King James Version
AFR DVK
1
And Jesus being full of the Holy Ghost returned from Jordan, and was led by the Spirit into the wilderness,
En Jesus, vol van die Heilige Gees, het van die Jordaan teruggekeer, en is deur die Gees in die wildernis gelei,
2
Being forty days tempted of the devil. And in those days he did eat nothing: and when they were ended, he afterward hungered.
Veertig dae lank versoek deur die duiwel. En in daardie dae het Hy niks geëet nie: en toe hulle verby was, was Hy daarna honger.
3
And the devil said unto him, If thou be the Son of God, command this stone that it be made bread.
En die duiwel het tot Hom gesê, As U die Seun van God is, beveel hierdie klip dat dit brood word.
4
And Jesus answered him, saying, It is written, That man shall not live by bread alone, but by every word of God.
En Jesus het hom geantwoord, sê, Daar is geskrywe, Dat die mens nie van brood alleen sal lewe nie, maar van elke woord van God.
5
And the devil, taking him up into an high mountain, shewed unto him all the kingdoms of the world in a moment of time.
En die duiwel, Hom op ’n hoë berg nemende, het Hom al die koninkryke van die wêreld in ’n oomblik van tyd gewys.
6
And the devil said unto him, All this power will I give thee, and the glory of them: for that is delivered unto me; and to whomsoever I will I give it.
En die duiwel het tot Hom gesê, Al hierdie mag sal ek U gee, en die heerlikheid van hulle: want dit is aan my oorgegee; en aan wie ek wil, gee ek dit.
7
If thou therefore wilt worship me, all shall be thine.
As U daarom my sal aanbid, sal dit alles u s‚'n wees.
8
And Jesus answered and said unto him, Get thee behind me, Satan: for it is written, Thou shalt worship the Lord thy God, and him only shalt thou serve.
En Jesus het geantwoord en tot hom gesê, Gaan weg van My, Satan: want daar is geskrywe, Jy moet die Here jou God aanbid, en Hom alleen dien.
9
And he brought him to Jerusalem, and set him on a pinnacle of the temple, and said unto him, If thou be the Son of God, cast thyself down from hence:
En hy het Hom na Jérusalem gebring, en Hom op ’n pinakel van die tempel gestel, en tot Hom gesê, As U die Seun van God is, werp Uself hier af:
10
For it is written, He shall give his angels charge over thee, to keep thee:
Want daar is geskrywe, Hy sal sy engele aangaande U bevel gee, om U te bewaar:
11
And in [their] hands they shall bear thee up, lest at any time thou dash thy foot against a stone.
En in hulle hande sal hulle U dra, dat U nie te eniger tyd u voet teen ‚'n klip stamp nie.
12
And Jesus answering said unto him, It is said, Thou shalt not tempt the Lord thy God.
En Jesus het geantwoord en tot hom gesê, Daar is gesê, Jy moet die Here jou God nie versoek nie.
13
And when the devil had ended all the temptation, he departed from him for a season.
En toe die duiwel al die versoeking voleindig het, het hy van Hom gewyk vir ‚'n seisoen.
14
And Jesus returned in the power of the Spirit into Galilee: and there went out a fame of him through all the region round about.
En Jesus het in die krag van die Gees na Galilea teruggekeer: en daar het ‚'n roem van Hom uitgegaan deur die hele omliggende streek.
15
And he taught in their synagogues, being glorified of all.
En Hy het in hulle sinagoges geleer, en is deur almal geprys.
16
And he came to Nazareth, where he had been brought up: and, as his custom was, he went into the synagogue on the sabbath day, and stood up for to read.
En Hy het in Nasaret gekom, waar Hy opgevoed is: en, soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag in die sinagoge gegaan, en opgestaan om te lees.
17
And there was delivered unto him the book of the prophet Esaias. And when he had opened the book, he found the place where it was written,
En daar is aan Hom die boek van die profeet Jesaja gegee. En toe Hy die boek oopgemaak het, het Hy die plek gevind waar geskrywe was,
18
The Spirit of the Lord [is] upon me, because he hath anointed me to preach the gospel to the poor; he hath sent me to heal the brokenhearted, to preach deliverance to the captives, and recovering of sight to the blind, to set at liberty them that are bruised,
Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te verkondig; Hy het My gestuur om die gebrokenes van hart te genees, om aan die gevangenes vrylating te verkondig, en aan die blindes die herstel van die gesig, om dié wat verbryseld is, in vryheid te stel,
19
To preach the acceptable year of the Lord.
Om die aangename jaar van die Here te verkondig.
20
And he closed the book, and he gave [it] again to the minister, and sat down. And the eyes of all them that were in the synagogue were fastened on him.
En Hy het die boek toegemaak, en dit weer aan die dienaar gegee, en gaan sit. En die oë van almal wat in die sinagoge was, was op Hom gevestig.
21
And he began to say unto them, This day is this scripture fulfilled in your ears.
En Hy het begin om tot hulle te sê, Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.
22
And all bare him witness, and wondered at the gracious words which proceeded out of his mouth. And they said, Is not this Joseph’s son?
En almal het Hom goeie getuienis gegee, en hulle verwonder oor die aangename woorde wat uit sy mond uitgegaan het. En hulle het gesê, Is hierdie nie Josef se seun nie?
23
And he said unto them, Ye will surely say unto me this proverb, Physician, heal thyself: whatsoever we have heard done in Capernaum, do also here in thy country.
