← Nehemia 11 Nehemia — Nehemiah 12 Nehemia 13 →
King James Version
AFR DVK
1
Now these [are] the priests and the Levites that went up with Zerubbabel the son of Shealtiel, and Jeshua: Seraiah, Jeremiah, Ezra,
Nou dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubbábel die seun van Sealtiël, en Jesua, opgetrek het: Serája, Jeremía, Esra,
2
Amariah, Malluch, Hattush,
Amarja, Mallug, Hattus,
3
Shechaniah, Rehum, Meremoth,
Seganja, Rehum, Meremot,
4
Iddo, Ginnetho, Abijah,
Iddo, Ginnetoi, Abía,
5
Miamin, Maadiah, Bilgah,
Mijamin, Maädja, Bilga,
6
Shemaiah, and Joiarib, Jedaiah,
Semája, en Jojarib, Jedája,
7
Sallu, Amok, Hilkiah, Jedaiah. These [were] the chief of the priests and of their brethren in the days of Jeshua.
Sallu, Amok, Hilkía, Jedája. Dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jesua.
8
Moreover the Levites: Jeshua, Binnui, Kadmiel, Sherebiah, Judah, [and] Mattaniah, [which was] over the thanksgiving, he and his brethren.
Bowendien die Leviete: Jesua, Binnui, Kadmíël, Serebja, Juda, en Mattanja, wat oor die danksegging was, hy en sy broers.
9
Also Bakbukiah and Unni, their brethren, [were] over against them in the watches.
Ook Bakbukja en Unni, hulle broers, was teenoor hulle in die wagte.
10
And Jeshua begat Joiakim, Joiakim also begat Eliashib, and Eliashib begat Joiada,
En Jesua het Jójakim verwek, Jójakim ook het Eljasib verwek, en Eljasib het Jójada verwek,
11
And Joiada begat Jonathan, and Jonathan begat Jaddua.
En Jójada het Jonatan verwek, en Jonatan het Jaddua verwek.
12
And in the days of Joiakim were priests, the chief of the fathers: of Seraiah, Meraiah; of Jeremiah, Hananiah;
En in die dae van Jójakim was priesters, die hoofde van die vaders: van Serája, Merája; van Jeremía, Hananja;
13
Of Ezra, Meshullam; of Amariah, Jehohanan;
Van Esra, Mesullam; van Amarja, Jehohanan;
14
Of Melicu, Jonathan; of Shebaniah, Joseph;
Van Meliku, Jonatan; van Sebanja, Josef;
15
Of Harim, Adna; of Meraioth, Helkai;
Van Harim, Adna; van Merajot, Helkai;
16
Of Iddo, Zechariah; of Ginnethon, Meshullam;
Van Iddo, Sagarja; van Ginneton, Mesullam;
17
Of Abijah, Zichri; of Miniamin, of Moadiah, Piltai;
Van Abía, Sikri; van Minjamin, van Moádja, Piltai;
18
Of Bilgah, Shammua; of Shemaiah, Jehonathan;
Van Bilga, Sammúa; van Semája, Jonatan;
19
And of Joiarib, Mattenai; of Jedaiah, Uzzi;
En van Jojarib, Mattenai; van Jedája, Ussi;
20
Of Sallai, Kallai; of Amok, Eber;
Van Sallai, Kallai; van Amok, Heber;
21
Of Hilkiah, Hashabiah; of Jedaiah, Nethaneel.
Van Hilkía, Hasabja; van Jedája, Netáneël.
22
The Levites in the days of Eliashib, Joiada, and Johanan, and Jaddua, [were] recorded chief of the fathers: also the priests, to the reign of Darius the Persian.
Die Leviete in die dae van Eljasib, Jójada, en Johanan, en Jaddua, is as hoofde van die vaders opgeskrywe: ook die priesters, tot die regering van Daríus die Pers.
23
The sons of Levi, the chief of the fathers, [were] written in the book of the chronicles, even until the days of Johanan the son of Eliashib.
