King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass in the month Nisan, in the twentieth year of Artaxerxes the king, [that] wine [was] before him: and I took up the wine, and gave [it] unto the king. Now I had not been [beforetime] sad in his presence.
En dit was in die maand Nisan, in die twintigste jaar van koning Artasasta, toe wyn voor hom was: en ek het die wyn geneem, en dit aan die koning gegee. Nou was ek nog nooit voorheen treurig in sy teenwoordigheid nie.
2
Wherefore the king said unto me, Why [is] thy countenance sad, seeing thou [art] not sick? this [is] nothing [else] but sorrow of heart. Then I was very sore afraid,
Daarom het die koning tot my gesê, Waarom is jou aangesig treurig, aangesien jy nie siek is nie? dit is niks anders as hartseer nie. Toe was ek baie baie bevrees,
3
And said unto the king, Let the king live for ever: why should not my countenance be sad, when the city, the place of my fathers’ sepulchres, [lieth] waste, and the gates thereof are consumed with fire?
En het tot die koning gesê, Laat die koning vir ewig lewe: waarom sou my aangesig nie treurig wees nie, wanneer die stad, die plek van my vaders se grafte, woes lê, en die poorte daarvan met vuur verbrand is?
4
Then the king said unto me, For what dost thou make request? So I prayed to the God of heaven.
Toe het die koning tot my gesê, Waarvoor vra jy? So het ek dan tot die God van die hemel gebid.
5
And I said unto the king, If it please the king, and if thy servant have found favour in thy sight, that thou wouldest send me unto Judah, unto the city of my fathers’ sepulchres, that I may build it.
En ek het tot die koning gesê, As dit die koning behaag, en as jou dienaar genade in jou aangesig gevind het, dat jy my na Juda mag stuur, na die stad van my vaders se grafte, dat ek dit mag bou.
6
And the king said unto me, (the queen also sitting by him,) For how long shall thy journey be? and when wilt thou return? So it pleased the king to send me; and I set him a time.
En die koning het tot my gesê (die koningin sit ook by hom), Vir hoe lank sal jou reis wees? en wanneer sal jy terugkeer? So het dit die koning behaag om my te stuur; en ek het hom ’n tyd gestel.
7
Moreover I said unto the king, If it please the king, let letters be given me to the governors beyond the river, that they may convey me over till I come into Judah;
Bowendien het ek tot die koning gesê, As dit die koning behaag, laat briewe aan my gegee word vir die goewerneurs anderkant die rivier, dat hulle my mag deurlaat totdat ek by Juda kom;
8
And a letter unto Asaph the keeper of the king’s forest, that he may give me timber to make beams for the gates of the palace which [appertained] to the house, and for the wall of the city, and for the house that I shall enter into. And the king granted me, according to the good hand of my God upon me.
En ‚'n brief aan Asaf die bewaarder van die koning se woud, dat hy my hout mag gee om die balke te maak vir die poorte van die paleis wat by die huis behoort, en vir die muur van die stad, en vir die huis wat ek sal inneem. En die koning het dit aan my gegee, volgens die goeie hand van my God op my.
9
Then I came to the governors beyond the river, and gave them the king’s letters. Now the king had sent captains of the army and horsemen with me.
Toe het ek by die goewerneurs anderkant die rivier gekom, en die koning se briewe aan hulle gegee. Nou het die koning kapteins van die leër en ruiters saam met my gestuur.
10
When Sanballat the Horonite, and Tobiah the servant, the Ammonite, heard [of it], it grieved them exceedingly that there was come a man to seek the welfare of the children of Israel.
Toe Sanballat die Horoniet, en Tobía die dienaar, die Ammoniet, dit gehoor het, was dit vir hulle baie hartseer dat daar ’n man gekom het om die welvaart van die kinders van Israel te soek.
11
So I came to Jerusalem, and was there three days.
So het ek dan by Jérusalem gekom, en was daar drie dae.
12
And I arose in the night, I and some few men with me; neither told I [any] man what my God had put in my heart to do at Jerusalem: neither [was there any] beast with me, save the beast that I rode upon.
En ek het in die nag opgestaan, ek en sommige min manne saam met my; en ek het geen man vertel wat my God in my hart gesit het om by Jérusalem te doen nie: en daar was geen dier by my nie, behalwe die dier waarop ek gery het.
13
And I went out by night by the gate of the valley, even before the dragon well, and to the dung port, and viewed the walls of Jerusalem, which were broken down, and the gates thereof were consumed with fire.
En ek het in die nag deur die dalpoort uitgegaan, selfs voor die draakbron, en na die mispoort, en die mure van Jérusalem ondersoek, wat afgebreek was, en die poorte daarvan wat met vuur verbrand was.
14
Then I went on to the gate of the fountain, and to the king’s pool: but [there was] no place for the beast [that was] under me to pass.
Toe het ek na die fonteinpoort, en na die koning se dam gegaan: maar daar was geen plek vir die dier wat onder my was om verby te gaan nie.
15
Then went I up in the night by the brook, and viewed the wall, and turned back, and entered by the gate of the valley, and [so] returned.
Toe het ek in die nag by die spruit opgegaan, en die muur ondersoek, en omgedraai, en deur die dalpoort ingegaan, en so teruggekeer.
16
And the rulers knew not whither I went, or what I did; neither had I as yet told [it] to the Jews, nor to the priests, nor to the nobles, nor to the rulers, nor to the rest that did the work.
En die heersers het nie geweet waarheen ek gegaan het, of wat ek gedoen het nie; en ek het dit nog nie aan die Jode, of aan die priesters, of aan die edeles, of aan die heersers, of aan die rest wat die werk gedoen het, vertel nie.
17
Then said I unto them, Ye see the distress that we [are] in, how Jerusalem [lieth] waste, and the gates thereof are burned with fire: come, and let us build up the wall of Jerusalem, that we be no more a reproach.
Toe het ek tot hulle gesê, Julle sien die benoudheid waarin ons is, hoe Jérusalem woes lê, en die poorte daarvan met vuur verbrand is: kom, en laat ons die muur van Jérusalem bou, dat ons nie meer ’n smaad is nie.
18
Then I told them of the hand of my God which was good upon me; as also the king’s words that he had spoken unto me. And they said, Let us rise up and build. So they strengthened their hands for [this] good [work].
Toe het ek hulle van die hand van my God vertel wat goed was op my; so ook die koning se woorde wat hy tot my gespreek het. En hulle het gesê, Laat ons opstaan en bou. So het hulle dan hulle hande versterk tot hierdie goeie werk.
19
But when Sanballat the Horonite, and Tobiah the servant, the Ammonite, and Geshem the Arabian, heard [it], they laughed us to scorn, and despised us, and said, What [is] this thing that ye do? will ye rebel against the king?
Maar toe Sanballat die Horoniet, en Tobía die dienaar, die Ammoniet, en Gesem die Arabier, dit gehoor het, het hulle ons uitgelag, en ons verag, en gesê, Wat is hierdie ding wat julle doen? sal julle teen die koning in opstand kom?
20
Then answered I them, and said unto them, The God of heaven, he will prosper us; therefore we his servants will arise and build: but ye have no portion, nor right, nor memorial, in Jerusalem.
Toe het ek hulle antwoord gegee, en tot hulle gesê, Die God van die hemel, Hy sal ons voorspoedig maak; daarom sal ons sy dienaars opstaan en bou: maar julle het geen deel, of reg, of gedenkskrif, in Jérusalem nie.