← Eksodus 8 Eksodus — Exodus 9 Eksodus 10 →
King James Version
AFR DVK
1
Then the LORD said unto Moses, Go in unto Pharaoh, and tell him, Thus saith the LORD God of the Hebrews, Let my people go, that they may serve me.
Toe het die HERE tot Moses gesê, Gaan in na Farao, en sê tot hom, So sê die HERE God van die Hebreërs, Laat my volk gaan, dat hulle My mag dien.
2
For if thou refuse to let [them] go, and wilt hold them still,
Want as jy weier om hulle te laat gaan, en hulle nog vashou,
3
Behold, the hand of the LORD is upon thy cattle which [is] in the field, upon the horses, upon the asses, upon the camels, upon the oxen, and upon the sheep: [there shall be] a very grievous murrain.
Kyk, die hand van die HERE is op jou vee wat in die veld is, op die perde, op die esels, op die kamele, op die beeste, en op die skape: daar sal ‚'n baie swaar pes wees.
4
And the LORD shall sever between the cattle of Israel and the cattle of Egypt: and there shall nothing die of all [that is] the children’s of Israel.
En die HERE sal ‚'n onderskeid maak tussen die vee van Israel en die vee van Egipte: en daar sal niks sterwe van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.
5
And the LORD appointed a set time, saying, To morrow the LORD shall do this thing in the land.
En die HERE het ’n bepaalde tyd gestel, en gesê, Môre sal die HERE hierdie ding in die land doen.
6
And the LORD did that thing on the morrow, and all the cattle of Egypt died: but of the cattle of the children of Israel died not one.
En die HERE het daardie ding die volgende dag gedoen, en al die vee van Egipte het gesterwe: maar van die vee van die kinders van Israel het nie een gesterwe nie.
7
And Pharaoh sent, and, behold, there was not one of the cattle of the Israelites dead. And the heart of Pharaoh was hardened, and he did not let the people go.
En Farao het gestuur, en kyk, daar was nie een van die vee van die Israeliete dood nie. En die hart van Farao is verhard, en hy het die volk nie laat gaan nie.
8
And the LORD said unto Moses and unto Aaron, Take to you handfuls of ashes of the furnace, and let Moses sprinkle it toward the heaven in the sight of Pharaoh.
En die HERE het tot Moses en tot Aäron gesê, Neem julle hande vol as uit die oond, en laat Moses dit na die hemel toe voor die oë van Farao strooi.
9
And it shall become small dust in all the land of Egypt, and shall be a boil breaking forth [with] blains upon man, and upon beast, throughout all the land of Egypt.
En dit sal tot stof word oor die hele land Egipte, en sal swere word wat uitslaan met blase op mens en op dier, deur die hele land Egipte.
10
And they took ashes of the furnace, and stood before Pharaoh; and Moses sprinkled it up toward heaven; and it became a boil breaking forth [with] blains upon man, and upon beast.
En hulle het as uit die oond geneem, en voor Farao gestaan; en Moses het dit na die hemel toe gestrooi; en dit het swere geword wat uitslaan met blase op mens en op dier.
11
And the magicians could not stand before Moses because of the boils; for the boil was upon the magicians, and upon all the Egyptians.
En die towenaars kon nie voor Moses staan vanweë die swere nie; want die swere was op die towenaars, en op al die Egiptenaars.
12
And the LORD hardened the heart of Pharaoh, and he hearkened not unto them; as the LORD had spoken unto Moses.
En die HERE het die hart van Farao verhard, en hy het nie na hulle geluister nie; soos die HERE tot Moses gespreek het.
13
And the LORD said unto Moses, Rise up early in the morning, and stand before Pharaoh, and say unto him, Thus saith the LORD God of the Hebrews, Let my people go, that they may serve me.
En die HERE het tot Moses gesê, Staan vroeg in die môre op, en staan voor Farao, en sê tot hom, So sê die HERE God van die Hebreërs, Laat my volk gaan, dat hulle My mag dien.
14
For I will at this time send all my plagues upon thine heart, and upon thy servants, and upon thy people; that thou mayest know that [there is] none like me in all the earth.
Want ek sal hierdie keer al my plae op jou hart stuur, en op jou dienaars, en op jou volk; dat jy mag weet dat daar niemand is soos Ek in die hele aarde nie.
15
For now I will stretch out my hand, that I may smite thee and thy people with pestilence; and thou shalt be cut off from the earth.
Want nou kon ek my hand uitsteek, en jou en jou volk met die pes slaan; en jy sou van die aarde afgesny gewees het.
16
And in very deed for this [cause] have I raised thee up, for to shew [in] thee my power; and that my name may be declared throughout all the earth.
Maar waarlik om hierdie oorsaak het ek jou opgewek, om my krag in jou te toon, en dat my Naam verkondig mag word in die hele aarde.
17
As yet exaltest thou thyself against my people, that thou wilt not let them go?
Verhef jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat gaan nie?
18
Behold, to morrow about this time I will cause it to rain a very grievous hail, such as hath not been in Egypt since the foundation thereof even until now.
