernakel weswaarts het hy ses planke gemaak.
28
And two boards made he for the corners of the tabernacle in the two sides.
En twee planke het hy gemaak vir die hoeke van die tabernakel aan die twee sye.
29
And they were coupled beneath, and coupled together at the head thereof, to one ring: thus he did to both of them in both the corners.
En hulle was van onder af dubbel, en hulle was saam volledig tot by die top daarvan, tot by die een ring: so het hy dit gedoen vir hulle altwee in die twee hoeke.
30
And there were eight boards; and their sockets [were] sixteen sockets of silver, under every board two sockets.
En daar was agt planke; en hulle silwer voetstukke, sestien voetstukke; onder elke plank twee voetstukke.
31
And he made bars of shittim wood; five for the boards of the one side of the tabernacle,
En hy het dwarsbalke gemaak van sittimhout; vyf vir die planke van die een sy van die tabernakel,
32
And five bars for the boards of the other side of the tabernacle, and five bars for the boards of the tabernacle for the sides westward.
En vyf dwarsbalke vir die planke van die ander sy van die tabernakel, en vyf dwarsbalke vir die planke van die tabernakel vir die sye weswaarts.
33
And he made the middle bar to shoot through the boards from the one end to the other.
En hy het die middelste dwarsbalk gemaak om in die midde van die planke deur te loop van end tot end.
34
And he overlaid the boards with gold, and made their rings [of] gold [to be] places for the bars, and overlaid the bars with gold.
En hy het die planke met goud oordek, en hulle ringe van goud gemaak om plekke vir die dwarsbalke te wees, en die dwarsbalke met goud oordek.
35
And he made a vail [of] blue, and purple, and scarlet, and fine twined linen: [with] cherubims made he it of cunning work.
En hy het ‚'n voorhangsel gemaak van blou, en pers, en skarlaken, en fyn getwynde linne: met gerubs het hy dit van kunswerk gemaak.
36
And he made thereunto four pillars [of] shittim [wood], and overlaid them with gold: their hooks [were of] gold; and he cast for them four sockets of silver.
En hy het daarvoor vier pilare van sittimhout gemaak, en hulle met goud oordek: hulle hake was van goud; en hy het vier silwer voetstukke vir hulle gegiet.
37
And he made an hanging for the tabernacle door [of] blue, and purple, and scarlet, and fine twined linen, of needlework;
En hy het ‚'n bedekking gemaak vir die deur van die tent, van blou, en pers, en skarlaken, en fyn getwynde linne, van geborduurde werk;
38
And the five pillars of it with their hooks: and he overlaid their chapiters and their fillets with gold: but their five sockets [were of] brass.
En die vyf pilare daarvan met hulle hake: en hy het hulle koppe en hulle bande met goud oordek: maar hulle vyf voetstukke was van koper.