← Levitikus 15 Levitikus — Leviticus 16 Levitikus 17 →
King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses after the death of the two sons of Aaron, when they offered before the LORD, and died;
En die HERE het tot Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, toe hulle voor die HERE geoffer het, en gesterwe het;
2
And the LORD said unto Moses, Speak unto Aaron thy brother, that he come not at all times into the holy [place] within the vail before the mercy seat, which [is] upon the ark; that he die not: for I will appear in the cloud upon the mercy seat.
En die HERE het tot Moses gesê, Spreek tot Aäron jou broer, dat hy nie te alle tye in die heilige plek mag ingaan binne die voorhangsel voor die versoendeksel, wat op die ark is nie; dat hy nie sterwe nie: want ek sal in die wolk op die versoendeksel verskyn.
3
Thus shall Aaron come into the holy [place]: with a young bullock for a sin offering, and a ram for a burnt offering.
So moet Aäron in die heilige plek kom: met ’n jong bul tot ’n sondoffer, en ’n ram tot ’n brandoffer.
4
He shall put on the holy linen coat, and he shall have the linen breeches upon his flesh, and shall be girded with a linen girdle, and with the linen mitre shall he be attired: these [are] holy garments; therefore shall he wash his flesh in water, and [so] put them on.
Hy moet die heilige linne rok aantrek, en hy moet die linne broeke op sy vlees hê, en met die linne gordel omgord wees, en met die linne tulband omwonde wees: dit is heilige klere; daarom moet hy sy vlees met water was, en hulle aantrek.
5
And he shall take of the congregation of the children of Israel two kids of the goats for a sin offering, and one ram for a burnt offering.
En hy moet van die vergadering van die kinders van Israel twee bokramme tot ’n sondoffer, en een ram tot ’n brandoffer neem.
6
And Aaron shall offer his bullock of the sin offering, which [is] for himself, and make an atonement for himself, and for his house.
En Aäron moet die bul van die sondoffer offer, wat vir homself is, en versoening vir homself en vir sy huis maak.
7
And he shall take the two goats, and present them before the LORD [at] the door of the tabernacle of the congregation.
En hy moet die twee bokke neem, en hulle voor die HERE stel by die deur van die tabernakel van die gemeente.
8
And Aaron shall cast lots upon the two goats; one lot for the LORD, and the other lot for the scapegoat.
En Aäron moet lote werp oor die twee bokke; een lot vir die HERE, en die ander lot vir die wegjaagbok.
9
And Aaron shall bring the goat upon which the LORD’S lot fell, and offer him [for] a sin offering.
En Aäron moet die bok bring waarop die lot van die HERE geval het, en hom offer tot ’n sondoffer.
10
But the goat, on which the lot fell to be the scapegoat, shall be presented alive before the LORD, to make an atonement with him, [and] to let him go for a scapegoat into the wilderness.
Maar die bok waarop die lot tot ’n wegjaagbok geval het, moet lewendig voor die HERE gestel word, om daarmee versoening te maak, en om hom as ’n wegjaagbok in die wildernis weg te stuur.
11
And Aaron shall bring the bullock of the sin offering, which [is] for himself, and shall make an atonement for himself, and for his house, and shall kill the bullock of the sin offering which [is] for himself:
En Aäron moet die bul van die sondoffer bring, wat vir homself is, en versoening vir homself en vir sy huis maak, en moet die bul van die sondoffer slag wat vir homself is:
12
And he shall take a censer full of burning coals of fire from off the altar before the LORD, and his hands full of sweet incense beaten small, and bring [it] within the vail:
En hy moet ’n vuurbak vol kole van vuur van die altaar voor die HERE neem, en sy hande vol soet reukwerk fyn gemaal, en dit binne die voorhangsel bring:
13
And he shall put the incense upon the fire before the LORD, that the cloud of the incense may cover the mercy seat that [is] upon the testimony, that he die not:
En hy moet die reukwerk op die vuur voor die HERE sit, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die getuienis is, mag bedek, dat hy nie sterwe nie:
14
And he shall take of the blood of the bullock, and sprinkle [it] with his finger upon the mercy seat eastward; and before the mercy seat shall he sprinkle of the blood with his finger seven times.
En hy moet van die bloed van die bul neem, en dit met sy vinger op die versoendeksel ooswaarts sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy van die bloed met sy vinger sewe maal sprinkel.
15
Then shall he kill the goat of the sin offering, that [is] for the people, and bring his blood within the vail, and do with that blood as he did with the blood of the bullock, and sprinkle it upon the mercy seat, and before the mercy seat:
Dan moet hy die bok van die sondoffer slag, wat vir die volk is, en sy bloed binne die voorhangsel inbring, en met daardie bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het, en dit op die versoendeksel, en voor die versoendeksel sprinkel:
16
And he shall make an atonement for the holy [place], because of the uncleanness of the children of Israel, and because of their transgressions in all their sins: and so shall he do for the tabernacle of the congregation, that remaineth among them in the midst of their uncleanness.
En hy moet versoening maak vir die heilige plek, vanweë die onreinhede van die kinders van Israel, en vanweë hulle oortredinge in al hulle sondes: en so moet hy doen vir die tabernakel van die gemeente, wat onder hulle bly te midde van hulle onreinheid.
17
And there shall be no man in the tabernacle of the congregation when he goeth in to make an atonement in the holy [place], until he come out, and have made an atonement for himself, and for his household, and for all the congregation of Israel.
