King James Version
AFR DVK
1
A Song of degrees. They that trust in the LORD [shall be] as mount Zion, [which] cannot be removed, [but] abideth for ever.
Dié wat op die HERE vertrou, sal wees soos die berg Sion, wat nie beweeg kan word nie, maar vir ewig bly.
2
[As] the mountains [are] round about Jerusalem, so the LORD [is] round about his people from henceforth even for ever.
Soos die berge rondom Jérusalem is, so is die HERE rondom sy volk van nou af en vir ewig.
3
For the rod of the wicked shall not rest upon the lot of the righteous; lest the righteous put forth their hands unto iniquity.
Want die roede van die goddelose sal nie op die lot van die regverdiges rus nie; dat die regverdiges nie hulle hande tot ongeregtigheid uitsteek nie.
4
Do good, O LORD, unto [those that be] good, and to [them that are] upright in their hearts.
Doen goed, o HERE, aan dié wat goed is, en aan dié wat opreg is in hulle harte.
5
As for such as turn aside unto their crooked ways, the LORD shall lead them forth with the workers of iniquity: [but] peace [shall be] upon Israel.
Wat dié betref wat na hulle krom weë afwyk, die HERE sal hulle saam met die werkers van ongeregtigheid weglei: maar vrede sal op Israel wees.