King James Version
AFR DVK
1
Then spake Jesus to the multitude, and to his disciples,
Toe het Jesus tot die skare, en tot sy dissipels gespreek,
2
Saying, The scribes and the Pharisees sit in Moses’ seat:
Sê, Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses:
3
All therefore whatsoever they bid you observe, [that] observe and do; but do not ye after their works: for they say, and do not.
Alles daarom wat hulle julle sê om te bewaar, dit bewaar en doen; maar doen nie na hulle werke nie: want hulle sê, en doen nie.
4
For they bind heavy burdens and grievous to be borne, and lay [them] on men’s shoulders; but they [themselves] will not move them with one of their fingers.
Want hulle bind swaar laste saam, en swaar om te dra, en lê dit op die mense se skouers; maar self wil hulle dit nie met een van hulle vingers beweeg nie.
5
But all their works they do for to be seen of men: they make broad their phylacteries, and enlarge the borders of their garments,
Maar al hulle werke doen hulle om deur die mense gesien te word: hulle maak hulle gebedsrieme breed, en die soom van hulle klere groot,
6
And love the uppermost rooms at feasts, and the chief seats in the synagogues,
En hou daarvan om die voorste sitplekke by die feeste te hê, en die voorste sitplekke in die sinagoges,
7
And greetings in the markets, and to be called of men, Rabbi, Rabbi.
En groete in die markte, en om deur die mense Rabbi, Rabbi, genoem te word.
8
But be not ye called Rabbi: for one is your Master, [even] Christ; and all ye are brethren.
Maar julle, laat julle nie Rabbi noem nie: want een is julle Meester, selfs Christus; en julle is almal broers.
9
And call no [man] your father upon the earth: for one is your Father, which is in heaven.
En noem niemand julle vader op die aarde nie: want een is julle Vader, wat in die hemele is.
10
Neither be ye called masters: for one is your Master, [even] Christ.
En laat julle nie meesters noem nie: want een is julle Meester, selfs Christus.
11
But he that is greatest among you shall be your servant.
Maar hy wat die grootste onder julle is, sal julle dienaar wees.
12
And whosoever shall exalt himself shall be abased; and he that shall humble himself shall be exalted.
En elkeen wat homself verhef, sal verneder word; en hy wat homself verneder, sal verhef word.
13
But woe unto you, scribes and Pharisees, hypocrites! for ye shut up the kingdom of heaven against men: for ye neither go in [yourselves], neither suffer ye them that are entering to go in.
Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense: want julle gaan self nie in nie, en dié wat sou ingaan, laat julle nie toe nie.
14
Woe unto you, scribes and Pharisees, hypocrites! for ye devour widows’ houses, and for a pretence make long prayer: therefore ye shall receive the greater damnation.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle eet die weduwees se huise op, en vir ’n skyn bid julle lank: daarom sal julle die groter veroordeling ontvang.
15
Woe unto you, scribes and Pharisees, hypocrites! for ye compass sea and land to make one proselyte, and when he is made, ye make him twofold more the child of hell than yourselves.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle trek see en land deur om een bekeerling te maak, en wanneer hy dit is, maak julle hom ’n kind van die hel, tweemaal meer as julle self.
16
Woe unto you, [ye] blind guides, which say, Whosoever shall swear by the temple, it is nothing; but whosoever shall swear by the gold of the temple, he is a debtor!
Wee julle, julle blinde leiers, wat sê, Elkeen wat by die tempel sweer, dit is niks; maar elkeen wat by die goud van die tempel sweer, hy is skuldig.
17
[Ye] fools and blind: for whether is greater, the gold, or the temple that sanctifieth the gold?
Julle dwase en blindes: want wat is groter, die goud, of die tempel wat die goud heilig?
18
And, Whosoever shall swear by the altar, it is nothing; but whosoever sweareth by the gift that is upon it, he is guilty.
En, Elkeen wat by die altaar sweer, dit is niks; maar elkeen wat by die gawe daarop sweer, hy is skuldig.
19
[Ye] fools and blind: for whether [is] greater, the gift, or the altar that sanctifieth the gift?
Julle dwase en blindes: want wat is groter, die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?
20
Whoso therefore shall swear by the altar, sweareth by it, and by all things thereon.
Elkeen dus wat by die altaar sweer, sweer by dit, en by al die dinge daarop.
21
And whoso shall swear by the temple, sweareth by it, and by him that dwelleth therein.
