King James Version
AFR DVK
1
Then Jacob went on his journey, and came into the land of the people of the east.
Toe het Jakob sy voete opgelig, en gegaan na die land van die kinders van die ooste.
2
And he looked, and behold a well in the field, and, lo, there [were] three flocks of sheep lying by it; for out of that well they watered the flocks: and a great stone [was] upon the well’s mouth.
En hy het gekyk, en kyk, daar was ’n put in die veld, en kyk, daar lê drie troppe kleinvee by; want uit daardie put het hulle die troppe laat drink: en die klip op die mond van die put was groot.
3
And thither were all the flocks gathered: and they rolled the stone from the well’s mouth, and watered the sheep, and put the stone again upon the well’s mouth in his place.
En daar is al die troppe bymekaargemaak: en hulle het die klip van die mond van die put afgerol, en die kleinvee laat drink, en die klip weer op die mond van die put neergesit.
4
And Jacob said unto them, My brethren, whence [be] ye? And they said, Of Haran [are] we.
En Jakob het tot hulle gesê, My broers, vanwaar is julle? En hulle het gesê, Ons is van Haran.
5
And he said unto them, Know ye Laban the son of Nahor? And they said, We know [him].
En hy het tot hulle gesê, Ken julle Laban die seun van Nahor? En hulle het gesê, Ons ken hom.
6
And he said unto them, [Is] he well? And they said, [He is] well: and, behold, Rachel his daughter cometh with the sheep.
En hy het tot hulle gesê, Gaan dit goed met hom? En hulle het gesê, Dit gaan goed: en kyk, Ragel sy dogter kom met die kleinvee.
7
And he said, Lo, [it is] yet high day, neither [is it] time that the cattle should be gathered together: water ye the sheep, and go [and] feed [them].
En hy het gesê, Kyk, dit is nog hoog dag, dit is nie tyd dat die vee bymekaargemaak word nie: laat die kleinvee drink, en gaan wei.
8
And they said, We cannot, until all the flocks be gathered together, and [till] they roll the stone from the well’s mouth; then we water the sheep.
En hulle het gesê, Ons kan nie, totdat al die troppe bymekaargemaak is, en hulle die klip van die mond van die put afrol; dan laat ons die kleinvee drink.
9
And while he yet spake with them, Rachel came with her father’s sheep: for she kept them.
Terwyl hy nog met hulle praat, het Ragel gekom met haar vader se kleinvee: want sy was ‚'n herderin.
10
And it came to pass, when Jacob saw Rachel the daughter of Laban his mother’s brother, and the sheep of Laban his mother’s brother, that Jacob went near, and rolled the stone from the well’s mouth, and watered the flock of Laban his mother’s brother.
En dit het gebeur, toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban sy moeder se broer, en die kleinvee van Laban sy moeder se broer, dat Jakob nader gekom het, en die klip van die mond van die put afgerol het, en die kleinvee van Laban sy moeder se broer laat drink het.
11
And Jacob kissed Rachel, and lifted up his voice, and wept.
En Jakob het Ragel gesoen, en sy stem opgehef, en gehuil.
12
And Jacob told Rachel that he [was] her father’s brother, and that he [was] Rebekah’s son: and she ran and told her father.
En Jakob het aan Ragel vertel dat hy haar vader se broer is, en dat hy Rebekka se seun is: en sy het gehardloop en dit aan haar vader vertel.
13
And it came to pass, when Laban heard the tidings of Jacob his sister’s son, that he ran to meet him, and embraced him, and kissed him, and brought him to his house. And he told Laban all these things.
En dit het gebeur, toe Laban hoor van Jakob, sy suster se seun, dat hy hom tegemoet gehardloop het, en hom omhels en gesoen het, en hom in sy huis gebring het. En hy het Laban al hierdie dinge vertel.
14
And Laban said to him, Surely thou [art] my bone and my flesh. And he abode with him the space of a month.
En Laban het tot hom gesê, Jy is sekerlik my been en my vlees. En hy het by hom gebly die tyd van ’n maand.
15
And Laban said unto Jacob, Because thou [art] my brother, shouldest thou therefore serve me for nought? tell me, what [shall] thy wages [be]?
En Laban het tot Jakob gesê, Omdat jy my broer is, moet jy my dan verniet dien? sê my, wat sal jou loon wees?
16
And Laban had two daughters: the name of the elder [was] Leah, and the name of the younger [was] Rachel.
En Laban het twee dogters gehad: die naam van die oudste was Lea, en die naam van die jongste Ragel.
17
Leah [was] tender eyed; but Rachel was beautiful and well favoured.
