← Levitikus 10 Levitikus — Leviticus 11 Levitikus 12 →
King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses and to Aaron, saying unto them,
En die HERE het tot Moses en tot Aäron gespreek, en tot hulle gesê,
2
Speak unto the children of Israel, saying, These [are] the beasts which ye shall eat among all the beasts that [are] on the earth.
Spreek tot die kinders van Israel, en sê, Dit is die diere wat julle mag eet onder al die diere wat op die aarde is.
3
Whatsoever parteth the hoof, and is clovenfooted, [and] cheweth the cud, among the beasts, that shall ye eat.
Alles wat die klou splits, en die klou heeltemal gesplete het, en herkou onder die diere, dit mag julle eet.
4
Nevertheless these shall ye not eat of them that chew the cud, or of them that divide the hoof: [as] the camel, because he cheweth the cud, but divideth not the hoof; he [is] unclean unto you.
Maar dit is dit wat julle nie mag eet van dié wat herkou, of van dié wat die klou splits nie: die kameel, omdat hy herkou, maar die klou nie splits nie; hy is onrein vir julle.
5
And the coney, because he cheweth the cud, but divideth not the hoof; he [is] unclean unto you.
En die dassie, omdat hy herkou, maar die klou nie splits nie; hy is onrein vir julle.
6
And the hare, because he cheweth the cud, but divideth not the hoof; he [is] unclean unto you.
En die haas, omdat hy herkou, maar die klou nie splits nie; hy is onrein vir julle.
7
And the swine, though he divide the hoof, and be clovenfooted, yet he cheweth not the cud; he [is] unclean to you.
En die vark, al splits hy die klou, en die klou heeltemal gesplete het, tog herkou hy nie; hy is onrein vir julle.
8
Of their flesh shall ye not eat, and their carcase shall ye not touch; they [are] unclean to you.
Van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle dooie liggame mag julle nie aanraak nie; hulle is onrein vir julle.
9
These shall ye eat of all that [are] in the waters: whatsoever hath fins and scales in the waters, in the seas, and in the rivers, them shall ye eat.
Dit is dit wat julle mag eet van al wat in die waters is: alles wat vinne en skubbe het in die waters, in die see, en in die riviere, dit mag julle eet.
10
And all that have not fins and scales in the seas, and in the rivers, of all that move in the waters, and of any living thing which [is] in the waters, they [shall be] an abomination unto you:
En alles wat nie vinne en skubbe het in die see, en in die riviere, van alles wat in die waters beweeg, en van enige lewende ding wat in die waters is, dit moet ‚'n verfoeisel vir julle wees:
11
They shall be even an abomination unto you; ye shall not eat of their flesh, but ye shall have their carcases in abomination.
Hulle moet ‚'n verfoeisel vir julle wees; julle mag van hulle vleis nie eet nie, en hulle dooie liggame moet julle verfoei.
12
Whatsoever hath no fins nor scales in the waters, that [shall be] an abomination unto you.
Alles wat geen vinne of skubbe in die waters het nie, dit moet ‚'n verfoeisel vir julle wees.
13
And these [are they which] ye shall have in abomination among the fowls; they shall not be eaten, they [are] an abomination: the eagle, and the ossifrage, and the ospray,
En dit is dit wat julle moet verfoei onder die voëls; hulle mag nie geëet word nie, hulle is ’n verfoeisel: die arend, en die beisaarend, en die aasvoël,
14
And the vulture, and the kite after his kind;
En die valk, en die kiekendief na sy soort;
15
Every raven after his kind;
Elke raaf na sy soort;
16
And the owl, and the night hawk, and the cuckow, and the hawk after his kind,
En die volstruis, en die nagvoël, en die meeu, en die valk na sy soort,
17
And the little owl, and the cormorant, and the great owl,
En die uil, en die duiker, en die ooruil,
18
And the swan, and the pelican, and the gier eagle,
En die swaan, en die pelikaan, en die aasvoël,
19
And the stork, the heron after her kind, and the lapwing, and the bat.
En die reier, en die ooievaar na sy soort, en die hop, en die vlermuis.
