King James Version
AFR DVK
1
Then the LORD said unto Moses, Now shalt thou see what I will do to Pharaoh: for with a strong hand shall he let them go, and with a strong hand shall he drive them out of his land.
Toe het die HERE tot Moses gesê, Nou sal jy sien wat Ek aan Farao sal doen: want met ’n sterk hand sal hy hulle laat gaan, en met ’n sterk hand sal hy hulle uit sy land uitdrywe.
2
And God spake unto Moses, and said unto him, I [am] the LORD:
En God het tot Moses gespreek, en tot hom gesê, Ek is die HERE:
3
And I appeared unto Abraham, unto Isaac, and unto Jacob, by [the name of] God Almighty, but by my name JEHOVAH was I not known to them.
En ek het verskyn aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob, by die naam van God die Almagtige, maar by my Naam JEHOVAH was ek nie aan hulle bekend nie.
4
And I have also established my covenant with them, to give them the land of Canaan, the land of their pilgrimage, wherein they were strangers.
En ek het ook my verbond met hulle opgerig, om aan hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap, waarin hulle vreemdelinge was.
5
And I have also heard the groaning of the children of Israel, whom the Egyptians keep in bondage; and I have remembered my covenant.
En ek het ook die gekerm van die kinders van Israel gehoor, wat die Egiptenaars tot diens maak; en ek het my verbond onthou.
6
Wherefore say unto the children of Israel, I [am] the LORD, and I will bring you out from under the burdens of the Egyptians, and I will rid you out of their bondage, and I will redeem you with a stretched out arm, and with great judgments:
Daarom sê tot die kinders van Israel, Ek is die HERE, en ek sal julle uitlei van onder die laste van die Egiptenaars, en ek sal julle red uit hulle diens, en ek sal julle verlos met ’n uitgestrekte arm, en met groot oordele:
7
And I will take you to me for a people, and I will be to you a God: and ye shall know that I [am] the LORD your God, which bringeth you out from under the burdens of the Egyptians.
En ek sal julle tot My neem as ‚'n volk, en ek sal julle God wees: en julle sal weet dat ek die HERE julle God is, wat julle uitlei van onder die laste van die Egiptenaars.
8
And I will bring you in unto the land, concerning the which I did swear to give it to Abraham, to Isaac, and to Jacob; and I will give it you for an heritage: I [am] the LORD.
En ek sal julle bring in die land, aangaande waarvan ek my hand opgehef het om dit aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob te gee; en ek sal dit aan julle gee as ‚'n erfdeel: ek is die HERE.
9
And Moses spake so unto the children of Israel: but they hearkened not unto Moses for anguish of spirit, and for cruel bondage.
En Moses het so tot die kinders van Israel gespreek: maar hulle het nie na Moses geluister nie vanweë benoudheid van gees, en vanweë harde diens.
10
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
11
Go in, speak unto Pharaoh king of Egypt, that he let the children of Israel go out of his land.
Gaan in, spreek tot Farao koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat gaan.
12
And Moses spake before the LORD, saying, Behold, the children of Israel have not hearkened unto me; how then shall Pharaoh hear me, who [am] of uncircumcised lips?
En Moses het voor die HERE gespreek, en gesê, Kyk, die kinders van Israel het nie na my geluister nie; hoe sal Farao dan na my luister, aangesien ek onbesnede van lippe is?
13
And the LORD spake unto Moses and unto Aaron, and gave them a charge unto the children of Israel, and unto Pharaoh king of Egypt, to bring the children of Israel out of the land of Egypt.
En die HERE het tot Moses en tot Aäron gespreek, en hulle bevel gegee aangaande die kinders van Israel, en aangaande Farao koning van Egipte, om die kinders van Israel uit die land Egipte uit te lei.
14
These [be] the heads of their fathers’ houses: The sons of Reuben the firstborn of Israel; Hanoch, and Pallu, Hezron, and Carmi: these [be] the families of Reuben.
Dit is die hoofde van hulle vaders se huise: Die seuns van Ruben die eersgeborene van Israel; Hanog, en Pallu, Hesron, en Karmi: dit is die families van Ruben.
