← Eksodus 39 Eksodus — Exodus 40
King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
2
On the first day of the first month shalt thou set up the tabernacle of the tent of the congregation.
Op die eerste dag van die eerste maand moet jy die tabernakel van die tent van die gemeente oprig.
3
And thou shalt put therein the ark of the testimony, and cover the ark with the vail.
En jy moet die ark van die getuienis daarin sit, en die ark bedek met die voorhangsel.
4
And thou shalt bring in the table, and set in order the things that are to be set in order upon it; and thou shalt bring in the candlestick, and light the lamps thereof.
En jy moet die tafel inbring, en dit in orde sit wat daarop behoort te wees; en jy moet die kandelaar inbring, en sy lampe aansteek.
5
And thou shalt set the altar of gold for the incense before the ark of the testimony, and put the hanging of the door to the tabernacle.
En jy moet die goue altaar vir reukwerk voor die ark van die getuienis sit, en die bedekking van die deur aan die tabernakel sit.
6
And thou shalt set the altar of the burnt offering before the door of the tabernacle of the tent of the congregation.
En jy moet die altaar van brandoffer sit voor die deur van die tabernakel van die tent van die gemeente.
7
And thou shalt set the laver between the tent of the congregation and the altar, and shalt put water therein.
En jy moet die waskom sit tussen die tent van die gemeente en die altaar, en water daarin sit.
8
And thou shalt set up the court round about, and hang up the hanging at the court gate.
En jy moet die voorhof rondom opslaan, en die bedekking by die poort van die voorhof hang.
9
And thou shalt take the anointing oil, and anoint the tabernacle, and all that [is] therein, and shalt hallow it, and all the vessels thereof: and it shall be holy.
En jy moet die salfolie neem, en die tabernakel salf, en alles wat daarin is, en dit heilig, en al die gereedskap daarvan: en dit sal heilig wees.
10
And thou shalt anoint the altar of the burnt offering, and all his vessels, and sanctify the altar: and it shall be an altar most holy.
En jy moet die altaar van brandoffer, en al sy gereedskap salf, en die altaar heilig: en dit sal ‚'n allersheiligste altaar wees.
11
And thou shalt anoint the laver and his foot, and sanctify it.
En jy moet die waskom en sy voetstuk salf, en dit heilig.
12
And thou shalt bring Aaron and his sons unto the door of the tabernacle of the congregation, and wash them with water.
En jy moet Aäron en sy seuns by die deur van die tabernakel van die gemeente bring, en hulle met water was.
13
And thou shalt put upon Aaron the holy garments, and anoint him, and sanctify him; that he may minister unto me in the priest’s office.
En jy moet Aäron die heilige klere aantrek, en hom salf, en hom heilig; dat hy My as priester mag dien.
14
And thou shalt bring his sons, and clothe them with coats:
En jy moet sy seuns bring, en hulle rokke aantrek:
15
And thou shalt anoint them, as thou didst anoint their father, that they may minister unto me in the priest’s office: for their anointing shall surely be an everlasting priesthood throughout their generations.
En jy moet hulle salf, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle My as priester mag dien: want hulle salwing moet vir hulle wees tot ‚'n ewige priesteramp deur hulle geslagte.
16
Thus did Moses: according to all that the LORD commanded him, so did he.
So het Moses dan gedoen: volgens alles wat die HERE hom beveel het, so het hy gedoen.
17
And it came to pass in the first month in the second year, on the first [day] of the month, [that] the tabernacle was reared up.
En dit het gebeur in die eerste maand in die tweede jaar, op die eerste dag van die maand, dat die tabernakel opgerig is.
18
And Moses reared up the tabernacle, and fastened his sockets, and set up the boards thereof, and put in the bars thereof, and reared up his pillars.
En Moses het die tabernakel opgerig, en sy voetstukke gesit, en sy planke opgerig, en sy dwarsbalke daarin gesteek, en sy pilare opgerig.
19
And he spread abroad the tent over the tabernacle, and put the covering of the tent above upon it; as the LORD commanded Moses.
En hy het die tent oor die tabernakel uitgesprei, en die deksel van die tent daarbo oor gesit; soos die HERE Moses beveel het.