20
All fowls that creep, going upon [all] four, [shall be] an abomination unto you.
Al die vlieënde insekte wat op vier voete loop, moet ’n verfoeisel vir julle wees.
21
Yet these may ye eat of every flying creeping thing that goeth upon [all] four, which have legs above their feet, to leap withal upon the earth;
Maar dit mag julle eet van al die vlieënde insekte wat op vier voete loop, wat bene het bo hulle voete, om daarmee op die aarde te spring;
22
[Even] these of them ye may eat; the locust after his kind, and the bald locust after his kind, and the beetle after his kind, and the grasshopper after his kind.
Selfs hierdie van hulle mag julle eet; die sprinkaan na sy soort, en die solam na sy soort, en die hargol na sy soort, en die hagab na sy soort.
23
But all [other] flying creeping things, which have four feet, [shall be] an abomination unto you.
Maar al die ander vlieënde insekte wat vier voete het, moet ’n verfoeisel vir julle wees.
24
And for these ye shall be unclean: whosoever toucheth the carcase of them shall be unclean until the even.
En deur hierdie dinge sal julle onrein wees: elkeen wat hulle dooie liggaam aanraak, moet onrein wees tot die aand toe.
25
And whosoever beareth [ought] of the carcase of them shall wash his clothes, and be unclean until the even.
En elkeen wat van hulle dooie liggaam dra, moet sy klere was, en onrein wees tot die aand toe.
26
[The carcases] of every beast which divideth the hoof, and [is] not clovenfooted, nor cheweth the cud, [are] unclean unto you: every one that toucheth them shall be unclean.
Die dooie liggaam van elke dier wat die klou splits, en nie heeltemal gesplete is nie, en nie herkou nie, is onrein vir julle: elkeen wat daaraan raak, moet onrein wees.
27
And whatsoever goeth upon his paws, among all manner of beasts that go on [all] four, those [are] unclean unto you: whoso toucheth their carcase shall be unclean until the even.
En alles wat op sy pote loop onder al die diere wat op vier voete loop, is onrein vir julle: elkeen wat hulle dooie liggaam aanraak, moet onrein wees tot die aand toe.
28
And he that beareth the carcase of them shall wash his clothes, and be unclean until the even: they [are] unclean unto you.
En hy wat hulle dooie liggaam dra, moet sy klere was, en onrein wees tot die aand toe: hulle is onrein vir julle.
29
These also [shall be] unclean unto you among the creeping things that creep upon the earth; the weasel, and the mouse, and the tortoise after his kind,
Hierdie is ook onrein vir julle onder die kruipende diere wat op die aarde kruip; die mol, en die muis, en die skilpad na sy soort,
30
And the ferret, and the chameleon, and the lizard, and the snail, and the mole.
En die akkedis, en die krokodil, en die sandakkedis, en die slak, en die kameleon.
31
These [are] unclean to you among all that creep: whosoever doth touch them, when they be dead, shall be unclean until the even.
Hierdie is onrein vir julle onder al die kruipende diere: elkeen wat hulle aanraak wanneer hulle dood is, moet onrein wees tot die aand toe.
32
And upon whatsoever [any] of them, when they are dead, doth fall, it shall be unclean; whether [it be] any vessel of wood, or raiment, or skin, or sack, whatsoever vessel [it be], wherein [any] work is done, it must be put into water, and it shall be unclean until the even; so it shall be cleansed.
En alles waarop enige van hulle val wanneer hulle dood is, moet onrein wees; of dit ‚'n houtvat is, of klere, of vel, of sak, watter vat dit ook al is, waarin enige werk gedoen word, dit moet in water gesit word, en onrein wees tot die aand toe; so sal dit rein word.
33
And every earthen vessel, whereinto [any] of them falleth, whatsoever [is] in it shall be unclean; and ye shall break it.
En elke erdepot waarin enige van hulle val, alles wat daarin is, moet onrein wees: en julle moet dit stukkend breek.
34
Of all meat which may be eaten, [that] on which [such] water cometh shall be unclean: and all drink that may be drunk in every [such] vessel shall be unclean.