Kyk, môre om hierdie tyd sal ek ’n baie swaar hael laat reën, soos daar nooit in Egipte was van die dag af dat dit gestig is tot nou toe nie.
19
Send therefore now, [and] gather thy cattle, and all that thou hast in the field; [for upon] every man and beast which shall be found in the field, and shall not be brought home, the hail shall come down upon them, and they shall die.
Stuur dan nou heen, bring jou vee bymekaar, en alles wat jy in die veld het; want op elke mens en dier wat in die veld gevind word, en nie in die huis bymekaargebring word nie, sal die hael neerkom, en hulle sal sterwe.
20
He that feared the word of the LORD among the servants of Pharaoh made his servants and his cattle flee into the houses:
Hy wat die woord van die HERE gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy dienaars en sy vee in die huise laat vlug:
21
And he that regarded not the word of the LORD left his servants and his cattle in the field.
En hy wat nie ag geslaan het op die woord van die HERE nie, het sy dienaars en sy vee in die veld gelaat.
22
And the LORD said unto Moses, Stretch forth thine hand toward heaven, that there may be hail in all the land of Egypt, upon man, and upon beast, and upon every herb of the field, throughout the land of Egypt.
En die HERE het tot Moses gesê, Steek jou hand na die hemel uit, dat daar hael mag wees in die hele land Egipte, op mens, en op dier, en op elke plant van die veld, deur die hele land Egipte.
23
And Moses stretched forth his rod toward heaven: and the LORD sent thunder and hail, and the fire ran along upon the ground; and the LORD rained hail upon the land of Egypt.
En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek: en die HERE het donderslae en hael gestuur, en die vuur het op die aarde geloop; en die HERE het hael op die land Egipte gereën.
24
So there was hail, and fire mingled with the hail, very grievous, such as there was none like it in all the land of Egypt since it became a nation.
So was daar dan hael, en vuur gemeng met die hael, baie swaar, soos daar nooit in die hele land Egipte was sedert dit ‚'n nasie geword het nie.
25
And the hail smote throughout all the land of Egypt all that [was] in the field, both man and beast; and the hail smote every herb of the field, and brake every tree of the field.
En die hael het in die hele land Egipte alles wat in die veld was, beide mens en dier, neergeslaan; en die hael het elke plant van die veld neergeslaan, en elke boom van die veld gebreek.
26
Only in the land of Goshen, where the children of Israel [were], was there no hail.
Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.
27
And Pharaoh sent, and called for Moses and Aaron, and said unto them, I have sinned this time: the LORD [is] righteous, and I and my people [are] wicked.
En Farao het gestuur, en Moses en Aäron geroep, en tot hulle gesê, Ek het hierdie keer gesondig: die HERE is regverdig, en ek en my volk is goddeloos.
28
Intreat the LORD (for [it is] enough) that there be no [more] mighty thunderings and hail; and I will let you go, and ye shall stay no longer.
Bid tot die HERE (want dit is genoeg) dat daar nie meer magtige donderslae en hael mag wees nie; en ek sal julle laat gaan, en julle sal nie langer bly nie.
29
And Moses said unto him, As soon as I am gone out of the city, I will spread abroad my hands unto the LORD; [and] the thunder shall cease, neither shall there be any more hail; that thou mayest know how that the earth [is] the LORD’S.
En Moses het tot hom gesê, Sodra ek uit die stad uitgaan, sal ek my hande tot die HERE uitbrei; en die donderslae sal ophou, en daar sal nie meer hael wees nie; dat jy mag weet dat die aarde aan die HERE behoort.
30
But as for thee and thy servants, I know that ye will not yet fear the LORD God.
Maar wat jou en jou dienaars betref, ek weet dat julle die HERE God nog nie sal vrees nie.
31
And the flax and the barley was smitten: for the barley [was] in the ear, and the flax [was] bolled.
En die vlas en die gars is neergeslaan: want die gars was in die aar, en die vlas was in die knop.
32
But the wheat and the rie were not smitten: for they [were] not grown up.
Maar die koring en die spelt is nie neergeslaan nie: want hulle was nog nie ryp nie.
33
And Moses went out of the city from Pharaoh, and spread abroad his hands unto the LORD: and the thunders and hail ceased, and the rain was not poured upon the earth.
En Moses het van Farao uit die stad uitgegaan, en sy hande tot die HERE uitgebrei: en die donderslae en hael het opgehou, en die reën is nie meer op die aarde uitgegiet nie.
34
And when Pharaoh saw that the rain and the hail and the thunders were ceased, he sinned yet more, and hardened his heart, he and his servants.
En toe Farao sien dat die reën en die hael en die donderslae opgehou het, het hy nog meer gesondig, en sy hart verhard, hy en sy dienaars.
35
And the heart of Pharaoh was hardened, neither would he let the children of Israel go; as the LORD had spoken by Moses.
En die hart van Farao is verhard, en hy het die kinders van Israel nie laat gaan nie; soos die HERE deur die hand van Moses gespreek het.