En daar mag geen mens in die tabernakel van die gemeente wees wanneer hy ingaan om versoening te maak in die heilige plek, totdat hy uitkom, en versoening gemaak het vir homself, en vir sy huisgesin, en vir die hele vergadering van Israel nie.
18
And he shall go out unto the altar that [is] before the LORD, and make an atonement for it; and shall take of the blood of the bullock, and of the blood of the goat, and put [it] upon the horns of the altar round about.
En hy moet uitgaan na die altaar wat voor die HERE is, en versoening daarvoor maak; en moet van die bloed van die bul, en van die bloed van die bok neem, en dit sit op die horings van die altaar rondom.
19
And he shall sprinkle of the blood upon it with his finger seven times, and cleanse it, and hallow it from the uncleanness of the children of Israel.
En hy moet van die bloed daarop sprinkel met sy vinger sewe maal, en dit reinig, en dit heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.
20
And when he hath made an end of reconciling the holy [place], and the tabernacle of the congregation, and the altar, he shall bring the live goat:
En wanneer hy klaar is met die versoening van die heilige plek, en die tabernakel van die gemeente, en die altaar, moet hy die lewende bok bring:
21
And Aaron shall lay both his hands upon the head of the live goat, and confess over him all the iniquities of the children of Israel, and all their transgressions in all their sins, putting them upon the head of the goat, and shall send [him] away by the hand of a fit man into the wilderness:
En Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewende bok lê, en oor hom al die ongeregtighede van die kinders van Israel, en al hulle oortredinge in al hulle sondes bely: en hy moet hulle op die kop van die bok sit, en hom deur die hand van ’n bekwame man in die wildernis wegstuur.
22
And the goat shall bear upon him all their iniquities unto a land not inhabited: and he shall let go the goat in the wilderness.
En die bok moet al hulle ongeregtighede op hom self na ’n onbewoonde land dra: en hy moet die bok in die wildernis loslaat.
23
And Aaron shall come into the tabernacle of the congregation, and shall put off the linen garments, which he put on when he went into the holy [place], and shall leave them there:
En Aäron moet in die tabernakel van die gemeente kom, en die linne klere uittrek, wat hy aangetrek het toe hy in die heilige plek ingegaan het, en hulle daar laat:
24
And he shall wash his flesh with water in the holy place, and put on his garments, and come forth, and offer his burnt offering, and the burnt offering of the people, and make an atonement for himself, and for the people.
En hy moet sy vlees met water was in die heilige plek, en sy klere aantrek, en uitgaan, en sy brandoffer, en die brandoffer van die volk offer, en versoening vir homself, en vir die volk maak.
25
And the fat of the sin offering shall he burn upon the altar.
En die vet van die sondoffer moet hy op die altaar aan die brand steek.
26
And he that let go the goat for the scapegoat shall wash his clothes, and bathe his flesh in water, and afterward come into the camp.
En hy wat die bok tot die wegjaagbok uitgelaat het, moet sy klere was, en sy vlees met water was, en daarna in die kamp kom.
27
And the bullock [for] the sin offering, and the goat [for] the sin offering, whose blood was brought in to make atonement in the holy [place], shall [one] carry forth without the camp; and they shall burn in the fire their skins, and their flesh, and their dung.
En die bul vir die sondoffer, en die bok vir die sondoffer, wie se bloed ingebring is om versoening te maak in die heilige plek, moet iemand buite die kamp uitbring; en hulle moet in die vuur hulle velle, en hulle vlees, en hulle mis verbrand.
28
And he that burneth them shall wash his clothes, and bathe his flesh in water, and afterward he shall come into the camp.
En hy wat hulle verbrand, moet sy klere was, en sy vlees met water was, en daarna in die kamp kom.
29
And [this] shall be a statute for ever unto you: [that] in the seventh month, on the tenth [day] of the month, ye shall afflict your souls, and do no work at all, [whether it be] one of your own country, or a stranger that sojourneth among you:
En dit moet vir julle ’n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende dag van die maand, moet julle julle siele verootmoedig, en geen werk doen nie, of dit ’n wat in die land gebore is, of ’n vreemdeling wat onder julle vertoef:
30
For on that day shall [the priest] make an atonement for you, to cleanse you, [that] ye may be clean from all your sins before the LORD.
Want op daardie dag moet die priester versoening vir julle maak, om julle te reinig, dat julle rein mag wees van al julle sondes voor die HERE.
31
It [shall be] a sabbath of rest unto you, and ye shall afflict your souls, by a statute for ever.
Dit moet vir julle ’n sabbat van rus wees, en julle moet julle siele verootmoedig, by ’n ewige insetting.
32
And the priest, whom he shall anoint, and whom he shall consecrate to minister in the priest’s office in his father’s stead, shall make the atonement, and shall put on the linen clothes, [even] the holy garments:
En die priester, wat hy sal salf, en wat hy sal toewy om in sy vader se plek as priester te dien, moet die versoening maak, en moet die linne klere aantrek, selfs die heilige klere:
33
And he shall make an atonement for the holy sanctuary, and he shall make an atonement for the tabernacle of the congregation, and for the altar, and he shall make an atonement for the priests, and for all the people of the congregation.
En hy moet versoening maak vir die heilige heiligdom, en hy moet versoening maak vir die tabernakel van die gemeente, en vir die altaar, en hy moet versoening maak vir die priesters, en vir die hele volk van die vergadering.
34
And this shall be an everlasting statute unto you, to make an atonement for the children of Israel for all their sins once a year. And he did as the LORD commanded Moses.
En dit moet vir julle ’n ewige insetting wees, om versoening te maak vir die kinders van Israel van al hulle sondes een maal in die jaar. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.