King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass, when all the kings of the Amorites, which [were] on the side of Jordan westward, and all the kings of the Canaanites, which [were] by the sea, heard that the LORD had dried up the waters of Jordan from before the children of Israel, until we were passed over, that their heart melted, neither was there spirit in them any more, because of the children of Israel.
En dit het gebeur, toe al die konings van die Amoriete, wat aan hierdie kant van die Jordaan weswaarts was, en al die konings van die Kanaäniete, wat by die see was, gehoor het dat die HERE die waters van die Jordaan voor die kinders van Israel uitgedroog het, totdat ons oorgegaan het, dat hulle hart wegsmelt, en daar was geen meer moed in hulle nie, vanweë die kinders van Israel.
2
At that time the LORD said unto Joshua, Make thee sharp knives, and circumcise again the children of Israel the second time.
In daardie tyd het die HERE tot Josua gesê, Maak vir jou skerp messe, en besny die kinders van Israel weer die tweede maal.
3
And Joshua made him sharp knives, and circumcised the children of Israel at the hill of the foreskins.
En Josua het vir hom skerp messe gemaak, en die kinders van Israel by die heuwel van die voorhude besny.
4
And this [is] the cause why Joshua did circumcise: All the people that came out of Egypt, [that were] males, [even] all the men of war, died in the wilderness by the way, after they came out of Egypt.
En dit is die oorsaak waarom Josua hulle besny het: Al die volk wat uit Egipte uitgegaan het, wat manlike was, al die manne van oorlog, is in die wildernis langs die pad gesterwe, nadat hulle uit Egipte uitgegaan het.
5
Now all the people that came out were circumcised: but all the people [that were] born in the wilderness by the way as they came forth out of Egypt, [them] they had not circumcised.
Nou was al die volk wat uitgegaan het, besny: maar al die volk wat in die wildernis langs die pad gebore is, nadat hulle uit Egipte uitgegaan het, is nie besny nie.
6
For the children of Israel walked forty years in the wilderness, till all the people [that were] men of war, which came out of Egypt, were consumed, because they obeyed not the voice of the LORD: unto whom the LORD sware that he would not shew them the land, which the LORD sware unto their fathers that he would give us, a land that floweth with milk and honey.
Want die kinders van Israel het veertig jaar lank in die wildernis gewandel, totdat al die volk wat manne van oorlog was, wat uit Egipte uitgegaan het, verteer was, omdat hulle nie na die stem van die HERE geluister het nie: aan wie die HERE gesweer het dat Hy hulle nie sou laat sien die land wat die HERE aan hulle vaders met ‚'n eed beloof het om aan ons te gee, ‚'n land wat oorvloei van melk en heuning nie.
7
And their children, [whom] he raised up in their stead, them Joshua circumcised: for they were uncircumcised, because they had not circumcised them by the way.
En hulle kinders, wat Hy in hulle plek opgewek het, dié het Josua besny: want hulle was onbesnede, omdat hulle hulle nie langs die pad besny het nie.
8
And it came to pass, when they had done circumcising all the people, that they abode in their places in the camp, till they were whole.
En dit het gebeur, toe hulle klaar was met die besnydenis van die hele volk, dat hulle in hulle plek in die kamp gebly het, totdat hulle genees was.
9
And the LORD said unto Joshua, This day have I rolled away the reproach of Egypt from off you. Wherefore the name of the place is called Gilgal unto this day.
En die HERE het tot Josua gesê, Vandag het ek die smaad van Egipte van julle afgerol. Daarom is die naam van daardie plek tot vandag toe Gilgal genoem.
10
And the children of Israel encamped in Gilgal, and kept the passover on the fourteenth day of the month at even in the plains of Jericho.
En die kinders van Israel het in Gilgal kamp opgeslaan, en die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand in die vlaktes van Jérigo.
11
And they did eat of the old corn of the land on the morrow after the passover, unleavened cakes, and parched [corn] in the selfsame day.
En hulle het van die ou koring van die land geëet die dag ná die pasga, ongesuurde koeke, en geroosterde koring in dieselfde dag.
12
And the manna ceased on the morrow after they had eaten of the old corn of the land; neither had the children of Israel manna any more; but they did eat of the fruit of the land of Canaan that year.
En die manna het opgehou die dag ná hulle van die ou koring van die land geëet het; en die kinders van Israel het nie meer manna gehad nie; maar hulle het van die vrug van die land Kanaän geëet daardie jaar.
13
And it came to pass, when Joshua was by Jericho, that he lifted up his eyes and looked, and, behold, there stood a man over against him with his sword drawn in his hand: and Joshua went unto him, and said unto him, [Art] thou for us, or for our adversaries?
En dit het gebeur, toe Josua by Jérigo was, dat hy sy oë opgeslaan het en gekyk het, en kyk, daar het ’n Man teenoor hom gestaan met sy swaard uitgetrek in sy hand: en Josua het na Hom gegaan, en tot Hom gesê, Is U vir ons, of vir ons teëstanders?
14
And he said, Nay; but [as] captain of the host of the LORD am I now come. And Joshua fell on his face to the earth, and did worship, and said unto him, What saith my lord unto his servant?
En Hy het gesê, Nee; maar as Aanvoerder van die leër van die HERE is ek nou gekom. En Josua het op sy aangesig na die aarde geval, en aangebid, en tot Hom gesê, Wat sê my Heer tot sy dienaar?
15
And the captain of the LORD’S host said unto Joshua, Loose thy shoe from off thy foot; for the place whereon thou standest [is] holy. And Joshua did so.
En die Aanvoerder van die leër van die HERE het tot Josua gesê, Trek jou skoen van jou voet af; want die plek waarop jy staan, is heilig. En Josua het so gedoen.