King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
2
This shall be the law of the leper in the day of his cleansing: He shall be brought unto the priest:
Dit moet die wet van die melaatse wees in die dag van sy reiniging: Hy moet by die priester gebring word:
3
And the priest shall go forth out of the camp; and the priest shall look, and, behold, [if] the plague of leprosy be healed in the leper;
En die priester moet uitgaan buite die kamp; en die priester moet aansien, en kyk, as die plaag van melaatsheid genees is in die melaatse;
4
Then shall the priest command to take for him that is to be cleansed two birds alive [and] clean, and cedar wood, and scarlet, and hyssop:
Dan moet die priester beveel om vir hom wat gereinig moet word, twee lewende rein voëls te neem, en sederhout, en skarlaken, en hisop:
5
And the priest shall command that one of the birds be killed in an earthen vessel over running water:
En die priester moet beveel om een van die voëls in ’n erdepot oor lopende water te slag:
6
As for the living bird, he shall take it, and the cedar wood, and the scarlet, and the hyssop, and shall dip them and the living bird in the blood of the bird [that was] killed over the running water:
Wat die lewende voël betref, hy moet dit neem, en die sederhout, en die skarlaken, en die hisop, en dit saam met die lewende voël doop in die bloed van die voël wat oor die lopende water geslag is:
7
And he shall sprinkle upon him that is to be cleansed from the leprosy seven times, and shall pronounce him clean, and shall let the living bird loose into the open field.
En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel, en hom rein verklaar, en die lewende voël in die oop veld loslaat.
8
And he that is to be cleansed shall wash his clothes, and shave off all his hair, and wash himself in water, that he may be clean: and after that he shall come into the camp, and shall tarry abroad out of his tent seven days.
En hy wat gereinig moet word, moet sy klere was, en al sy hare afskeer, en homself in water was, dat hy rein mag wees: en daarna moet hy in die kamp kom, en moet sewe dae buite sy tent bly.
9
But it shall be on the seventh day, that he shall shave all his hair off his head and his beard and his eyebrows, even all his hair he shall shave off: and he shall wash his clothes, also he shall wash his flesh in water, and he shall be clean.
Maar op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof, en sy baard, en sy wenkbroue, selfs al sy hare moet hy afskeer: en hy moet sy klere was, ook sy vlees in water was, en hy moet rein wees.
10
And on the eighth day he shall take two he lambs without blemish, and one ewe lamb of the first year without blemish, and three tenth deals of fine flour [for] a meat offering, mingled with oil, and one log of oil.
En op die agtste dag moet hy twee lammers sonder gebrek neem, en een ooilam van ‚'n jaar oud sonder gebrek, en drie tiendes fyn meel tot ‚'n spysoffer, gemeng met olie, en een log olie.
11
And the priest that maketh [him] clean shall present the man that is to be made clean, and those things, before the LORD, [at] the door of the tabernacle of the congregation:
En die priester wat reinig, moet die man wat gereinig moet word, en daardie dinge voor die HERE stel, by die deur van die tabernakel van die gemeente:
12
And the priest shall take one he lamb, and offer him for a trespass offering, and the log of oil, and wave them [for] a wave offering before the LORD:
En die priester moet een lam neem, en dit offer tot ‚'n skuldoffer, en die log olie, en hulle heen en weer beweeg tot ‚'n beweegoffer voor die HERE:
13
And he shall slay the lamb in the place where he shall kill the sin offering and the burnt offering, in the holy place: for as the sin offering [is] the priest’s, [so is] the trespass offering: it [is] most holy:
En hy moet die lam slag op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die heilige plek: want soos die sondoffer is die skuldoffer die priester s‚'n: dit is allersheilig.