15
And the sons of Simeon; Jemuel, and Jamin, and Ohad, and Jachin, and Zohar, and Shaul the son of a Canaanitish woman: these [are] the families of Simeon.
En die seuns van Simeon; Jemuel, en Jamin, en Ohad, en Jagin, en Sohar, en Saul die seun van ’n Kanaänitiese vrou: dit is die families van Simeon.
16
And these [are] the names of the sons of Levi according to their generations; Gershon, and Kohath, and Merari: and the years of the life of Levi [were] an hundred thirty and seven years.
En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagte; Gerson, en Kehat, en Merari: en die jare van die lewe van Levi was honderd sewe en dertig jaar.
17
The sons of Gershon; Libni, and Shimi, according to their families.
Die seuns van Gerson; Libni, en Simi, volgens hulle families.
18
And the sons of Kohath; Amram, and Izhar, and Hebron, and Uzziel: and the years of the life of Kohath [were] an hundred thirty and three years.
En die seuns van Kehat; Amram, en Jishar, en Hebron, en Ussiël: en die jare van die lewe van Kehat was honderd drie en dertig jaar.
19
And the sons of Merari; Mahali and Mushi: these [are] the families of Levi according to their generations.
En die seuns van Merari; Magli en Musi: dit is die families van Levi volgens hulle geslagte.
20
And Amram took him Jochebed his father’s sister to wife; and she bare him Aaron and Moses: and the years of the life of Amram [were] an hundred and thirty and seven years.
En Amram het Jogebed sy vader se suster geneem tot vrou; en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar: en die jare van die lewe van Amram was honderd sewe en dertig jaar.
21
And the sons of Izhar; Korah, and Nepheg, and Zichri.
En die seuns van Jishar; Korag, en Nefeg, en Sigri.
22
And the sons of Uzziel; Mishael, and Elzaphan, and Zithri.
En die seuns van Ussiël; Misael, en Elsafan, en Sitri.
23
And Aaron took him Elisheba, daughter of Amminadab, sister of Naashon, to wife; and she bare him Nadab, and Abihu, Eleazar, and Ithamar.
En Aäron het Elíseba, die dogter van Amminadab, die suster van Nahasón, geneem tot vrou; en sy het vir hom Nadab, en Abíhu, Eleásar, en Itamar gebaar.
24
And the sons of Korah; Assir, and Elkanah, and Abiasaph: these [are] the families of the Korhites.
En die seuns van Korag; Assir, en Elkana, en Abíasaf: dit is die families van die Koragiete.
25
And Eleazar Aaron’s son took him [one] of the daughters of Putiel to wife; and she bare him Phinehas: these [are] the heads of the fathers of the Levites according to their families.
En Eleásar, Aäron se seun, het een van die dogters van Putiël geneem tot vrou; en sy het vir hom Pínehas gebaar: dit is die hoofde van die vaders van die Leviete volgens hulle families.
26
These [are] that Aaron and Moses, to whom the LORD said, Bring out the children of Israel from the land of Egypt according to their armies.
Dit is Aäron en Moses, aan wie die HERE gesê het, Lei die kinders van Israel uit die land Egipte uit volgens hulle leërs.
27
These [are] they which spake to Pharaoh king of Egypt, to bring out the children of Israel from Egypt: these [are] that Moses and Aaron.
Dit is hulle wat met Farao koning van Egipte gespreek het, om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en Aäron.
28
And it came to pass on the day [when] the LORD spake unto Moses in the land of Egypt,
En dit het gebeur op die dag toe die HERE tot Moses in die land Egipte gespreek het,
29
That the LORD spake unto Moses, saying, I [am] the LORD: speak thou unto Pharaoh king of Egypt all that I say unto thee.
Dat die HERE tot Moses gespreek het, en gesê, Ek is die HERE: spreek jy tot Farao koning van Egipte alles wat Ek tot jou sê.
30
And Moses said before the LORD, Behold, I [am] of uncircumcised lips, and how shall Pharaoh hearken unto me?
En Moses het voor die HERE gesê, Kyk, ek is onbesnede van lippe, en hoe sal Farao na my luister?