Die seuns van Levi, die hoofde van die vaders, is opgeskrywe in die boek van die kronieke, selfs tot die dae van Johanan die seun van Eljasib.
24
And the chief of the Levites: Hashabiah, Sherebiah, and Jeshua the son of Kadmiel, with their brethren over against them, to praise [and] to give thanks, according to the commandment of David the man of God, ward over against ward.
En die hoofde van die Leviete: Hasabja, Serebja, en Jesua die seun van Kadmíël, met hulle broers teenoor hulle, om te prys en te dank, volgens die gebod van Dawid die man van God, wag teenoor wag.
25
Mattaniah, and Bakbukiah, Obadiah, Meshullam, Talmon, Akkub, [were] porters keeping the ward at the thresholds of the gates.
Mattanja, en Bakbukja, Obadja, Mesullam, Talmon, Akkub, was poortwagters wat die wag by die skatte van die poorte gehou het.
26
These [were] in the days of Joiakim the son of Jeshua, the son of Jozadak, and in the days of Nehemiah the governor, and of Ezra the priest, the scribe.
Dit was in die dae van Jójakim die seun van Jesua, die seun van Josadak, en in die dae van Nehemía die goewerneur, en van Esra die priester, die skrywer.
27
And at the dedication of the wall of Jerusalem they sought the Levites out of all their places, to bring them to Jerusalem, to keep the dedication with gladness, both with thanksgivings, and with singing, [with] cymbals, psalteries, and with harps.
En by die inwyding van die muur van Jérusalem het hulle die Leviete in al hulle plekke gesoek, om hulle na Jérusalem te bring, om die inwyding met blydskap te hou, beide met danksegginge, en met sang, met simbale, psalters, en met harpe.
28
And the sons of the singers gathered themselves together, both out of the plain country round about Jerusalem, and from the villages of Netophathi;
En die seuns van die sangers het bymekaargekom, beide uit die vlakte rondom Jérusalem, en uit die dorpe van die Netofatiëte;
29
Also from the house of Gilgal, and out of the fields of Geba and Azmaveth: for the singers had builded them villages round about Jerusalem.
Ook uit die huis van Gilgal, en uit die velde van Geba en Asmavet: want die sangers het vir hulle dorpe rondom Jérusalem gebou.
30
And the priests and the Levites purified themselves, and purified the people, and the gates, and the wall.
En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, en die volk gereinig, en die poorte, en die muur.
31
Then I brought up the princes of Judah upon the wall, and appointed two great [companies of them that gave] thanks, [whereof one] went on the right hand upon the wall toward the dung gate:
Toe het ek die vorstes van Juda op die muur gebring, en twee groot geselskappe van dié wat danksegging gegee het, aangestel, waarvan een aan die regterhand op die muur na die mispoort gegaan het:
32
And after them went Hoshaiah, and half of the princes of Judah,
En ná hulle het Hosaía, en die helfte van die vorstes van Juda gegaan,
33
And Azariah, Ezra, and Meshullam,
En Asarja, Esra, en Mesullam,
34
Judah, and Benjamin, and Shemaiah, and Jeremiah,
Juda, en Benjamin, en Semája, en Jeremía,
35
And [certain] of the priests’ sons with trumpets; [namely], Zechariah the son of Jonathan, the son of Shemaiah, the son of Mattaniah, the son of Michaiah, the son of Zaccur, the son of Asaph:
En sekere van die priesters se seuns met trompette; naamlik Sagarja die seun van Jonatan, die seun van Semája, die seun van Mattanja, die seun van Migaía, die seun van Sakkur, die seun van Asaf:
36
And his brethren, Shemaiah, and Azarael, Milalai, Gilalai, Maai, Nethaneel, and Judah, Hanani, with the musical instruments of David the man of God, and Ezra the scribe before them.
En sy broers, Semája, en Asareël, Milalai, Gilalai, Maai, Netáneël, en Juda, Hanani, met die musiekinstrumente van Dawid die man van God, en Esra die skrywer voor hulle.