14
And the priest shall take [some] of the blood of the trespass offering, and the priest shall put [it] upon the tip of the right ear of him that is to be cleansed, and upon the thumb of his right hand, and upon the great toe of his right foot:
En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit sit aan die punt van die regteroor van hom wat gereinig moet word, en op die duim van sy regterhand, en op die groottoon van sy regtervoet:
15
And the priest shall take [some] of the log of oil, and pour [it] into the palm of his own left hand:
En die priester moet van die log olie neem, en dit in die palm van sy eie linkerhand uitgiet:
16
And the priest shall dip his right finger in the oil that [is] in his left hand, and shall sprinkle of the oil with his finger seven times before the LORD:
En die priester moet sy regtervinger doop in die olie wat in sy linkerhand is, en van die olie met sy vinger sewe maal voor die HERE sprinkel:
17
And of the rest of the oil that [is] in his hand shall the priest put upon the tip of the right ear of him that is to be cleansed, and upon the thumb of his right hand, and upon the great toe of his right foot, upon the blood of the trespass offering:
En van die oorskot van die olie wat in sy hand is, moet die priester sit aan die punt van die regteroor van hom wat gereinig moet word, en op die duim van sy regterhand, en op die groottoon van sy regtervoet, op die bloed van die skuldoffer:
18
And the remnant of the oil that [is] in the priest’s hand he shall pour upon the head of him that is to be cleansed: and the priest shall make an atonement for him before the LORD.
En die oorskot van die olie wat in die priester se hand is, moet hy op die hoof sit van hom wat gereinig moet word: en die priester moet versoening vir hom maak voor die HERE.
19
And the priest shall offer the sin offering, and make an atonement for him that is to be cleansed from his uncleanness; and afterward he shall kill the burnt offering:
En die priester moet die sondoffer offer, en versoening maak vir hom wat van sy onreinheid gereinig moet word; en daarna moet hy die brandoffer slag:
20
And the priest shall offer the burnt offering and the meat offering upon the altar: and the priest shall make an atonement for him, and he shall be clean.
En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer: en die priester moet versoening vir hom maak, en hy moet rein wees.
21
And if he [be] poor, and cannot get so much; then he shall take one lamb [for] a trespass offering to be waved, to make an atonement for him, and one tenth deal of fine flour mingled with oil for a meat offering, and a log of oil;
En as hy arm is, en sy hand dit nie kan bereik nie, dan moet hy een lam neem tot ‚'n skuldoffer om heen en weer beweeg te word, om versoening vir hom te maak, en een tiende fyn meel gemeng met olie tot ‚'n spysoffer, en ‚'n log olie;
22
And two turtledoves, or two young pigeons, such as he is able to get; and the one shall be a sin offering, and the other a burnt offering.
En twee tortelduiwe, of twee jong duiwe, soos sy hand kan bereik; en die een moet ‚'n sondoffer wees, en die ander ‚'n brandoffer.
23
And he shall bring them on the eighth day for his cleansing unto the priest, unto the door of the tabernacle of the congregation, before the LORD.
En hy moet hulle op die agtste dag van sy reiniging by die priester bring, by die deur van die tabernakel van die gemeente, voor die HERE.
24
And the priest shall take the lamb of the trespass offering, and the log of oil, and the priest shall wave them [for] a wave offering before the LORD:
En die priester moet die lam van die skuldoffer, en die log olie neem, en die priester moet hulle heen en weer beweeg tot ‚'n beweegoffer voor die HERE:
25
And he shall kill the lamb of the trespass offering, and the priest shall take [some] of the blood of the trespass offering, and put [it] upon the tip of the right ear of him that is to be cleansed, and upon the thumb of his right hand, and upon the great toe of his right foot:
En hy moet die lam van die skuldoffer slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en dit sit aan die punt van die regteroor van hom wat gereinig moet word, en op die duim van sy regterhand, en op die groottoon van sy regtervoet:
26
And the priest shall pour of the oil into the palm of his own left hand:
En die priester moet van die olie in die palm van sy eie linkerhand uitgiet:
27
And the priest shall sprinkle with his right finger [some] of the oil that [is] in his left hand seven times before the LORD:
En die priester moet met sy regtervinger van die olie wat in sy linkerhand is, sewe maal voor die HERE sprinkel:
28
And the priest shall put of the oil that [is] in his hand upon the tip of the right ear of him that is to be cleansed, and upon the thumb of his right hand, and upon the great toe of his right foot, upon the place of the blood of the trespass offering:
En die priester moet van die olie wat in sy hand is, sit aan die punt van die regteroor van hom wat gereinig moet word, en op die duim van sy regterhand, en op die groottoon van sy regtervoet, op die plek van die bloed van die skuldoffer:
29
And the rest of the oil that [is] in the priest’s hand he shall put upon the head of him that is to be cleansed, to make an atonement for him before the LORD.
