← Esra 8 Esra — Ezra 9 Esra 10 →
King James Version
AFR DVK
1
Now when these things were done, the princes came to me, saying, The people of Israel, and the priests, and the Levites, have not separated themselves from the people of the lands, [doing] according to their abominations, [even] of the Canaanites, the Hittites, the Perizzites, the Jebusites, the Ammonites, the Moabites, the Egyptians, and the Amorites.
Nou toe hierdie dinge klaar was, het die vorstes by my gekom, en gesê, Die volk van Israel, en die priesters, en die Leviete, het hulleself nie afgeskei van die volke van die lande nie, wat doen volgens hulle gruwels, selfs van die Kanaäniete, die Hetiete, die Feresiete, die Jebusiete, die Ammoniete, die Moabiete, die Egiptenaars, en die Amoriete.
2
For they have taken of their daughters for themselves, and for their sons: so that the holy seed have mingled themselves with the people of [those] lands: yea, the hand of the princes and rulers hath been chief in this trespass.
Want hulle het van hulle dogters vir hulleself, en vir hulle seuns, geneem: sodat die heilige saad hulle vermeng het met die volke van daardie lande: ja, die hand van die vorstes en heersers is die voorste in hierdie oortreding.
3
And when I heard this thing, I rent my garment and my mantle, and plucked off the hair of my head and of my beard, and sat down astonied.
En toe ek hierdie saak gehoor het, het ek my kleed en my mantel geskeur, en van die hare van my hoof en van my baard uitgetrek, en verslae gesit.
4
Then were assembled unto me every one that trembled at the words of the God of Israel, because of the transgression of those that had been carried away; and I sat astonied until the evening sacrifice.
Toe is almal by my bymekaargekom wat bewe het by die woorde van die God van Israel, vanweë die oortreding van dié wat uit die ballingskap weggevoer is; en ek het verslae gesit tot die aandoffer.
5
And at the evening sacrifice I arose up from my heaviness; and having rent my garment and my mantle, I fell upon my knees, and spread out my hands unto the LORD my God,
En by die aandoffer het ek opgestaan uit my swaarmoedigheid; en terwyl ek my kleed en my mantel geskeur gehad het, het ek op my knieë geval, en my hande tot die HERE my God uitgestrek,
6
And said, O my God, I am ashamed and blush to lift up my face to thee, my God: for our iniquities are increased over [our] head, and our trespass is grown up unto the heavens.
En gesê, O my God, ek is skaam en bloos om my aangesig tot U, my God, op te hef: want ons ongeregtighede is vermeerder oor ons hoof, en ons oortreding is groot geword tot in die hemel.
7
Since the days of our fathers [have] we [been] in a great trespass unto this day; and for our iniquities have we, our kings, [and] our priests, been delivered into the hand of the kings of the lands, to the sword, to captivity, and to a spoil, and to confusion of face, as [it is] this day.
Van die dae van ons vaders af het ons in ‚'n groot oortreding gewees tot op hierdie dag; en vir ons ongeregtighede is ons, ons konings, en ons priesters, in die hand van die konings van die lande oorgegee, tot die swaard, tot ballingskap, en tot ‚'n roof, en tot verwarring van aangesig, soos dit vandag is.
8
And now for a little space grace hath been [shewed] from the LORD our God, to leave us a remnant to escape, and to give us a nail in his holy place, that our God may lighten our eyes, and give us a little reviving in our bondage.
En nou vir ’n klein oomblik het genade van die HERE onse God aan ons oorgebly, om vir ons ’n oorblyfsel te laat ontvlug, en om ons ’n spyker te gee in sy heilige plek, dat onse God ons oë mag verlig, en ons ’n bietjie lewe in ons diensbaarheid mag gee.
9
For we [were] bondmen; yet our God hath not forsaken us in our bondage, but hath extended mercy unto us in the sight of the kings of Persia, to give us a reviving, to set up the house of our God, and to repair the desolations thereof, and to give us a wall in Judah and in Jerusalem.
Want ons was diensknegte; nogtans het onse God ons nie in ons diensbaarheid verlaat nie, maar het barmhartigheid aan ons bewys in die aangesig van die konings van Persië, om ons lewe te gee, om die huis van onse God op te rig, en om die verwoestings daarvan te herstel, en om ons ’n muur in Juda en in Jérusalem te gee.
10
And now, O our God, what shall we say after this? for we have forsaken thy commandments,
En nou, o onse God, wat moet ons na hierdie dinge sê? want ons het u gebooie verlaat,
11
Which thou hast commanded by thy servants the prophets, saying, The land, unto which ye go to possess it, is an unclean land with the filthiness of the people of the lands, with their abominations, which have filled it from one end to another with their uncleanness.
Wat U deur u dienaars die profete beveel het, en gesê het, Die land, waarin julle ingaan om dit te besit, is ’n onrein land met die onreinheid van die volke van die lande, met hulle gruwels, wat dit van die een end tot die ander gevul het met hulle onreinheid.
12
Now therefore give not your daughters unto their sons, neither take their daughters unto your sons, nor seek their peace or their wealth for ever: that ye may be strong, and eat the good of the land, and leave [it] for an inheritance to your children for ever.
Nou daarom moet julle julle dogters nie aan hulle seuns gee nie, en hulle dogters nie vir julle seuns neem nie, en soek ook nie hulle vrede of hulle welvaart vir ewig nie: dat julle sterk mag wees, en die goed van die land mag eet, en dit vir ewig aan julle kinders mag nalaat.
13
And after all that is come upon us for our evil deeds, and for our great trespass, seeing that thou our God hast punished us less than our iniquities [deserve], and hast given us [such] deliverance as this;
En ná al wat oor ons gekom is vir ons boos dade, en vir ons groot oortreding, aangesien U onse God ons minder gestraf het as ons ongeregtighede verdien, en ons so ’n verlossing gegee het as hierdie;
14
Should we again break thy commandments, and join in affinity with the people of these abominations? wouldest not thou be angry with us till thou hadst consumed [us], so that [there should be] no remnant nor escaping?
Moet ons weer u gebooie verbreek, en ons verwant maak met die volke van hierdie gruwels? sou U nie toornig wees op ons totdat U ons verteer het, sodat daar geen oorblyfsel of ontvlugting is nie?
15
O LORD God of Israel, thou [art] righteous: for we remain yet escaped, as [it is] this day: behold, we [are] before thee in our trespasses: for we cannot stand before thee because of this.
O HERE, God van Israel, U is regverdig: want ons bly as ’n oorblyfsel wat ontvlug het, soos dit vandag is: kyk, ons is voor U in ons oortredings: want ons kan nie voor U staan vanweë hierdie nie.