En Hy het tot hulle gesê, Julle sal sekerlik tot My hierdie spreekwoord sê, Geneesheer, genees uself: wat ons gehoor het dat in Kapérnaüm gedoen is, doen dit ook hier in u eie land.
24
And he said, Verily I say unto you, No prophet is accepted in his own country.
En Hy het gesê, Voorwaar sê ek vir julle, Geen profeet is aangenaam in sy eie land nie.
25
But I tell you of a truth, many widows were in Israel in the days of Elias, when the heaven was shut up three years and six months, when great famine was throughout all the land;
Maar ek sê vir julle in waarheid, Baie weduwees was daar in Israel in die dae van Elia, toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, toe daar ’n groot hongersnood was deur die hele land;
26
But unto none of them was Elias sent, save unto Sarepta, [a city] of Sidon, unto a woman [that was] a widow.
Maar tot geeneen van hulle is Elia gestuur nie, behalwe na Sarepta, ‚'n stad van Sidon, na ‚'n vrou wat ‚'n weduwee was.
27
And many lepers were in Israel in the time of Eliseus the prophet; and none of them was cleansed, saving Naaman the Syrian.
En baie melaatses was daar in Israel in die tyd van Elisa die profeet; en niemand van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman die Sirier.
28
And all they in the synagogue, when they heard these things, were filled with wrath,
En almal in die sinagoge, toe hulle hierdie dinge hoor, was met toorn gevul,
29
And rose up, and thrust him out of the city, and led him unto the brow of the hill whereon their city was built, that they might cast him down headlong.
En het opgestaan, en Hom uit die stad uitgewerp, en Hom tot die kruin van die berg gelei waarop hulle stad gebou was, dat hulle Hom af kon gooi.
30
But he passing through the midst of them went his way,
Maar Hy het deur die midde van hulle deurgegaan, en weggegaan.
31
And came down to Capernaum, a city of Galilee, and taught them on the sabbath days.
En Hy het afgegaan na Kapérnaüm, ’n stad van Galilea, en hulle op die sabbatdae geleer.
32
And they were astonished at his doctrine: for his word was with power.
En hulle was verbaas oor sy leer: want sy woord was met gesag.
33
And in the synagogue there was a man, which had a spirit of an unclean devil, and cried out with a loud voice,
En in die sinagoge was daar ‚'n man wat ‚'n gees van ‚'n onreine duiwel gehad het, en hy het met ‚'n groot stem uitgeroep,
34
Saying, Let [us] alone; what have we to do with thee, [thou] Jesus of Nazareth? art thou come to destroy us? I know thee who thou art; the Holy One of God.
Sê, Laat ons met rus; wat het ons met U te doen, U Jesus van Nasaret? is U gekom om ons te vernietig? ek weet wie U is; die Heilige van God.
35
And Jesus rebuked him, saying, Hold thy peace, and come out of him. And when the devil had thrown him in the midst, he came out of him, and hurt him not.
En Jesus het hom bestraf, sê, Bly stil, en gaan uit van hom. En toe die duiwel hom in die midde neergewerp het, het hy van hom uitgegaan, en hom niks kwaad gedoen nie.
36
And they were all amazed, and spake among themselves, saying, What a word [is] this! for with authority and power he commandeth the unclean spirits, and they come out.
En hulle was almal verbaas, en het onder mekaar gespreek, sê, Watter ’n woord is dit! want met gesag en krag beveel Hy die onreine geeste, en hulle gaan uit.
37
And the fame of him went out into every place of the country round about.
En die roem van Hom het uitgegaan in elke plek van die omliggende streek.
38
And he arose out of the synagogue, and entered into Simon’s house. And Simon’s wife’s mother was taken with a great fever; and they besought him for her.
En Hy het uit die sinagoge opgestaan, en in Simon se huis gegaan. En Simon se skoonmoeder was met ‚'n groot koors bevange; en hulle het Hom vir haar gesmeek.
39
And he stood over her, and rebuked the fever; and it left her: and immediately she arose and ministered unto them.
En Hy het by haar gestaan, en die koors bestraf; en dit het haar verlaat: en dadelik het sy opgestaan en hulle bedien.
40
Now when the sun was setting, all they that had any sick with divers diseases brought them unto him; and he laid his hands on every one of them, and healed them.
Nou toe die son ondergaan het, het almal wat siekes gehad het met verskillende siektes, hulle by Hom gebring; en Hy het sy hande op elkeen van hulle gelê, en hulle genees.
41
And devils also came out of many, crying out, and saying, Thou art Christ the Son of God. And he rebuking [them] suffered them not to speak: for they knew that he was Christ.
En duiwels het ook van baie uitgegaan, en uitgeroep, en gesê, U is Christus die Seun van God. En Hy het hulle bestraf, en hulle nie toegelaat om te spreek nie: want hulle het geweet dat Hy Christus was.
42
And when it was day, he departed and went into a desert place: and the people sought him, and came unto him, and stayed him, that he should not depart from them.
En toe dit dag geword het, het Hy uitgegaan en in ‚'n verlate plek gegaan: en die skare het Hom gesoek, en by Hom gekom, en Hom teruggehou, dat Hy nie van hulle sou weggaan nie.
43
And he said unto them, I must preach the kingdom of God to other cities also: for therefore am I sent.
En Hy het tot hulle gesê, Ek moet die koninkryk van God ook aan ander stede verkondig: want daarom is ek gestuur.
44
And he preached in the synagogues of Galilee.
En Hy het in die sinagoges van Galilea gepreek.