King James Version
AFR DVK
1
Now faith is the substance of things hoped for, the evidence of things not seen.
Nou is die geloof die sekerheid van die dinge wat gehoop word, die bewys van die dinge wat nie gesien word nie.
2
For by it the elders obtained a good report.
Want deur dit het die oues ‚'n goeie getuienis verkry.
3
Through faith we understand that the worlds were framed by the word of God, so that things which are seen were not made of things which do appear.
Deur die geloof verstaan ons dat die wêrelde deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word nie gemaak is uit dinge wat verskyn nie.
4
By faith Abel offered unto God a more excellent sacrifice than Cain, by which he obtained witness that he was righteous, God testifying of his gifts: and by it he being dead yet speaketh.
Deur die geloof het Abel ‚'n meer uitnemende offer as Kain aan God geoffer, deur welke hy getuienis verkry het dat hy regverdig was, God getuigende van sy gawes: en deur dit, al is hy dood, spreek hy nog.
5
By faith Enoch was translated that he should not see death; and was not found, because God had translated him: for before his translation he had this testimony, that he pleased God.
Deur die geloof is Henog weggeneem dat hy die dood nie sou sien nie; en is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het: want voor sy wegneming het hy hierdie getuienis gehad, dat hy God behaag het.
6
But without faith [it is] impossible to please [him]: for he that cometh to God must believe that he is, and [that] he is a rewarder of them that diligently seek him.
Maar sonder geloof is dit onmoontlik om Hom te behaag: want hy wat tot God kom, moet glo dat Hy is, en dat Hy ‚'n beloner is van hulle wat Hom ywerig soek.
7
By faith Noah, being warned of God of things not seen as yet, moved with fear, prepared an ark to the saving of his house; by the which he condemned the world, and became heir of the righteousness which is by faith.
Deur die geloof het Noag, goddelik gewaarsku aangaande die dinge wat nog nie gesien is nie, met vrees die ark toeberei tot die redding van sy huis; deur welke hy die wêreld veroordeel het, en erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.
8
By faith Abraham, when he was called to go out into a place which he should after receive for an inheritance, obeyed; and he went out, not knowing whither he went.
Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is om uit te gaan na ‚'n plek wat hy as ‚'n erfenis sou ontvang, gehoorsaam uitgegaan, nie wetende waarheen hy gaan nie.
9
By faith he sojourned in the land of promise, as [in] a strange country, dwelling in tabernacles with Isaac and Jacob, the heirs with him of the same promise:
Deur die geloof het hy as ‚'n vreemdeling in die land van die belofte gewoon, soos in ‚'n vreemde land, woonende in tente met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte:
10
For he looked for a city which hath foundations, whose builder and maker [is] God.
Want hy het gewag op die stad wat fondamente het, wie se boumeester en maker God is.
11
Through faith also Sara herself received strength to conceive seed, and was delivered of a child when she was past age, because she judged him faithful who had promised.
Deur die geloof het ook Sara self krag ontvang om te ontvang, en het gebaar toe sy die ouderdom verby was, omdat sy Hom getrou geag het wat die belofte gemaak het.
12
Therefore sprang there even of one, and him as good as dead, [so many] as the stars of the sky in multitude, and as the sand which is by the sea shore innumerable.
Daarom is daar ook uit een, en hy so goed as dood, soveel gebore as die sterre van die hemel in menigte, en as die sand wat by die seestrand ontelbaar is.
13
These all died in faith, not having received the promises, but having seen them afar off, and were persuaded of [them], and embraced [them], and confessed that they were strangers and pilgrims on the earth.
Hierdie almal het in die geloof gesterwe, nie die beloftes ontvang hebbende nie, maar dit van ver af gesien, en was oortuig van hulle, en het hulle omhels, en bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op die aarde was.
14
For they that say such things declare plainly that they seek a country.
Want hulle wat sulke dinge sê, verklaar duidelik dat hulle ’n vaderland soek.
15
And truly, if they had been mindful of that [country] from whence they came out, they might have had opportunity to have returned.
En waarlik, as hulle aan daardie land gedink het waarvan hulle uitgegaan het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.
16
But now they desire a better [country], that is, an heavenly: wherefore God is not ashamed to be called their God: for he hath prepared for them a city.
Maar nou begeer hulle ‚'n beter, dit is, ‚'n hemelse: daarom skaam God Hom nie om hulle God genoem te word nie: want Hy het vir hulle ‚'n stad berei.
17
By faith Abraham, when he was tried, offered up Isaac: and he that had received the promises offered up his only begotten [son],
Deur die geloof het Abraham, toe hy beproef is, Isak geoffer: en hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,
18
Of whom it was said, That in Isaac shall thy seed be called:
Van wie gesê is, In Isak sal jou saad genoem word:
19
Accounting that God [was] able to raise [him] up, even from the dead; from whence also he received him in a figure.
Berekenende dat God in staat was om hom selfs uit die dooies op te wek; van waar hy hom ook in ‚'n figuur ontvang het.
20
By faith Isaac blessed Jacob and Esau concerning things to come.
Deur die geloof het Isak Jakob en Esau geseën aangaande dinge wat kom.