20
And he took and put the testimony into the ark, and set the staves on the ark, and put the mercy seat above upon the ark:
En hy het die getuienis geneem, en dit in die ark gesit, en die draagstokke aan die ark gesit, en die versoendeksel bo-op die ark gesit:
21
And he brought the ark into the tabernacle, and set up the vail of the covering, and covered the ark of the testimony; as the LORD commanded Moses.
En hy het die ark in die tabernakel gebring, en die voorhangsel van die bedekking opgehang, en die ark van die getuienis bedek; soos die HERE Moses beveel het.
22
And he put the table in the tent of the congregation, upon the side of the tabernacle northward, without the vail.
En hy het die tafel gesit in die tent van die gemeente, aan die sy van die tabernakel noordwaarts, buite die voorhangsel.
23
And he set the bread in order upon it before the LORD; as the LORD had commanded Moses.
En hy het die brood in orde daarop gesit voor die HERE; soos die HERE Moses beveel het.
24
And he put the candlestick in the tent of the congregation, over against the table, on the side of the tabernacle southward.
En hy het die kandelaar gesit in die tent van die gemeente, teenoor die tafel, aan die sy van die tabernakel suidwaarts.
25
And he lighted the lamps before the LORD; as the LORD commanded Moses.
En hy het die lampe aangesteek voor die HERE; soos die HERE Moses beveel het.
26
And he put the golden altar in the tent of the congregation before the vail:
En hy het die goue altaar gesit in die tent van die gemeente voor die voorhangsel:
27
And he burnt sweet incense thereon; as the LORD commanded Moses.
En hy het soet reukwerk daarop gebrand; soos die HERE Moses beveel het.
28
And he set up the hanging [at] the door of the tabernacle.
En hy het die bedekking van die deur aan die tabernakel gesit.
29
And he put the altar of burnt offering [by] the door of the tabernacle of the tent of the congregation, and offered upon it the burnt offering and the meat offering; as the LORD commanded Moses.
En hy het die altaar van brandoffer gesit by die deur van die tabernakel van die tent van die gemeente, en die brandoffer en die spysoffer daarop geoffer; soos die HERE Moses beveel het.
30
And he set the laver between the tent of the congregation and the altar, and put water there, to wash [withal].
En hy het die waskom gesit tussen die tent van die gemeente en die altaar, en water daarin gesit om mee te was.
31
And Moses and Aaron and his sons washed their hands and their feet thereat:
En Moses en Aäron en sy seuns het hulle hande en hulle voete daaruit gewas:
32
When they went into the tent of the congregation, and when they came near unto the altar, they washed; as the LORD commanded Moses.
Wanneer hulle in die tent van die gemeente ingegaan het, en wanneer hulle naby die altaar gekom het, het hulle gewas; soos die HERE Moses beveel het.
33
And he reared up the court round about the tabernacle and the altar, and set up the hanging of the court gate. So Moses finished the work.
En hy het die voorhof opgeslaan rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking van die poort van die voorhof opgehang. So het Moses die werk voltooi.
34
Then a cloud covered the tent of the congregation, and the glory of the LORD filled the tabernacle.
Toe het ‚'n wolk die tent van die gemeente bedek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul.
35
And Moses was not able to enter into the tent of the congregation, because the cloud abode thereon, and the glory of the LORD filled the tabernacle.
En Moses kon nie in die tent van die gemeente ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus het, en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
36
And when the cloud was taken up from over the tabernacle, the children of Israel went onward in all their journeys:
En wanneer die wolk van die tabernakel opgetrek is, het die kinders van Israel op al hulle reise voortgetrek:
37
But if the cloud were not taken up, then they journeyed not till the day that it was taken up.
Maar as die wolk nie opgetrek is nie, dan het hulle nie getrek nie tot op die dag dat dit opgetrek het.
38
For the cloud of the LORD [was] upon the tabernacle by day, and fire was on it by night, in the sight of all the house of Israel, throughout all their journeys.
Want die wolk van die HERE was by dag op die tabernakel, en vuur was by nag daarop, in die oë van die hele huis van Israel, deur al hulle reise.