Van alle voedsel wat geëet mag word, waarop water kom, moet onrein wees: en alle drank wat gedrink mag word in elke so ’n vat, moet onrein wees.
35
And every [thing] whereupon [any part] of their carcase falleth shall be unclean; [whether it be] oven, or ranges for pots, they shall be broken down: [for] they [are] unclean, and shall be unclean unto you.
En alles waarop enige deel van hulle dooie liggaam val, moet onrein wees; of dit ‚'n oond is, of pottebakkerswa, dit moet stukkend gebreek word: want hulle is onrein, en moet onrein vir julle wees.
36
Nevertheless a fountain or pit, [wherein there is] plenty of water, shall be clean: but that which toucheth their carcase shall be unclean.
Tog ‚'n fontein of put, waarin daar ‚'n versameling water is, moet rein wees: maar dit wat hulle dooie liggaam aanraak, moet onrein wees.
37
And if [any part] of their carcase fall upon any sowing seed which is to be sown, it [shall be] clean.
En as enige deel van hulle dooie liggaam val op enige saad wat gesaai word, wat gesaai moet word, dit moet rein wees.
38
But if [any] water be put upon the seed, and [any part] of their carcase fall thereon, it [shall be] unclean unto you.
Maar as enige water op die saad gesit word, en enige deel van hulle dooie liggaam daarop val, dit moet onrein vir julle wees.
39
And if any beast, of which ye may eat, die; he that toucheth the carcase thereof shall be unclean until the even.
En as enige dier, waarvan julle mag eet, sterwe; hy wat die dooie liggaam daarvan aanraak, moet onrein wees tot die aand toe.
40
And he that eateth of the carcase of it shall wash his clothes, and be unclean until the even: he also that beareth the carcase of it shall wash his clothes, and be unclean until the even.
En hy wat die dooie liggaam daarvan eet, moet sy klere was, en onrein wees tot die aand toe: hy ook wat die dooie liggaam daarvan dra, moet sy klere was, en onrein wees tot die aand toe.
41
And every creeping thing that creepeth upon the earth [shall be] an abomination; it shall not be eaten.
En elke kruipende dier wat op die aarde kruip, moet ’n verfoeisel wees; dit mag nie geëet word nie.
42
Whatsoever goeth upon the belly, and whatsoever goeth upon [all] four, or whatsoever hath more feet among all creeping things that creep upon the earth, them ye shall not eat; for they [are] an abomination.
Alles wat op die buik gaan, en alles wat op vier voete gaan, of alles wat baie voete het onder al die kruipende diere wat op die aarde kruip, dit mag julle nie eet nie; want hulle is ‚'n verfoeisel.
43
Ye shall not make yourselves abominable with any creeping thing that creepeth, neither shall ye make yourselves unclean with them, that ye should be defiled thereby.
Julle mag julle self nie verfoeilik maak met enige kruipende dier wat kruip nie, en julle mag julle self nie onrein maak met hulle, dat julle daardeur verontreinig word nie.
44
For I [am] the LORD your God: ye shall therefore sanctify yourselves, and ye shall be holy; for I [am] holy: neither shall ye defile yourselves with any manner of creeping thing that creepeth upon the earth.
Want ek is die HERE julle God: julle moet julle self dan heilig, en julle moet heilig wees; want ek is heilig: en julle mag julle self nie verontreinig met enige kruipende dier wat op die aarde kruip nie.
45
For I [am] the LORD that bringeth you up out of the land of Egypt, to be your God: ye shall therefore be holy, for I [am] holy.
Want ek is die HERE wat julle uit die land Egipte opbring, om julle God te wees: julle moet daarom heilig wees, want ek is heilig.
46
This [is] the law of the beasts, and of the fowl, and of every living creature that moveth in the waters, and of every creature that creepeth upon the earth:
Dit is die wet van die diere, en van die voëls, en van elke lewende skepsel wat beweeg in die waters, en van elke skepsel wat op die aarde kruip:
47
To make a difference between the unclean and the clean, and between the beast that may be eaten and the beast that may not be eaten.
Om onderskeid te maak tussen die onrein en die rein, en tussen die dier wat geëet mag word en die dier wat nie geëet mag word nie.