21
By faith Jacob, when he was a dying, blessed both the sons of Joseph; and worshipped, [leaning] upon the top of his staff.
Deur die geloof het Jakob, toe hy sterwend was, elkeen van die seuns van Josef geseën; en het aangebid, leunende op die punt van sy staf.
22
By faith Joseph, when he died, made mention of the departing of the children of Israel; and gave commandment concerning his bones.
Deur die geloof het Josef, toe hy sterwend was, van die uitgang van die kinders van Israel melding gemaak; en het bevel gegee aangaande sy gebeente.
23
By faith Moses, when he was born, was hid three months of his parents, because they saw [he was] a proper child; and they were not afraid of the king’s commandment.
Deur die geloof is Moses, toe hy gebore is, drie maande lank deur sy ouers verberg, omdat hulle gesien het dat hy ‚'n skone kind was; en hulle het die bevel van die koning nie gevrees nie.
24
By faith Moses, when he was come to years, refused to be called the son of Pharaoh’s daughter;
Deur die geloof het Moses, toe hy groot geword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word;
25
Choosing rather to suffer affliction with the people of God, than to enjoy the pleasures of sin for a season;
Kiesende eerder om saam met die volk van God verdruk te word, as om die genot van die sonde vir ’n seisoen te hê;
26
Esteeming the reproach of Christ greater riches than the treasures in Egypt: for he had respect unto the recompence of the reward.
Die smaad van Christus groter rykdom agtende as die skatte in Egipte: want hy het gelet op die vergelding van die loon.
27
By faith he forsook Egypt, not fearing the wrath of the king: for he endured, as seeing him who is invisible.
Deur die geloof het hy Egipte verlaat, nie die toorn van die koning vreesende nie: want hy het volhard, asof hy Hom sien wat onsigbaar is.
28
Through faith he kept the passover, and the sprinkling of blood, lest he that destroyed the firstborn should touch them.
Deur die geloof het hy die pasga en die besprinkeling van bloed gehou, dat hy wat die eersgeborenes vernietig het, hulle nie sou raak nie.
29
By faith they passed through the Red sea as by dry [land]: which the Egyptians assaying to do were drowned.
Deur die geloof het hulle deur die Rooi See gegaan as deur droë land: wat die Egiptenaars, probeer hebbende, verdrink is.
30
By faith the walls of Jericho fell down, after they were compassed about seven days.
Deur die geloof het die mure van Jérigo geval, nadat hulle sewe dae lank daar rondom getrek is.
31
By faith the harlot Rahab perished not with them that believed not, when she had received the spies with peace.
Deur die geloof het die hoer Ragab nie saam met die ongelowiges omgekom nie, toe sy die spioene met vrede ontvang het.
32
And what shall I more say? for the time would fail me to tell of Gedeon, and [of] Barak, and [of] Samson, and [of] Jephthae; [of] David also, and Samuel, and [of] the prophets:
En wat sal ek meer sê? want die tyd sal my ontbreek om te vertel van Gideon, en van Barak, en van Samson, en van Jefta; van Dawid ook, en Samuel, en van die profete:
33
Who through faith subdued kingdoms, wrought righteousness, obtained promises, stopped the mouths of lions,
Wat deur die geloof koninkryke onderwerp het, geregtigheid bewerk het, die beloftes verkry het, die bekke van leeus toegestop het,
34
Quenched the violence of fire, escaped the edge of the sword, out of weakness were made strong, waxed valiant in fight, turned to flight the armies of the aliens.
Die geweld van die vuur uitgeblus het, die skerpte van die swaard ontvlug het, uit swakheid sterk gemaak is, dapper geword het in die stryd, die leërs van die vreemdes op die vlug gedryf het.
35
Women received their dead raised to life again: and others were tortured, not accepting deliverance; that they might obtain a better resurrection:
Vroue het hulle dooies deur opstanding terug ontvang: en andere is gemartel, nie die verlossing aanneemende nie; dat hulle ‚'n beter opstanding mag verkry:
36
And others had trial of [cruel] mockings and scourgings, yea, moreover of bonds and imprisonment:
En andere het die proef van bespottinge en geselinge ontvang, ja, ook van bande en gevangenis:
37
They were stoned, they were sawn asunder, were tempted, were slain with the sword: they wandered about in sheepskins and goatskins; being destitute, afflicted, tormented;
Hulle is gestenig, hulle is in stukke gesaag, is versoek, is met die swaard omgebring: hulle het rondgegaan in skaapsvelle en bokvelle; verdruk, benoud,
38
(Of whom the world was not worthy:) they wandered in deserts, and [in] mountains, and [in] dens and caves of the earth.
(Van wie die wêreld nie waardig was nie:) in wildernisse ronddwalende, en in berge, en in gate en spelte van die aarde.
39
And these all, having obtained a good report through faith, received not the promise:
En hierdie almal, hebbende ‚'n goeie getuienis deur die geloof verkry, het nie die belofte ontvang nie:
40
God having provided some better thing for us, that they without us should not be made perfect.
God hebbende iets beters vir ons voorsien, dat hulle sonder ons nie volmaak gemaak sou word nie.