← Jesaja 56 Jesaja — Isaiah 57 Jesaja 58 →
King James Version
AFR DVK
1
The righteous perisheth, and no man layeth [it] to heart: and merciful men [are] taken away, none considering that the righteous is taken away from the evil [to come].
Die regverdige vergaan, en geen mens lê dit ter harte nie: en barmhartige manne word weggeneem, niemand ag dat die regverdige weggeneem word van die kwaad af nie.
2
He shall enter into peace: they shall rest in their beds, [each one] walking [in] his uprightness.
Hy sal in vrede ingaan: hulle sal rus in hulle beddens, elkeen wat in sy opregtheid wandel.
3
But draw near hither, ye sons of the sorceress, the seed of the adulterer and the whore.
Maar nader kom hier, julle seuns van die toordster, die saad van die egbreker en die hoer.
4
Against whom do ye sport yourselves? against whom make ye a wide mouth, [and] draw out the tongue? [are] ye not children of transgression, a seed of falsehood,
Teen wie maak julle julle lus? teen wie maak julle ‚'n wye mond oop, en steek die tong uit? is julle nie kinders van oortreding, ‚'n saad van valsheid nie,
5
Enflaming yourselves with idols under every green tree, slaying the children in the valleys under the clifts of the rocks?
Ontbrand met begeerte onder die eikebome, onder elke groen boom, doodmakende die kinders in die valleie onder die klowings van die rotse?
6
Among the smooth [stones] of the stream [is] thy portion; they, they [are] thy lot: even to them hast thou poured a drink offering, thou hast offered a meat offering. Should I receive comfort in these?
Onder die gladde klippe van die stroom is jou deel; hulle, hulle is jou lot: selfs aan hulle het jy ‚'n drankoffer uitgestort, jy het ‚'n spysoffer opgeoffer. Moet ek My oor hierdie dinge verkwik?
7
Upon a lofty and high mountain hast thou set thy bed: even thither wentest thou up to offer sacrifice.
Op ’n hoë en verhewe berg het jy jou bed gestel: selfs daarheen het jy opgegaan om offer te offer.
8
Behind the doors also and the posts hast thou set up thy remembrance: for thou hast discovered [thyself to another] than me, and art gone up; thou hast enlarged thy bed, and made thee [a covenant] with them; thou lovedst their bed where thou sawest [it].
Agter die deure ook en die poste het jy jou nagedagtenis gestel: want jy het jouself aan ‚'n ander as My ontbloot, en is opgegaan; jy het jou bed vergroot, en met hulle ‚'n verbond gemaak; jy het hulle bed liefgehad, waar jy dit gesien het.
9
And thou wentest to the king with ointment, and didst increase thy perfumes, and didst send thy messengers far off, and didst debase [thyself even] unto hell.
En jy het na die koning gegaan met salfolie, en jou parfuums vermeerder, en jou boodskappers ver gestuur, en jouself tot by die doderyk neergelaat.
10
Thou art wearied in the greatness of thy way; [yet] saidst thou not, There is no hope: thou hast found the life of thine hand; therefore thou wast not grieved.
Jy is in die grootheid van jou weg moeg geword; tog het jy nie gesê, Daar is geen hoop nie: jy het die lewe van jou hand gevind; daarom was jy nie bedroef nie.
11
And of whom hast thou been afraid or feared, that thou hast lied, and hast not remembered me, nor laid [it] to thy heart? have not I held my peace even of old, and thou fearest me not?
En van wie was jy bang of bevrees, dat jy gelieg het, en My nie onthou het nie, en dit nie ter harte geneem het nie? is dit nie omdat ek stilgehou het, en dit van ouds af, dat jy My nie vrees nie?
12
I will declare thy righteousness, and thy works; for they shall not profit thee.
Ek sal jou geregtigheid verklaar, en jou werke; want hulle sal jou nie baat nie.
13
When thou criest, let thy companies deliver thee; but the wind shall carry them all away; vanity shall take [them]: but he that putteth his trust in me shall possess the land, and shall inherit my holy mountain;
Wanneer jy roep, laat jou geselskap jou red; maar die wind sal hulle almal wegneem; ydelheid sal hulle wegneem: maar hy wat op My vertrou, sal die land besit, en my heilige berg erf.
14
And shall say, Cast ye up, cast ye up, prepare the way, take up the stumblingblock out of the way of my people.
En sal sê, Gooi op, gooi op, berei die weg, neem die struikelblok uit die weg van my volk.
15
For thus saith the high and lofty One that inhabiteth eternity, whose name [is] Holy; I dwell in the high and holy [place], with him also [that is] of a contrite and humble spirit, to revive the spirit of the humble, and to revive the heart of the contrite ones.
Want so sê die Hoë en Verhewe Een wat in ewigheid woon, wie se Naam Heilig is; Ek woon in die hoë en heilige plek, met hom ook wat van ’n berouvolle en nederige gees is, om die gees van die nederiges te lewendig te maak, en om die hart van die berouvolles te lewendig te maak.
16
For I will not contend for ever, neither will I be always wroth: for the spirit should fail before me, and the souls [which] I have made.
Want ek sal nie vir ewig twis nie, en ek sal ook nie altyd toornig wees nie: want die gees sou voor My begewe, en die siele wat ek gemaak het.
17
For the iniquity of his covetousness was I wroth, and smote him: I hid me, and was wroth, and he went on frowardly in the way of his heart.
Vir die ongeregtigheid van sy hebsug was ek toornig, en het hom geslaan: ek het My verberg, en was toornig, en hy het voortgegaan in die weg van sy hart afvallig.
18
I have seen his ways, and will heal him: I will lead him also, and restore comforts unto him and to his mourners.
Ek het sy weë gesien, en sal hom genees: ek sal hom ook lei, en troos aan hom en aan sy treurendes teruggee.
19
I create the fruit of the lips; Peace, peace to [him that is] far off, and to [him that is] near, saith the LORD; and I will heal him.
Ek skep die vrug van die lippe; Vrede, vrede aan hom wat ver is, en aan hom wat naby is, sê die HERE; en ek sal hom genees.
20
But the wicked [are] like the troubled sea, when it cannot rest, whose waters cast up mire and dirt.
Maar die goddelose is soos die onstuimige see, wanneer dit nie kan rus nie, wie se waters slyk en modder uitwerp.
21
[There is] no peace, saith my God, to the wicked.
Daar is geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie.