King James Version
AFR DVK
1
There was a man of the Pharisees, named Nicodemus, a ruler of the Jews:
Daar was ’n man van die Fariseërs, met die naam van Nikodémus, ’n owerste van die Jode:
2
The same came to Jesus by night, and said unto him, Rabbi, we know that thou art a teacher come from God: for no man can do these miracles that thou doest, except God be with him.
Dieselfde het in die nag by Jesus gekom, en tot Hom gesê, Rabbi, ons weet dat U ’n leraar is wat van God gekom het: want niemand kan hierdie wonderwerke doen wat U doen nie, tensy God met hom is.
3
Jesus answered and said unto him, Verily, verily, I say unto thee, Except a man be born again, he cannot see the kingdom of God.
Jesus het geantwoord en tot hom gesê, Voorwaar, voorwaar sê ek vir jou, As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
4
Nicodemus saith unto him, How can a man be born when he is old? can he enter the second time into his mother’s womb, and be born?
Nikodémus sê tot Hom, Hoe kan ’n mens gebore word as hy oud is? kan hy ’n tweede maal in sy moeder se skoot ingaan, en gebore word?
5
Jesus answered, Verily, verily, I say unto thee, Except a man be born of water and [of] the Spirit, he cannot enter into the kingdom of God.
Jesus het geantwoord, Voorwaar, voorwaar sê ek vir jou, As iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie.
6
That which is born of the flesh is flesh; and that which is born of the Spirit is spirit.
Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
7
Marvel not that I said unto thee, Ye must be born again.
Verwonder jou nie dat ek tot jou gesê het, Julle moet weer gebore word nie.
8
The wind bloweth where it listeth, and thou hearest the sound thereof, but canst not tell whence it cometh, and whither it goeth: so is every one that is born of the Spirit.
Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy kan nie sê vanwaar hy kom, en waarheen hy gaan nie: so is elkeen wat uit die Gees gebore is.
9
Nicodemus answered and said unto him, How can these things be?
Nikodémus het geantwoord en tot Hom gesê, Hoe kan hierdie dinge wees?
10
Jesus answered and said unto him, Art thou a master of Israel, and knowest not these things?
Jesus het geantwoord en tot hom gesê, Is jy ’n meester van Israel, en ken jy hierdie dinge nie?
11
Verily, verily, I say unto thee, We speak that we do know, and testify that we have seen; and ye receive not our witness.
Voorwaar, voorwaar sê ek vir jou, Ons spreek wat ons weet, en getuig wat ons gesien het; en julle ontvang ons getuienis nie.
12
If I have told you earthly things, and ye believe not, how shall ye believe, if I tell you [of] heavenly things?
As ek julle aardse dinge gesê het, en julle glo nie, hoe sal julle glo as ek julle van hemelse dinge sê?
13
And no man hath ascended up to heaven, but he that came down from heaven, [even] the Son of man which is in heaven.
En niemand het opgevaar na die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, selfs die Seun van die mens wat in die hemel is.
14
And as Moses lifted up the serpent in the wilderness, even so must the Son of man be lifted up:
En soos Moses die slang in die wildernis verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word:
15
That whosoever believeth in him should not perish, but have eternal life.
Dat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe mag hê.
16
For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, dat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe mag hê.
17
For God sent not his Son into the world to condemn the world; but that the world through him might be saved.
Want God het sy Seun nie in die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie; maar dat die wêreld deur Hom gered mag word.
18
He that believeth on him is not condemned: but he that believeth not is condemned already, because he hath not believed in the name of the only begotten Son of God.
Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie: maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel, omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
19
And this is the condemnation, that light is come into the world, and men loved darkness rather than light, because their deeds were evil.
En dit is die oordeel, dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig, omdat hulle dade boos was.
20
For every one that doeth evil hateth the light, neither cometh to the light, lest his deeds should be reproved.
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig, en kom nie na die lig nie, anders word sy dade bestraf.
21
But he that doeth truth cometh to the light, that his deeds may be made manifest, that they are wrought in God.
Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, dat sy dade openbaar mag word, dat hulle in God gedoen is.
22
After these things came Jesus and his disciples into the land of Judaea; and there he tarried with them, and baptized.
Ná hierdie dinge het Jesus en sy dissipels in die land van Judea gekom; en daar het Hy by hulle vertoef, en gedoop.
23
And John also was baptizing in AEnon near to Salim, because there was much water there: and they came, and were baptized.
En Johannes het ook gedoop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was: en hulle het gekom, en is gedoop.
24
For John was not yet cast into prison.
Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.
25
Then there arose a question between [some] of John’s disciples and the Jews about purifying.
Toe het daar ‚'n vraag ontstaan tussen sommige van Johannes se dissipels en die Jode aangaande reiniging.
26
And they came unto John, and said unto him, Rabbi, he that was with thee beyond Jordan, to whom thou barest witness, behold, the same baptizeth, and all [men] come to him.
En hulle het by Johannes gekom, en tot hom gesê, Rabbi, Hy wat by jou was oorkant die Jordaan, van wie jy getuig het, kyk, dieselfde doop, en almal kom na Hom.
27
John answered and said, A man can receive nothing, except it be given him from heaven.
Johannes het geantwoord en gesê, ’n Mens kan niks ontvang nie, tensy dit aan hom uit die hemel gegee is.
28
Ye yourselves bear me witness, that I said, I am not the Christ, but that I am sent before him.
Julle self is my getuies dat ek gesê het, Ek is nie die Christus nie, maar dat ek voor Hom uit gestuur is.
29
He that hath the bride is the bridegroom: but the friend of the bridegroom, which standeth and heareth him, rejoiceth greatly because of the bridegroom’s voice: this my joy therefore is fulfilled.
Hy wat die bruid het, is die bruidegom: maar die vriend van die bruidegom, wat staan en hom hoor, verbly hom grootliks oor die bruidegom se stem: hierdie my blydskap is daarom vervul.
30
He must increase, but I [must] decrease.
Hy moet toeneem, maar ek moet afneem.
31
He that cometh from above is above all: he that is of the earth is earthly, and speaketh of the earth: he that cometh from heaven is above all.
Hy wat van bo af kom is bo almal: hy wat van die aarde is is aards, en spreek van die aarde: Hy wat van die hemel kom is bo almal.
32
And what he hath seen and heard, that he testifieth; and no man receiveth his testimony.
En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand ontvang sy getuienis nie.
33
He that hath received his testimony hath set to his seal that God is true.
Hy wat sy getuienis ontvang het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
34
For he whom God hath sent speaketh the words of God: for God giveth not the Spirit by measure [unto him].
Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God: want God gee die Gees nie met mate nie.
35
The Father loveth the Son, and hath given all things into his hand.
Die Vader het die Seun lief, en het alle dinge in sy hand gegee.
36
He that believeth on the Son hath everlasting life: and he that believeth not the Son shall not see life; but the wrath of God abideth on him.
Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe: en hy wat die Seun nie glo nie, sal die lewe nie sien nie; maar die toorn van God bly op hom.