King James Version
AFR DVK
1
Thus the heavens and the earth were finished, and all the host of them.
So is die hemele en die aarde voltooi, en al hulle leërskare.
2
And on the seventh day God ended his work which he had made; and he rested on the seventh day from all his work which he had made.
En op die sewende dag het God sy werk geëindig wat hy gemaak het; en hy het gerus op die sewende dag van al sy werk wat hy gemaak het.
3
And God blessed the seventh day, and sanctified it: because that in it he had rested from all his work which God created and made.
En God het die sewende dag geseën, en dit geheilig: omdat hy daarin gerus het van al sy werk wat God geskep en gemaak het.
4
These [are] the generations of the heavens and of the earth when they were created, in the day that the LORD God made the earth and the heavens,
Dit is die geslagte van die hemele en van die aarde toe hulle geskep is, in die dag toe die HERE God die aarde en die hemele gemaak het,
5
And every plant of the field before it was in the earth, and every herb of the field before it grew: for the LORD God had not caused it to rain upon the earth, and [there was] not a man to till the ground.
En elke plant van die veld voordat dit in die aarde was, en elke kruie van die veld voordat dit gegroei het: want die HERE God het dit nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
6
But there went up a mist from the earth, and watered the whole face of the ground.
Maar daar het ‚'n mis opgegaan uit die aarde, en die hele aangesig van die grond natgemaak.
7
And the LORD God formed man [of] the dust of the ground, and breathed into his nostrils the breath of life; and man became a living soul.
En die HERE God het die mens geformeer van die stof van die grond, en in sy neusgate die asem van die lewe geblaas; en die mens het ‚'n lewende siel geword.
8
And the LORD God planted a garden eastward in Eden; and there he put the man whom he had formed.
En die HERE God het ‚'n tuin geplant ooswaarts in Eden; en daar het hy die mens gestel wat hy geformeer het.
9
And out of the ground made the LORD God to grow every tree that is pleasant to the sight, and good for food; the tree of life also in the midst of the garden, and the tree of knowledge of good and evil.
En uit die grond het die HERE God elke boom laat groei wat aangenaam is vir die oog, en goed tot voedsel; die boom van die lewe ook in die midde van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
10
And a river went out of Eden to water the garden; and from thence it was parted, and became into four heads.
En ‚'n rivier het uitgegaan uit Eden om die tuin nat te maak; en van daar af is dit verdeel, en het geword tot vier hoofde.
11
The name of the first [is] Pison: that [is] it which compasseth the whole land of Havilah, where [there is] gold;
Die naam van die eerste is Pison: dit is dié wat die hele land Hawila omsingel, waar daar goud is;
12
And the gold of that land [is] good: there [is] bdellium and the onyx stone.
En die goud van daardie land is goed: daar is bdellium en die onikssteen.
13
And the name of the second river [is] Gihon: the same [is] it that compasseth the whole land of Ethiopia.
En die naam van die tweede rivier is Gihon: dieselfde is dié wat die hele land Etiopië omsingel.
14
And the name of the third river [is] Hiddekel: that [is] it which goeth toward the east of Assyria. And the fourth river [is] Euphrates.
En die naam van die derde rivier is Hiddekel: dit is dié wat ooswaarts gaan van Assirië. En die vierde rivier is Eufraat.
15
And the LORD God took the man, and put him into the garden of Eden to dress it and to keep it.
En die HERE God het die mens geneem, en hom gestel in die tuin van Eden om dit te bewerk en te bewaar.
16
And the LORD God commanded the man, saying, Of every tree of the garden thou mayest freely eat:
En die HERE God het die mens beveel, en gesê, Van elke boom van die tuin mag jy vrylik eet:
17
But of the tree of the knowledge of good and evil, thou shalt not eat of it: for in the day that thou eatest thereof thou shalt surely die.
Maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie: want in die dag dat jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
18
And the LORD God said, [It is] not good that the man should be alone; I will make him an help meet for him.
En die HERE God het gesê, Dit is nie goed dat die mens alleen is nie; Ek sal vir hom ’n hulpmeet maak wat by hom pas.
19
And out of the ground the LORD God formed every beast of the field, and every fowl of the air; and brought [them] unto Adam to see what he would call them: and whatsoever Adam called every living creature, that [was] the name thereof.
En uit die grond het die HERE God elke dier van die veld geformeer, en elke voël van die lug; en hy het hulle na Adam gebring om te sien hoe hy hulle sou noem: en wat ook al Adam elke lewende skepsel genoem het, dit was sy naam.
20
And Adam gave names to all cattle, and to the fowl of the air, and to every beast of the field; but for Adam there was not found an help meet for him.
En Adam het name gegee aan al die vee, en aan die voëls van die lug, en aan elke dier van die veld; maar vir Adam is daar geen hulpmeet gevind wat by hom pas nie.
21
And the LORD God caused a deep sleep to fall upon Adam, and he slept: and he took one of his ribs, and closed up the flesh instead thereof;
En die HERE God het ‚'n diepe slaap op Adam laat val, en hy het geslaap: en hy het een van sy ribbebene geneem, en die vlees daarvoor toegemaak;
22
And the rib, which the LORD God had taken from man, made he a woman, and brought her unto the man.
En die rib, wat die HERE God van die mens geneem het, het hy tot ‚'n vrou gemaak, en haar na die man gebring.
23
And Adam said, This [is] now bone of my bones, and flesh of my flesh: she shall be called Woman, because she was taken out of Man.
En Adam het gesê, Dit is nou been van my bene, en vlees van my vlees: sy sal Vrou genoem word, omdat sy uit die Man geneem is.
24
Therefore shall a man leave his father and his mother, and shall cleave unto his wife: and they shall be one flesh.
Daarom sal ‚'n man sy vader en sy moeder verlaat, en sal vashou aan sy vrou: en hulle sal een vlees wees.
25
And they were both naked, the man and his wife, and were not ashamed.
En hulle was albei naak, die man en sy vrou, en was nie skaam nie.