En die oorskot van die olie wat in die priester se hand is, moet hy op die hoof sit van hom wat gereinig moet word, om versoening vir hom te maak voor die HERE.
30
And he shall offer the one of the turtledoves, or of the young pigeons, such as he can get;
En hy moet een van die tortelduiwe, of van die jong duiwe, offer, soos sy hand kan bereik;
31
[Even] such as he is able to get, the one [for] a sin offering, and the other [for] a burnt offering, with the meat offering: and the priest shall make an atonement for him that is to be cleansed before the LORD.
Selfs soos sy hand kan bereik, die een tot ‚'n sondoffer, en die ander tot ‚'n brandoffer, met die spysoffer: en die priester moet versoening maak voor die HERE vir hom wat gereinig moet word.
32
This [is] the law [of him] in whom [is] the plague of leprosy, whose hand is not able to get [that which pertaineth] to his cleansing.
Dit is die wet van hom in wie die plaag van melaatsheid is, wie se hand dit nie kan bereik in sy reiniging nie.
33
And the LORD spake unto Moses and unto Aaron, saying,
En die HERE het tot Moses en tot Aäron gespreek, en gesê,
34
When ye be come into the land of Canaan, which I give to you for a possession, and I put the plague of leprosy in a house of the land of your possession;
Wanneer julle in die land Kanaän kom, wat ek julle tot ’n besitting gee, en ek die plaag van melaatsheid in ’n huis van die land van julle besitting sit;
35
And he that owneth the house shall come and tell the priest, saying, It seemeth to me [there is] as it were a plague in the house:
En hy aan wie die huis behoort, kom en vertel dit aan die priester, en sê, Dit lyk vir my asof daar ’n plaag in die huis is:
36
Then the priest shall command that they empty the house, before the priest go [into it] to see the plague, that all that [is] in the house be not made unclean: and afterward the priest shall go in to see the house:
Dan moet die priester beveel dat hulle die huis leegmaak, voordat die priester ingaan om die plaag te sien, dat nie alles wat in die huis is, onrein word nie: en daarna moet die priester ingaan om die huis te sien:
37
And he shall look on the plague, and, behold, [if] the plague [be] in the walls of the house with hollow strakes, greenish or reddish, which in sight [are] lower than the wall;
En hy moet die plaag aansien, en kyk, as die plaag in die mure van die huis is met holtes, groenagtig of rooierig, wat in die aangesig laer lyk as die muur;
38
Then the priest shall go out of the house to the door of the house, and shut up the house seven days:
Dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis, en die huis sewe dae toesluit:
39
And the priest shall come again the seventh day, and shall look: and, behold, [if] the plague be spread in the walls of the house;
En die priester moet op die sewende dag terugkom, en aansien: en kyk, as die plaag in die mure van die huis uitgebrei het;
40
Then the priest shall command that they take away the stones in which the plague [is], and they shall cast them into an unclean place without the city:
Dan moet die priester beveel dat hulle die stene waarin die plaag is, uitneem, en hulle buite die stad na ‚'n onrein plek gooi:
41
And he shall cause the house to be scraped within round about, and they shall pour out the dust that they scrape off without the city into an unclean place:
En hy moet die huis van binne rondom laat skraap, en hulle moet die stof wat hulle afgeskraap het, buite die stad na ‚'n onrein plek uitgooi:
42
And they shall take other stones, and put [them] in the place of those stones; and he shall take other morter, and shall plaister the house.
