King James Version
AFR DVK
1
In the end of the sabbath, as it began to dawn toward the first [day] of the week, came Mary Magdalene and the other Mary to see the sepulchre.
Aan die einde van die sabbat, soos dit begin lig word tot die eerste dag van die week, het Maria Magdaléna en die ander Maria gekom om die graf te sien.
2
And, behold, there was a great earthquake: for the angel of the Lord descended from heaven, and came and rolled back the stone from the door, and sat upon it.
En kyk, daar was ‚'n groot aardbewing: want die engel van die Here het van die hemel af neergedaal, en gekom en die klip van die deur weggerol, en daarop gaan sit.
3
His countenance was like lightning, and his raiment white as snow:
Sy aangesig was soos die weerlig, en sy klere wit soos sneeu:
4
And for fear of him the keepers did shake, and became as dead [men].
En van vrees vir hom het die wagters gebewe, en soos dooies geword.
5
And the angel answered and said unto the women, Fear not ye: for I know that ye seek Jesus, which was crucified.
En die engel het geantwoord en tot die vroue gesê, Wees julle nie bevrees nie: want ek weet dat julle Jesus soek, wat gekruisig was.
6
He is not here: for he is risen, as he said. Come, see the place where the Lord lay.
Hy is nie hier nie: want Hy is opgewek, soos Hy gesê het. Kom, sien die plek waar die Here gelê het.
7
And go quickly, and tell his disciples that he is risen from the dead; and, behold, he goeth before you into Galilee; there shall ye see him: lo, I have told you.
En gaan haastig, en sê aan sy dissipels dat Hy van die dooies opgewek is; en kyk, Hy gaan voor julle uit na Galilea; daar sal julle Hom sien: kyk, ek het dit vir julle gesê.
8
And they departed quickly from the sepulchre with fear and great joy; and did run to bring his disciples word.
En hulle het haastig van die graf weggegaan met vrees en groot blydskap; en het gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.
9
And as they went to tell his disciples, behold, Jesus met them, saying, All hail. And they came and held him by the feet, and worshipped him.
En toe hulle gaan om sy dissipels te vertel, kyk, Jesus het hulle ontmoet, sê, Wees gegroet. En hulle het gekom en Hom by die voete gegryp, en Hom aanbid.
10
Then said Jesus unto them, Be not afraid: go tell my brethren that they go into Galilee, and there shall they see me.
Toe het Jesus tot hulle gesê, Wees nie bevrees nie: gaan, sê aan my broers dat hulle na Galilea moet gaan, en daar sal hulle My sien.
11
Now when they were going, behold, some of the watch came into the city, and shewed unto the chief priests all the things that were done.
Nou toe hulle op pad was, kyk, sommige van die wag het in die stad gekom, en aan die owerpriesters al die dinge vertel wat gebeur het.
12
And when they were assembled with the elders, and had taken counsel, they gave large money unto the soldiers,
En toe hulle bymekaargekom het met die ouderlinge, en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee,
13
Saying, Say ye, His disciples came by night, and stole him [away] while we slept.
Sê, Sê julle, Sy dissipels het in die nag gekom, en Hom gesteel terwyl ons geslaap het.
14
And if this come to the governor’s ears, we will persuade him, and secure you.
En as dit by die goewerneur se ore kom, sal ons hom oortuig, en julle veilig maak.
15
So they took the money, and did as they were taught: and this saying is commonly reported among the Jews until this day.
So het hulle die geld geneem, en gedoen soos hulle onderrig is: en hierdie woord word algemeen vertel onder die Jode tot vandag toe.
16
Then the eleven disciples went away into Galilee, into a mountain where Jesus had appointed them.
Toe het die elf dissipels na Galilea gegaan, na die berg waar Jesus hulle aangewys het.
17
And when they saw him, they worshipped him: but some doubted.
En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid: maar sommige het getwyfel.
18
And Jesus came and spake unto them, saying, All power is given unto me in heaven and in earth.
En Jesus het gekom en tot hulle gespreek, sê, Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde.
19
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of the Father, and of the Son, and of the Holy Ghost:
Gaan dan heen, en maak dissipels van al die nasies, hulle doop in die Naam van die Vader, en van die Seun, en van die Heilige Gees:
20
Teaching them to observe all things whatsoever I have commanded you: and, lo, I am with you alway, [even] unto the end of the world. Amen.
Hulle leer om alles te bewaar wat ek julle beveel het: en kyk, ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.