King James Version
AFR DVK
1
Now of the things which we have spoken [this is] the sum: We have such an high priest, who is set on the right hand of the throne of the Majesty in the heavens;
Nou van die dinge wat ons gespreek het is dit die som: Ons het so ’n hoëpriester, wat sit aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele;
2
A minister of the sanctuary, and of the true tabernacle, which the Lord pitched, and not man.
’n Bedienaar van die heiligdom, en van die ware tabernakel, wat die Here opgerig het, en nie ’n mens nie.
3
For every high priest is ordained to offer gifts and sacrifices: wherefore [it is] of necessity that this man have somewhat also to offer.
Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te offer: daarom is dit noodsaaklik dat hierdie ook iets het om te offer.
4
For if he were on earth, he should not be a priest, seeing that there are priests that offer gifts according to the law:
Want as Hy op die aarde was, sou Hy nie ’n priester wees nie, aangesien daar priesters is wat gawes offer volgens die wet:
5
Who serve unto the example and shadow of heavenly things, as Moses was admonished of God when he was about to make the tabernacle: for, See, saith he, [that] thou make all things according to the pattern shewed to thee in the mount.
Wat dien tot die voorbeeld en skaduwee van hemelse dinge, soos Moses goddelik beveel is toe hy die tabernakel sou maak: want, Sien toe, sê Hy, dat jy alle dinge maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg gewys is.
6
But now hath he obtained a more excellent ministry, by how much also he is the mediator of a better covenant, which was established upon better promises.
Maar nou het Hy ’n meer uitnemende bediening verkry, insoverre as Hy ook die middelaar is van ’n beter verbond, wat op beter beloftes gevestig is.
7
For if that first [covenant] had been faultless, then should no place have been sought for the second.
Want as daardie eerste verbond sonder gebrek was, sou daar geen plek gesoek word vir die tweede nie.
8
For finding fault with them, he saith, Behold, the days come, saith the Lord, when I will make a new covenant with the house of Israel and with the house of Judah:
Want Hy, berispende hulle, sê, Kyk, die dae kom, sê die Here, wanneer ek ’n nuwe verbond sal maak met die huis van Israel en met die huis van Juda:
9
Not according to the covenant that I made with their fathers in the day when I took them by the hand to lead them out of the land of Egypt; because they continued not in my covenant, and I regarded them not, saith the Lord.
Nie volgens die verbond wat ek met hulle vaders gemaak het in die dag toe ek hulle by die hand geneem het om hulle uit die land van Egipte uit te lei nie; omdat hulle nie in my verbond gebly het nie, en ek hulle nie geag het nie, sê die Here.
10
For this [is] the covenant that I will make with the house of Israel after those days, saith the Lord; I will put my laws into their mind, and write them in their hearts: and I will be to them a God, and they shall be to me a people:
Want dit is die verbond wat ek met die huis van Israel sal maak ná daardie dae, sê die Here; Ek sal my wette in hulle verstand sit, en in hulle harte sal ek hulle skrywe: en ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees:
11
And they shall not teach every man his neighbour, and every man his brother, saying, Know the Lord: for all shall know me, from the least to the greatest.
En hulle sal nie elkeen sy naaste, en elkeen sy broer leer, sê, Ken die Here nie: want almal sal My ken, van die kleinste tot die grootste.
12
For I will be merciful to their unrighteousness, and their sins and their iniquities will I remember no more.
Want ek sal barmhartig wees tot hulle ongeregtigheid, en hulle sondes en hulle ongeregtighede sal ek nie meer gedenk nie.
13
In that he saith, A new [covenant], he hath made the first old. Now that which decayeth and waxeth old [is] ready to vanish away.
In dat Hy sê, ’n Nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak. Nou dit wat oud word en verouder, is naby om te verdwyn.