King James Version
AFR DVK
1
I love the LORD, because he hath heard my voice [and] my supplications.
Ek het die HERE lief, omdat Hy my stem en my smekinge gehoor het.
2
Because he hath inclined his ear unto me, therefore will I call upon [him] as long as I live.
Omdat Hy sy oor tot my geneig het, daarom sal ek Hom aanroep solank as ek lewe.
3
The sorrows of death compassed me, and the pains of hell gat hold upon me: I found trouble and sorrow.
Die smarte van die dood het my omsingel, en die pyne van die doderyk het my aangegryp: ek het benoudheid en smart gevind.
4
Then called I upon the name of the LORD; O LORD, I beseech thee, deliver my soul.
Toe het ek die Naam van die HERE aangeroep; o HERE, ek bid U, red my siel.
5
Gracious [is] the LORD, and righteous; yea, our God [is] merciful.
Genadig is die HERE, en regverdig; ja, onse God is barmhartig.
6
The LORD preserveth the simple: I was brought low, and he helped me.
Die HERE bewaar die eenvoudiges: ek was laag gebring, en Hy het my gehelp.
7
Return unto thy rest, O my soul; for the LORD hath dealt bountifully with thee.
Keer terug tot jou rus, o my siel; want die HERE het goed met jou gehandel.
8
For thou hast delivered my soul from death, mine eyes from tears, [and] my feet from falling.
Want U het my siel van die dood verlos, my oë van trane, en my voete van val.
9
I will walk before the LORD in the land of the living.
Ek sal voor die HERE wandel in die land van die lewendes.
10
I believed, therefore have I spoken: I was greatly afflicted:
Ek het geglo, daarom het ek gespreek: ek was baie benoud:
11
I said in my haste, All men [are] liars.
Ek het in my haast gesê, Al die mense is leuenaars.
12
What shall I render unto the LORD [for] all his benefits toward me?
Wat sal ek die HERE teruggee vir al sy weldade teenoor my?
13
I will take the cup of salvation, and call upon the name of the LORD.
Ek sal die beker van heil neem, en die Naam van die HERE aanroep.
14
I will pay my vows unto the LORD now in the presence of all his people.
Ek sal my geloftes aan die HERE betaal nou in die teenwoordigheid van al sy volk.
15
Precious in the sight of the LORD [is] the death of his saints.
Kosbaar in die oë van die HERE is die dood van sy heiliges.
16
O LORD, truly I [am] thy servant; I [am] thy servant, [and] the son of thine handmaid: thou hast loosed my bonds.
O HERE, waarlik ek is u dienaar; ek is u dienaar, en die seun van u diensmaagd: U het my bande losgemaak.
17
I will offer to thee the sacrifice of thanksgiving, and will call upon the name of the LORD.
Ek sal aan U die offer van danksegging offer, en die Naam van die HERE aanroep.
18
I will pay my vows unto the LORD now in the presence of all his people,
Ek sal my geloftes aan die HERE betaal nou in die teenwoordigheid van al sy volk,
19
In the courts of the LORD’S house, in the midst of thee, O Jerusalem. Praise ye the LORD.
In die voorhowe van die HERE se huis, in die midde van jou, o Jérusalem. Prys die HERE.