← Josua 20 Josua — Joshua 21 Josua 22 →
King James Version
AFR DVK
1
Then came near the heads of the fathers of the Levites unto Eleazar the priest, and unto Joshua the son of Nun, and unto the heads of the fathers of the tribes of the children of Israel;
Toe het die hoofde van die vaderhuise van die Leviete by Eleásar die priester, en by Josua die seun van Nun, en by die hoofde van die vaderhuise van die stamme van die kinders van Israel gekom;
2
And they spake unto them at Shiloh in the land of Canaan, saying, The LORD commanded by the hand of Moses to give us cities to dwell in, with the suburbs thereof for our cattle.
En hulle het tot hulle gespreek in Silo in die land Kanaän, en gesê, Die HERE het deur die hand van Moses beveel om ons stede te gee om in te woon, met die voorstede daarvan vir ons vee.
3
And the children of Israel gave unto the Levites out of their inheritance, at the commandment of the LORD, these cities and their suburbs.
En die kinders van Israel het aan die Leviete uit hulle erfenis, volgens die bevel van die HERE, hierdie stede en hulle voorstede gegee.
4
And the lot came out for the families of the Kohathites: and the children of Aaron the priest, [which were] of the Levites, had by lot out of the tribe of Judah, and out of the tribe of Simeon, and out of the tribe of Benjamin, thirteen cities.
En die lot het uitgekom vir die families van die Kehatiete: en die kinders van Aäron die priester, wat van die Leviete was, het by die lot uit die stam van Juda, en uit die stam van die Simeoniete, en uit die stam van Benjamin, dertien stede gehad.
5
And the rest of the children of Kohath [had] by lot out of the families of the tribe of Ephraim, and out of the tribe of Dan, and out of the half tribe of Manasseh, ten cities.
En die oorblyfsel van die kinders van Kehat het by die lot uit die families van die stam van Efraim, en uit die stam van Dan, en uit die halfstam van Manasse, tien stede gehad.
6
And the children of Gershon [had] by lot out of the families of the tribe of Issachar, and out of the tribe of Asher, and out of the tribe of Naphtali, and out of the half tribe of Manasseh in Bashan, thirteen cities.
En die kinders van Gerson het by die lot uit die families van die stam van Issaskar, en uit die stam van Aser, en uit die stam van Naftali, en uit die halfstam van Manasse in Basan, dertien stede gehad.
7
The children of Merari by their families [had] out of the tribe of Reuben, and out of the tribe of Gad, and out of the tribe of Zebulun, twelve cities.
Die kinders van Merari volgens hulle families het uit die stam van Ruben, en uit die stam van Gad, en uit die stam van Sébulon, twaalf stede gehad.
8
And the children of Israel gave by lot unto the Levites these cities with their suburbs, as the LORD commanded by the hand of Moses.
En die kinders van Israel het hierdie stede met hulle voorstede by die lot aan die Leviete gegee, soos die HERE deur die hand van Moses beveel het.
9
And they gave out of the tribe of the children of Judah, and out of the tribe of the children of Simeon, these cities which are [here] mentioned by name,
En hulle het uit die stam van die kinders van Juda, en uit die stam van die kinders van Simeon, hierdie stede gegee wat by name genoem word,
10
Which the children of Aaron, [being] of the families of the Kohathites, [who were] of the children of Levi, had: for theirs was the first lot.
Wat aan die kinders van Aäron, van die families van die Kehatiete, wat van die kinders van Levi was, behoort het: want hulle het die eerste lot gehad.
11
And they gave them the city of Arba the father of Anak, which [city is] Hebron, in the hill [country] of Judah, with the suburbs thereof round about it.
En hulle het aan hulle die stad van Arba die vader van Enak, wat Hebron is, in die berg van Juda, met die voorstede daarvan rondom gegee.
12
But the fields of the city, and the villages thereof, gave they to Caleb the son of Jephunneh for his possession.