Lea se oë was swak; maar Ragel was mooi van gestalte, en mooi om na te kyk.
18
And Jacob loved Rachel; and said, I will serve thee seven years for Rachel thy younger daughter.
En Jakob het Ragel liefgehad, en gesê, Ek sal jou sewe jaar dien vir Ragel jou jongste dogter.
19
And Laban said, [It is] better that I give her to thee, than that I should give her to another man: abide with me.
En Laban het gesê, Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan ’n ander man gee: bly by my.
20
And Jacob served seven years for Rachel; and they seemed unto him [but] a few days, for the love he had to her.
En Jakob het sewe jaar vir Ragel gedien; en hulle was in sy oë soos ’n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.
21
And Jacob said unto Laban, Give [me] my wife, for my days are fulfilled, that I may go in unto her.
En Jakob het tot Laban gesê, Gee my my vrou, want my dae is vervul, dat ek by haar mag ingaan.
22
And Laban gathered together all the men of the place, and made a feast.
En Laban het al die manne van die plek bymekaargemaak, en ‚'n fees gemaak.
23
And it came to pass in the evening, that he took Leah his daughter, and brought her to him; and he went in unto her.
En dit het gebeur in die aand, dat hy Lea sy dogter geneem het, en haar na hom gebring het; en hy het by haar ingegaan.
24
And Laban gave unto his daughter Leah Zilpah his maid [for] an handmaid.
En Laban het aan haar sy diensmaagd Silpa gegee tot diensmaagd.
25
And it came to pass, that in the morning, behold, it [was] Leah: and he said to Laban, What [is] this thou hast done unto me? did not I serve with thee for Rachel? wherefore then hast thou beguiled me?
En dit het gebeur in die môre, dat kyk, dit was Lea: en hy het tot Laban gesê, Wat is dit wat jy aan my gedoen het? het ek nie vir Ragel by jou gedien nie? waarom het jy my dan bedrieg?
26
And Laban said, It must not be so done in our country, to give the younger before the firstborn.
En Laban het gesê, Dit word so nie gedoen in ons plek, om die jongste voor die eersgeborene te gee nie.
27
Fulfil her week, and we will give thee this also for the service which thou shalt serve with me yet seven other years.
Vervul die week van hierdie een, en ons sal jou ook die ander gee vir die diens wat jy nog by my sal dien, sewe ander jare.
28
And Jacob did so, and fulfilled her week: and he gave him Rachel his daughter to wife also.
En Jakob het so gedoen, en die week van hierdie een vervul: en hy het hom Ragel sy dogter tot vrou gegee.
29
And Laban gave to Rachel his daughter Bilhah his handmaid to be her maid.
En Laban het aan Ragel sy dogter sy diensmaagd Bilha gegee tot diensmaagd.
30
And he went in also unto Rachel, and he loved also Rachel more than Leah, and served with him yet seven other years.
En hy het ook by Ragel ingegaan, en hy het Ragel ook meer liefgehad as Lea, en by hom nog sewe ander jare gedien.
31
And when the LORD saw that Leah [was] hated, he opened her womb: but Rachel [was] barren.
En toe die HERE sien dat Lea gehaat is, het Hy haar baarmoeder oopgemaak: maar Ragel was onvrugbaar.
32
And Leah conceived, and bare a son, and she called his name Reuben: for she said, Surely the LORD hath looked upon my affliction; now therefore my husband will love me.
En Lea het ontvang, en ’n seun gebaar, en sy naam Ruben genoem: want sy het gesê, Sekerlik het die HERE my ellende aangesien; nou sal my man my liefhê.
33
And she conceived again, and bare a son; and said, Because the LORD hath heard that I [was] hated, he hath therefore given me this [son] also: and she called his name Simeon.
En sy het weer ontvang, en ’n seun gebaar; en gesê, Omdat die HERE gehoor het dat ek gehaat is, het Hy my ook hierdie gegee: en sy het sy naam Simeon genoem.
34
And she conceived again, and bare a son; and said, Now this time will my husband be joined unto me, because I have born him three sons: therefore was his name called Levi.
En sy het weer ontvang, en ’n seun gebaar; en gesê, Nou hierdie keer sal my man by my aansluit, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het: daarom is sy naam Levi genoem.
35
And she conceived again, and bare a son: and she said, Now will I praise the LORD: therefore she called his name Judah; and left bearing.
En sy het weer ontvang, en ’n seun gebaar: en sy het gesê, Nou sal ek die HERE prys: daarom het sy sy naam Juda genoem; en sy het opgehou om te baar.