King James Version
AFR DVK
1
The word of the LORD that came unto Hosea, the son of Beeri, in the days of Uzziah, Jotham, Ahaz, [and] Hezekiah, kings of Judah, and in the days of Jeroboam the son of Joash, king of Israel.
Die woord van die HERE wat tot Hosea die seun van Beëri gekom het, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, en Hiskía, konings van Juda, en in die dae van Jéróbeam die seun van Joas, koning van Israel.
2
The beginning of the word of the LORD by Hosea. And the LORD said to Hosea, Go, take unto thee a wife of whoredoms and children of whoredoms: for the land hath committed great whoredom, [departing] from the LORD.
Die begin van die woord van die HERE deur Hosea. En die HERE het tot Hosea gesê, Gaan, neem vir jou ’n vrou van hoererye en kinders van hoererye: want die land het groot hoerery gepleeg, deur van die HERE af te wyk.
3
So he went and took Gomer the daughter of Diblaim; which conceived, and bare him a son.
So het hy gegaan en Gomer die dogter van Diblaim geneem; wat ontvang het, en vir hom ’n seun gebaar het.
4
And the LORD said unto him, Call his name Jezreel; for yet a little [while], and I will avenge the blood of Jezreel upon the house of Jehu, and will cause to cease the kingdom of the house of Israel.
En die HERE het tot hom gesê, Noem sy naam Jísreël; want nog ’n bietjie, en ek sal die bloed van Jísreël op die huis van Jehu besoek, en sal die koninkryk van die huis van Israel laat ophou.
5
And it shall come to pass at that day, that I will break the bow of Israel in the valley of Jezreel.
En dit sal in daardie dag gebeur, dat ek die boog van Israel in die vallei van Jísreël sal verbreek.
6
And she conceived again, and bare a daughter. And [God] said unto him, Call her name Loruhamah: for I will no more have mercy upon the house of Israel; but I will utterly take them away.
En sy het weer ontvang, en ’n dogter gebaar. En God het tot hom gesê, Noem haar naam Lo-Rúhama: want ek sal nie meer medelye hê met die huis van Israel nie; maar ek sal hulle heeltemal wegneem.
7
But I will have mercy upon the house of Judah, and will save them by the LORD their God, and will not save them by bow, nor by sword, nor by battle, by horses, nor by horsemen.
Maar ek sal medelye hê met die huis van Juda, en sal hulle verlos deur die HERE hulle God, en sal hulle nie verlos deur boog, en ook nie deur swaard, en ook nie deur geveg, deur perde, of deur ruiters nie.
8
Now when she had weaned Loruhamah, she conceived, and bare a son.
Nou toe sy Lo-Rúhama gespeen het, het sy ontvang, en ’n seun gebaar.
9
Then said [God], Call his name Loammi: for ye [are] not my people, and I will not be your [God].
Toe het Hy gesê, Noem sy naam Lo-Ammi: want julle is nie my volk nie, en ek sal nie julle s’n wees nie.
10
Yet the number of the children of Israel shall be as the sand of the sea, which cannot be measured nor numbered; and it shall come to pass, [that] in the place where it was said unto them, Ye [are] not my people, [there] it shall be said unto them, [Ye are] the sons of the living God.
Tog sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet of getel kan word nie; en dit sal gebeur, dat in die plek waar daar tot hulle gesê is, Julle is nie my volk nie, daar sal tot hulle gesê word, Julle is die seuns van die lewende God.
11
Then shall the children of Judah and the children of Israel be gathered together, and appoint themselves one head, and they shall come up out of the land: for great [shall be] the day of Jezreel.
Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel bymekaargemaak word, en hulle sal vir hulleself een hoof aanstel, en hulle sal uit die land optrek: want groot sal die dag van Jísreël wees.