Maar die velde van die stad, en die dorpe daarvan, het hulle aan Kaleb die seun van Jefúnne as sy besitting gegee.
13
Thus they gave to the children of Aaron the priest Hebron with her suburbs, [to be] a city of refuge for the slayer; and Libnah with her suburbs,
So het hulle dan aan die kinders van Aäron die priester Hebron met haar voorstede gegee, om ’n stad van toevlug vir die doodslaner te wees, en Libna met haar voorstede,
14
And Jattir with her suburbs, and Eshtemoa with her suburbs,
En Jattir met haar voorstede, en Estemoa met haar voorstede,
15
And Holon with her suburbs, and Debir with her suburbs,
En Holon met haar voorstede, en Debir met haar voorstede,
16
And Ain with her suburbs, and Juttah with her suburbs, [and] Bethshemesh with her suburbs; nine cities out of those two tribes.
En Ain met haar voorstede, en Jutta met haar voorstede, en Bet-Semes met haar voorstede; nege stede uit daardie twee stamme.
17
And out of the tribe of Benjamin, Gibeon with her suburbs, Geba with her suburbs,
En uit die stam van Benjamin, Gibeon met haar voorstede, Geba met haar voorstede,
18
Anathoth with her suburbs, and Almon with her suburbs; four cities.
Anatot met haar voorstede, en Almon met haar voorstede; vier stede.
19
All the cities of the children of Aaron, the priests, [were] thirteen cities with their suburbs.
Al die stede van die kinders van Aäron, die priesters, was dertien stede met hulle voorstede.
20
And the families of the children of Kohath, the Levites which remained of the children of Kohath, even they had the cities of their lot out of the tribe of Ephraim.
En die families van die kinders van Kehat, die Leviete wat van die kinders van Kehat oorgebly het, het selfs die stede van hulle lot uit die stam van Efraim gehad.
21
For they gave them Shechem with her suburbs in mount Ephraim, [to be] a city of refuge for the slayer; and Gezer with her suburbs,
Want hulle het aan hulle Sigem met haar voorstede in die berg Efraim gegee, om ‚'n stad van toevlug vir die doodslaner te wees; en Geser met haar voorstede,
22
And Kibzaim with her suburbs, and Bethhoron with her suburbs; four cities.
En Kibsáim met haar voorstede, en Bet-Horon met haar voorstede; vier stede.
23
And out of the tribe of Dan, Eltekeh with her suburbs, Gibbethon with her suburbs,
En uit die stam van Dan, Elteke met haar voorstede, Gibbeton met haar voorstede,
24
Aijalon with her suburbs, Gathrimmon with her suburbs; four cities.
Ajalon met haar voorstede, Gat-Rimmon met haar voorstede; vier stede.
25
And out of the half tribe of Manasseh, Tanach with her suburbs, and Gathrimmon with her suburbs; two cities.
En uit die halfstam van Manasse, Táänag met haar voorstede, en Gat-Rimmon met haar voorstede; twee stede.
26
All the cities [were] ten with their suburbs for the families of the children of Kohath that remained.
Al die stede vir die oorblywende families van die kinders van Kehat was tien met hulle voorstede.
27
And unto the children of Gershon, of the families of the Levites, out of the [other] half tribe of Manasseh [they gave] Golan in Bashan with her suburbs, [to be] a city of refuge for the slayer; and Beeshterah with her suburbs; two cities.
En aan die kinders van Gerson, van die families van die Leviete, uit die halfstam van Manasse het hulle Golan in Basan met haar voorstede gegee, om ’n stad van toevlug vir die doodslaner te wees; en Beëstera met haar voorstede; twee stede.
28
And out of the tribe of Issachar, Kishon with her suburbs, Dabareh with her suburbs,
En uit die stam van Issaskar, Kisjon met haar voorstede, Daberat met haar voorstede,
29
Jarmuth with her suburbs, Engannim with her suburbs; four cities.