37
And at the fountain gate, which was over against them, they went up by the stairs of the city of David, at the going up of the wall, above the house of David, even unto the water gate eastward.
En by die fonteinpoort, wat teenoor hulle was, het hulle opgegaan by die trappe van die stad van Dawid, by die opgang van die muur, bo die huis van Dawid, selfs tot by die waterpoort na die ooste.
38
And the other [company of them that gave] thanks went over against [them], and I after them, and the half of the people upon the wall, from beyond the tower of the furnaces even unto the broad wall;
En die ander geselskap van dié wat danksegging gegee het het die teenoorgestelde kant opgegaan, en ek ná hulle, en die helfte van die volk op die muur, van anderkant die toring van die oonde selfs tot by die breë muur;
39
And from above the gate of Ephraim, and above the old gate, and above the fish gate, and the tower of Hananeel, and the tower of Meah, even unto the sheep gate: and they stood still in the prison gate.
En van bo die poort van Efraim, en bo die ou poort, en bo die vispoort, en die toring van Hananel, en die toring van Mea, selfs tot by die skaappoort: en hulle het by die gevangenispoort gestaan.
40
So stood the two [companies of them that gave] thanks in the house of God, and I, and the half of the rulers with me:
So het die twee geselskappe van dié wat danksegging gegee het in die huis van God gestaan, en ek, en die helfte van die heersers saam met my:
41
And the priests; Eliakim, Maaseiah, Miniamin, Michaiah, Elioenai, Zechariah, [and] Hananiah, with trumpets;
En die priesters; Eljakim, Maäseja, Minjamin, Migaía, Eljoënai, Sagarja, en Hananja, met trompette;
42
And Maaseiah, and Shemaiah, and Eleazar, and Uzzi, and Jehohanan, and Malchijah, and Elam, and Ezer. And the singers sang loud, with Jezrahiah [their] overseer.
En Maäseja, en Semája, en Eleásar, en Ussi, en Jehohanan, en Malkía, en Elam, en Eser. En die sangers het hardop gesing, met Jesragja hulle opsigter.
43
Also that day they offered great sacrifices, and rejoiced: for God had made them rejoice with great joy: the wives also and the children rejoiced: so that the joy of Jerusalem was heard even afar off.
Ook daardie dag het hulle groot offers geoffer, en was vrolik: want God het hulle met groot blydskap vrolik gemaak: die vroue ook en die kinders was vrolik: sodat die blydskap van Jérusalem selfs ver gehoor is.
44
And at that time were some appointed over the chambers for the treasures, for the offerings, for the firstfruits, and for the tithes, to gather into them out of the fields of the cities the portions of the law for the priests and Levites: for Judah rejoiced for the priests and for the Levites that waited.
En in daardie tyd is sekere aangestel oor die kamers vir die skatte, vir die offerandes, vir die eerselings, en vir die tiendes, om daarin uit die velde van die stede die dele van die wet vir die priesters en Leviete bymekaar te maak: want Juda was vrolik oor die priesters en die Leviete wat gewag het.
45
And both the singers and the porters kept the ward of their God, and the ward of the purification, according to the commandment of David, [and] of Solomon his son.
En beide die sangers en die poortwagters het die wag van hulle God, en die wag van die reiniging, gehou, volgens die gebod van Dawid, en van Salomo sy seun.
46
For in the days of David and Asaph of old [there were] chief of the singers, and songs of praise and thanksgiving unto God.
Want in die dae van Dawid en Asaf van ouds was daar hoofde van die sangers, en liedere van lof en danksegging aan God.
47
And all Israel in the days of Zerubbabel, and in the days of Nehemiah, gave the portions of the singers and the porters, every day his portion: and they sanctified [holy things] unto the Levites; and the Levites sanctified [them] unto the children of Aaron.
En die hele Israel in die dae van Serubbábel, en in die dae van Nehemía, het die dele van die sangers en die poortwagters, elke dag sy deel, gegee: en hulle het die geheiligde dinge aan die Leviete geheilig; en die Leviete het dit aan die kinders van Aäron geheilig.