En elkeen wat by die tempel sweer, sweer by dit, en by Hom wat daarin woon.
22
And he that shall swear by heaven, sweareth by the throne of God, and by him that sitteth thereon.
En hy wat by die hemel sweer, sweer by die troon van God, en by Hom wat daarop sit.
23
Woe unto you, scribes and Pharisees, hypocrites! for ye pay tithe of mint and anise and cummin, and have omitted the weightier [matters] of the law, judgment, mercy, and faith: these ought ye to have done, and not to leave the other undone.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle betaal tiendes van munt, en anys, en komyn, en het die gewigtigste van die wet nagelaten, oordeel, barmhartigheid, en geloof: hierdie behoort julle te doen, en daardie nie na te laat nie.
24
[Ye] blind guides, which strain at a gnat, and swallow a camel.
Julle blinde leiers, wat die muggie uitsif, en die kameel insluk.
25
Woe unto you, scribes and Pharisees, hypocrites! for ye make clean the outside of the cup and of the platter, but within they are full of extortion and excess.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle reinig die buitekant van die beker en van die skottel, maar van binne is hulle vol roof en onmatigheid.
26
[Thou] blind Pharisee, cleanse first that [which is] within the cup and platter, that the outside of them may be clean also.
Jy blinde Fariseër, reinig eers dit wat binne-in die beker en skottel is, dat die buitekant daarvan ook rein mag wees.
27
Woe unto you, scribes and Pharisees, hypocrites! for ye are like unto whited sepulchres, which indeed appear beautiful outward, but are within full of dead [men’s] bones, and of all uncleanness.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle is soos gewitte grafte, wat van buite wel mooi lyk, maar van binne vol is van dooie bene, en van alle onreinheid.
28
Even so ye also outwardly appear righteous unto men, but within ye are full of hypocrisy and iniquity.
So lyk julle ook van buite regverdig vir die mense, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.
29
Woe unto you, scribes and Pharisees, hypocrites! because ye build the tombs of the prophets, and garnish the sepulchres of the righteous,
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! omdat julle die grafte van die profete bou, en die monumente van die regverdiges versier,
30
And say, If we had been in the days of our fathers, we would not have been partakers with them in the blood of the prophets.
En sê, As ons in die dae van ons vaders was, sou ons nie deelgenote met hulle gewees het in die bloed van die profete nie.
31
Wherefore ye be witnesses unto yourselves, that ye are the children of them which killed the prophets.
Daarom is julle getuies teen julle self, dat julle die kinders is van dié wat die profete doodgemaak het.
32
Fill ye up then the measure of your fathers.
Vul julle dan die maat van julle vaders.
33
[Ye] serpents, [ye] generation of vipers, how can ye escape the damnation of hell?
Julle slange, julle geslag van adders, hoe kan julle die veroordeling van die hel ontvlug?
34
Wherefore, behold, I send unto you prophets, and wise men, and scribes: and [some] of them ye shall kill and crucify; and [some] of them shall ye scourge in your synagogues, and persecute [them] from city to city:
Daarom, kyk, ek stuur tot julle profete, en wyse manne, en skrifgeleerdes: en sommige van hulle sal julle doodmaak en kruisig; en sommige van hulle sal julle gesels in julle sinagoges, en van stad tot stad vervolg:
35
That upon you may come all the righteous blood shed upon the earth, from the blood of righteous Abel unto the blood of Zacharias son of Barachias, whom ye slew between the temple and the altar.
Dat op julle mag kom al die regverdige bloed wat op die aarde vergiet is, van die bloed van die regverdige Abel af tot by die bloed van Sagaria die seun van Baragia, wat julle tussen die tempel en die altaar doodgemaak het.
36
Verily I say unto you, All these things shall come upon this generation.
Voorwaar sê ek vir julle, Al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.
37
O Jerusalem, Jerusalem, [thou] that killest the prophets, and stonest them which are sent unto thee, how often would I have gathered thy children together, even as a hen gathereth her chickens under [her] wings, and ye would not!
o Jérusalem, Jérusalem, jy wat die profete doodmaak, en dié stenig wat tot jou gestuur is, hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak, soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
38
Behold, your house is left unto you desolate.
Kyk, julle huis word vir julle verlate gelaat.
39
For I say unto you, Ye shall not see me henceforth, till ye shall say, Blessed [is] he that cometh in the name of the Lord.
Want ek sê vir julle, Julle sal My van nou af nie sien nie, totdat julle sê, Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here.