← Hebreërs 3 Hebreërs — Hebrews 4 Hebreërs 5 →
King James Version
AFR DVK
1
Let us therefore fear, lest, a promise being left [us] of entering into his rest, any of you should seem to come short of it.
Laat ons daarom vrees, dat, aangesien ’n belofte om in sy rus in te gaan oorbly, enige van julle sou skyn agtergebly te hê.
2
For unto us was the gospel preached, as well as unto them: but the word preached did not profit them, not being mixed with faith in them that heard [it].
Want aan ons is die evangelie verkondig, soos aan hulle ook: maar die woord wat gehoor is, het hulle nie gebaat nie, omdat dit nie met geloof vermeng was in hulle wat dit gehoor het nie.
3
For we which have believed do enter into rest, as he said, As I have sworn in my wrath, if they shall enter into my rest: although the works were finished from the foundation of the world.
Want ons wat geglo het, gaan in die rus in, soos Hy gesê het, Soos ek in my toorn gesweer het, as hulle in my rus sal ingaan: alhoewel die werke van die grondlegging van die wêreld af voleindig was.
4
For he spake in a certain place of the seventh [day] on this wise, And God did rest the seventh day from all his works.
Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek, En God het op die sewende dag van al sy werke gerus.
5
And in this [place] again, If they shall enter into my rest.
En in hierdie plek weer, As hulle in my rus sal ingaan.
6
Seeing therefore it remaineth that some must enter therein, and they to whom it was first preached entered not in because of unbelief:
Aangesien dit daarom oorbly dat sommige daarin moet ingaan, en hulle aan wie dit eers verkondig is, nie ingegaan het nie vanweë ongeloof:
7
Again, he limiteth a certain day, saying in David, To day, after so long a time; as it is said, To day if ye will hear his voice, harden not your hearts.
Hy bepaal weer ’n sekere dag, sê in Dawid, Vandag, na so ’n lang tyd; soos gesê is, Vandag as julle sy stem hoor, verhard nie julle harte nie.
8
For if Jesus had given them rest, then would he not afterward have spoken of another day.
Want as Jesus hulle rus gegee het, sou Hy nie daarna van ‚'n ander dag gespreek het nie.
9
There remaineth therefore a rest to the people of God.
Daar bly daarom ‚'n rus oor vir die volk van God.
10
For he that is entered into his rest, he also hath ceased from his own works, as God [did] from his.
Want hy wat in sy rus ingegaan het, het self ook van sy werke gerus, soos God van syne.
11
Let us labour therefore to enter into that rest, lest any man fall after the same example of unbelief.
Laat ons daarom ywerig wees om in daardie rus in te gaan, dat niemand val volgens dieselfde voorbeeld van ongeloof nie.
12
For the word of God [is] quick, and powerful, and sharper than any twoedged sword, piercing even to the dividing asunder of soul and spirit, and of the joints and marrow, and [is] a discerner of the thoughts and intents of the heart.
Want die woord van God is lewend, en kragtig, en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees, en van gewrigte en murg, en is ‚'n beoordeelaar van die gedagtes en voornemens van die hart.
13
Neither is there any creature that is not manifest in his sight: but all things [are] naked and opened unto the eyes of him with whom we have to do.
En daar is geen skepsel wat nie openbaar is voor Hom nie: maar alle dinge is naak en oopgemaak voor die oë van Hom met wie ons te doen het.
14
Seeing then that we have a great high priest, that is passed into the heavens, Jesus the Son of God, let us hold fast [our] profession.
Aangesien ons dan ’n groot Hoëpriester het, wat deur die hemele gegaan het, Jesus die Seun van God, laat ons vashou aan ons belydenis.
15
For we have not an high priest which cannot be touched with the feeling of our infirmities; but was in all points tempted like as [we are, yet] without sin.
Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede kan medelye hê nie; maar een wat in alle opsigte versoek is soos ons, tog sonder sonde.
16
Let us therefore come boldly unto the throne of grace, that we may obtain mercy, and find grace to help in time of need.
Laat ons daarom met vrymoedigheid nader kom tot die troon van genade, dat ons barmhartigheid mag verkry, en genade vind om te help in die tyd van nood.