Jarmut met haar voorstede, En-Gannim met haar voorstede; vier stede.
30
And out of the tribe of Asher, Mishal with her suburbs, Abdon with her suburbs,
En uit die stam van Aser, Misal met haar voorstede, Abdon met haar voorstede,
31
Helkath with her suburbs, and Rehob with her suburbs; four cities.
Helkat met haar voorstede, en Rehob met haar voorstede; vier stede.
32
And out of the tribe of Naphtali, Kedesh in Galilee with her suburbs, [to be] a city of refuge for the slayer; and Hammothdor with her suburbs, and Kartan with her suburbs; three cities.
En uit die stam van Naftali, Kedes in Galiléa met haar voorstede, om ’n stad van toevlug vir die doodslaner te wees; en Hammot-Dor met haar voorstede, en Kartan met haar voorstede; drie stede.
33
All the cities of the Gershonites according to their families [were] thirteen cities with their suburbs.
Al die stede van die Gersoniete volgens hulle families was dertien stede met hulle voorstede.
34
And unto the families of the children of Merari, the rest of the Levites, out of the tribe of Zebulun, Jokneam with her suburbs, and Kartah with her suburbs,
En aan die families van die kinders van Merari, die oorblywende Leviete, uit die stam van Sébulon, Jokneam met haar voorstede, en Karta met haar voorstede,
35
Dimnah with her suburbs, Nahalal with her suburbs; four cities.
Dimna met haar voorstede, Nahalal met haar voorstede; vier stede.
36
And out of the tribe of Reuben, Bezer with her suburbs, and Jahazah with her suburbs,
En uit die stam van Ruben, Beser met haar voorstede, en Jáhasa met haar voorstede,
37
Kedemoth with her suburbs, and Mephaath with her suburbs; four cities.
Kedemot met haar voorstede, en Méfaat met haar voorstede; vier stede.
38
And out of the tribe of Gad, Ramoth in Gilead with her suburbs, [to be] a city of refuge for the slayer; and Mahanaim with her suburbs,
En uit die stam van Gad, Ramot in Gílead met haar voorstede, om ’n stad van toevlug vir die doodslaner te wees; en Mahánaïm met haar voorstede,
39
Heshbon with her suburbs, Jazer with her suburbs; four cities in all.
Hesbon met haar voorstede, Jaéser met haar voorstede; vier stede in alles.
40
So all the cities for the children of Merari by their families, which were remaining of the families of the Levites, were [by] their lot twelve cities.
So was al die stede vir die kinders van Merari volgens hulle families, wat van die families van die Leviete oorgeblewe was, volgens hulle lot, twaalf stede.
41
All the cities of the Levites within the possession of the children of Israel [were] forty and eight cities with their suburbs.
Al die stede van die Leviete binne die besitting van die kinders van Israel was agt en veertig stede met hulle voorstede.
42
These cities were every one with their suburbs round about them: thus [were] all these cities.
Hierdie stede was elkeen met hulle voorstede rondom hulle: so was dit met al hierdie stede.
43
And the LORD gave unto Israel all the land which he sware to give unto their fathers; and they possessed it, and dwelt therein.
En die HERE het aan Israel die hele land gegee wat Hy aan hulle vaders met ‚'n eed beloof het om te gee; en hulle het dit in besit geneem, en daarin gewoon.
44
And the LORD gave them rest round about, according to all that he sware unto their fathers: and there stood not a man of all their enemies before them; the LORD delivered all their enemies into their hand.
En die HERE het hulle rus gegee rondom, volgens alles wat Hy aan hulle vaders met ‚'n eed beloof het: en daar het nie ‚'n man van al hulle vyande voor hulle standgehou nie; die HERE het al hulle vyande in hulle hand gegee.
45
There failed not ought of any good thing which the LORD had spoken unto the house of Israel; all came to pass.
Daar het nie ‚'n woord gefaal van enige goeie ding wat die HERE tot die huis van Israel gespreek het nie; alles is vervul.