En hulle moet ander stene neem, en dit in die plek van daardie stene bring; en hy moet ander mortel neem, en die huis bemortel.
43
And if the plague come again, and break out in the house, after that he hath taken away the stones, and after he hath scraped the house, and after it is plaistered;
En as die plaag weer terugkom, en uitbreek in die huis, nadat hy die stene uitgehaal het, en nadat hy die huis geskraap het, en nadat dit bemortel is;
44
Then the priest shall come and look, and, behold, [if] the plague be spread in the house, it [is] a fretting leprosy in the house: it [is] unclean.
Dan moet die priester kom en aansien, en kyk, as die plaag in die huis uitgebrei het, is dit ‚'n vretende melaatsheid in die huis: dit is onrein.
45
And he shall break down the house, the stones of it, and the timber thereof, and all the morter of the house; and he shall carry [them] forth out of the city into an unclean place.
En hy moet die huis afbreek, die stene daarvan, en die hout daarvan, en al die mortel van die huis; en hy moet dit buite die stad na ‚'n onrein plek uitbring.
46
Moreover he that goeth into the house all the while that it is shut up shall be unclean until the even.
Boonop hy wat in die huis ingaan al die dae dat hy dit toegeskuit het, moet onrein wees tot die aand toe.
47
And he that lieth in the house shall wash his clothes; and he that eateth in the house shall wash his clothes.
En hy wat in die huis slaap, moet sy klere was; en hy wat in die huis eet, moet sy klere was.
48
And if the priest shall come in, and look [upon it], and, behold, the plague hath not spread in the house, after the house was plaistered: then the priest shall pronounce the house clean, because the plague is healed.
En as die priester kom, en ingaan, en aansien, en kyk, die plaag het nie in die huis uitgebrei nadat die huis bemortel is nie; dan moet die priester die huis rein verklaar, omdat die plaag genees is.
49
And he shall take to cleanse the house two birds, and cedar wood, and scarlet, and hyssop:
En hy moet om die huis te reinig, twee voëls neem, en sederhout, en skarlaken, en hisop:
50
And he shall kill the one of the birds in an earthen vessel over running water:
En hy moet die een voël slag in ’n erdepot oor lopende water:
51
And he shall take the cedar wood, and the hyssop, and the scarlet, and the living bird, and dip them in the blood of the slain bird, and in the running water, and sprinkle the house seven times:
En hy moet die sederhout, en die hisop, en die skarlaken, en die lewende voël neem, en hulle doop in die bloed van die geslagte voël, en in die lopende water, en die huis sewe maal sprinkel:
52
And he shall cleanse the house with the blood of the bird, and with the running water, and with the living bird, and with the cedar wood, and with the hyssop, and with the scarlet:
En hy moet die huis reinig met die bloed van die voël, en met die lopende water, en met die lewende voël, en met die sederhout, en met die hisop, en met die skarlaken:
53
But he shall let go the living bird out of the city into the open fields, and make an atonement for the house: and it shall be clean.
Maar hy moet die lewende voël buite die stad in die oop veld loslaat, en versoening maak vir die huis: en dit moet rein wees.
54
This [is] the law for all manner of plague of leprosy, and scall,
Dit is die wet vir alle plaag van melaatsheid, en skurfte,
55
And for the leprosy of a garment, and of a house,
En vir die melaatsheid van ‚'n kleed, en van ‚'n huis,
56
And for a rising, and for a scab, and for a bright spot:
En vir ‚'n swelplek, en vir ‚'n uitslag, en vir ‚'n blink plek:
57
To teach when [it is] unclean, and when [it is] clean: this [is] the law of leprosy.
Om te leer wanneer dit onrein is, en wanneer dit rein is: dit is die wet van melaatsheid.