King James Version
AFR DVK
1
And there was a great cry of the people and of their wives against their brethren the Jews.
En daar was ‚'n groot geroep van die volk en van hulle vroue teen hulle broers die Jode.
2
For there were that said, We, our sons, and our daughters, [are] many: therefore we take up corn [for them], that we may eat, and live.
Want daar was dié wat gesê het, Ons, ons seuns, en ons dogters, is baie: daarom laat ons koring neem, dat ons mag eet, en lewe.
3
[Some] also there were that said, We have mortgaged our lands, vineyards, and houses, that we might buy corn, because of the dearth.
Daar was ook dié wat gesê het, Ons het ons lande, wingerde, en huise verpand, dat ons koring mag koop, vanweë die hongersnood.
4
There were also that said, We have borrowed money for the king’s tribute, [and that upon] our lands and vineyards.
Daar was ook dié wat gesê het, Ons het geld geleen vir die koning se belasting, en dit op ons lande en wingerde.
5
Yet now our flesh [is] as the flesh of our brethren, our children as their children: and, lo, we bring into bondage our sons and our daughters to be servants, and [some] of our daughters are brought unto bondage [already]: neither [is it] in our power [to redeem them]; for other men have our lands and vineyards.
Nogtans is ons vlees soos die vlees van ons broers, ons kinders soos hulle kinders: en kyk, ons bring ons seuns en ons dogters in diensbaarheid om diensknegte te wees, en sommige van ons dogters is alreeds in diensbaarheid gebring: en dit is nie in ons mag om hulle te verlos nie; want ander manne het ons lande en wingerde.
6
And I was very angry when I heard their cry and these words.
En ek was baie toornig toe ek hulle geroep en hierdie woorde gehoor het.
7
Then I consulted with myself, and I rebuked the nobles, and the rulers, and said unto them, Ye exact usury, every one of his brother. And I set a great assembly against them.
Toe het ek met myself geraadpleeg, en ek het die edeles, en die heersers, bestraf, en tot hulle gesê, Julle eis rente, elkeen van sy broer. En ek het ’n groot vergadering teen hulle aangestel.
8
And I said unto them, We after our ability have redeemed our brethren the Jews, which were sold unto the heathen; and will ye even sell your brethren? or shall they be sold unto us? Then held they their peace, and found nothing [to answer].
En ek het tot hulle gesê, Ons het volgens ons vermoë ons broers die Jode, wat aan die heidene verkoop is, losgekoop; en sal julle selfs julle broers verkoop? of moet hulle aan ons verkoop word? Toe het hulle stilgebly, en niks gevind om te antwoord nie.
9
Also I said, It [is] not good that ye do: ought ye not to walk in the fear of our God because of the reproach of the heathen our enemies?
Ook het ek gesê, Dit is nie goed wat julle doen nie: moet julle nie in die vrees van onse God wandel vanweë die smaad van die heidene ons vyande nie?
10
I likewise, [and] my brethren, and my servants, might exact of them money and corn: I pray you, let us leave off this usury.
Ek ook, en my broers, en my dienaars, mag geld en koring van hulle eis: ek bid julle, laat ons hierdie rente laat vaar.
11
Restore, I pray you, to them, even this day, their lands, their vineyards, their oliveyards, and their houses, also the hundredth [part] of the money, and of the corn, the wine, and the oil, that ye exact of them.
Gee, ek bid julle, aan hulle, selfs vandag, hulle lande, hulle wingerde, hulle olyfbome, en hulle huise, ook die honderdste deel van die geld, en van die koring, die wyn, en die olie, wat julle van hulle eis.
12
Then said they, We will restore [them], and will require nothing of them; so will we do as thou sayest. Then I called the priests, and took an oath of them, that they should do according to this promise.
Toe het hulle gesê, Ons sal dit herstel, en niks van hulle eis nie; so sal ons doen soos jy sê. Toe het ek die priesters geroep, en ’n eed van hulle geneem, dat hulle volgens hierdie belofte sou doen.
13
Also I shook my lap, and said, So God shake out every man from his house, and from his labour, that performeth not this promise, even thus be he shaken out, and emptied. And all the congregation said, Amen, and praised the LORD. And the people did according to this promise.
Ook het ek my skoot uitgeskud, en gesê, So moet God elke man uitskud uit sy huis, en uit sy arbeid, wat hierdie belofte nie uitvoer nie, selfs so moet hy uitgeskud word, en leeggemaak. En die hele vergadering het gesê, Amen, en die HERE geprys. En die volk het volgens hierdie belofte gedoen.
14
Moreover from the time that I was appointed to be their governor in the land of Judah, from the twentieth year even unto the two and thirtieth year of Artaxerxes the king, [that is], twelve years, I and my brethren have not eaten the bread of the governor.
Bowendien van die tyd af dat ek aangestel is om hulle goewerneur in die land van Juda te wees, van die twintigste jaar af selfs tot die twee en dertigste jaar van koning Artasasta, dit is, twaalf jaar, het ek en my broers nie die brood van die goewerneur geëet nie.
15
But the former governors that [had been] before me were chargeable unto the people, and had taken of them bread and wine, beside forty shekels of silver; yea, even their servants bare rule over the people: but so did not I, because of the fear of God.
Maar die vorige goewerneurs wat voor my was was swaar op die volk, en het brood en wyn van hulle geneem, behalwe veertig sikkels silwer: ja, selfs hulle dienaars het geheers oor die volk: maar so het ek nie gedoen nie, vanweë die vrees van God.
16
Yea, also I continued in the work of this wall, neither bought we any land: and all my servants [were] gathered thither unto the work.
Ja, ook het ek voortgegaan in die werk van hierdie muur, en ons het geen land gekoop nie: en al my dienaars was daar bymekaargemaak tot die werk.
17
Moreover [there were] at my table an hundred and fifty of the Jews and rulers, beside those that came unto us from among the heathen that [are] about us.
Bowendien was daar by my tafel ’n honderd en vyftig van die Jode en heersers, behalwe dié wat by ons gekom het van onder die heidene wat rondom ons was.
18
Now [that] which was prepared [for me] daily [was] one ox [and] six choice sheep; also fowls were prepared for me, and once in ten days store of all sorts of wine: yet for all this required not I the bread of the governor, because the bondage was heavy upon this people.
Nou dit wat vir my elke dag berei is, was een os en ses uitgesoekte skape; ook voëls is vir my berei, en een maal in tien dae voorraad van allerhande wyn: tog het ek nie die brood van die goewerneur vereis nie, omdat die diensbaarheid swaar was op hierdie volk.
19
Think upon me, my God, for good, [according] to all that I have done for this people.
Dink aan my, my God, vir goed, volgens alles wat ek vir hierdie volk gedoen het.