King James Version
AFR DVK
1
[A Psalm] of David. Unto thee, O LORD, do I lift up my soul.
Tot U, o HERE, hef ek my siel op.
2
O my God, I trust in thee: let me not be ashamed, let not mine enemies triumph over me.
O my God, ek vertrou op U: laat my nie beskaamd word nie, laat my vyande nie oor my juig nie.
3
Yea, let none that wait on thee be ashamed: let them be ashamed which transgress without cause.
Ja, laat niemand wat op U wag, beskaamd word nie: laat hulle beskaamd word wat sonder oorsaak oortree.
4
Shew me thy ways, O LORD; teach me thy paths.
Toon my u weë, o HERE; leer my u paaie.
5
Lead me in thy truth, and teach me: for thou [art] the God of my salvation; on thee do I wait all the day.
Lei my in u waarheid, en leer my: want U is die God van my heil; op U wag ek die hele dag.
6
Remember, O LORD, thy tender mercies and thy lovingkindnesses; for they [have been] ever of old.
Onthou, o HERE, u tedere barmhartighede en u liefde; want hulle is van ouds af.
7
Remember not the sins of my youth, nor my transgressions: according to thy mercy remember thou me for thy goodness’ sake, O LORD.
Onthou nie die sondes van my jeug, en my oortredings nie: volgens u barmhartigheid onthou U my om u goedheid se ontwil, o HERE.
8
Good and upright [is] the LORD: therefore will he teach sinners in the way.
Goed en opreg is die HERE: daarom sal Hy sondaars in die weg leer.
9
The meek will he guide in judgment: and the meek will he teach his way.
Die nederiges sal Hy in die oordeel lei: en die nederiges sal Hy sy weg leer.
10
All the paths of the LORD [are] mercy and truth unto such as keep his covenant and his testimonies.
Al die paaie van die HERE is barmhartigheid en waarheid tot dié wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
11
For thy name’s sake, O LORD, pardon mine iniquity; for it [is] great.
Om u Naam se ontwil, o HERE, vergewe my ongeregtigheid; want dit is groot.
12
What man [is] he that feareth the LORD? him shall he teach in the way [that] he shall choose.
Watter man is hy wat die HERE vrees? hom sal Hy in die weg leer wat Hy sal kies.
13
His soul shall dwell at ease; and his seed shall inherit the earth.
Sy siel sal in goeie dinge woon; en sy saad sal die aarde erf.
14
The secret of the LORD [is] with them that fear him; and he will shew them his covenant.
Die geheime raad van die HERE is by dié wat Hom vrees; en Hy sal hulle sy verbond bekend maak.
15
Mine eyes [are] ever toward the LORD; for he shall pluck my feet out of the net.
My oë is altyd tot die HERE; want Hy sal my voete uit die net uittrek.
16
Turn thee unto me, and have mercy upon me; for I [am] desolate and afflicted.
Draai U tot my, en ontferm U oor my; want ek is verlate en benoud.
17
The troubles of my heart are enlarged: [O] bring thou me out of my distresses.
Die benoudhede van my hart is vermeerder: bring my uit my benoudhede.
18
Look upon mine affliction and my pain; and forgive all my sins.
Kyk op my benoudheid en my smart; en vergewe al my sondes.
19
Consider mine enemies; for they are many; and they hate me with cruel hatred.
Aanskou my vyande; want hulle is baie; en hulle haat my met wrede haat.
20
O keep my soul, and deliver me: let me not be ashamed; for I put my trust in thee.
Bewaar my siel, en verlos my: laat my nie beskaamd word nie; want ek stel my vertroue op U.
21
Let integrity and uprightness preserve me; for I wait on thee.
Laat opregtheid en regverdigheid my bewaar; want ek wag op U.
22
Redeem Israel, O God, out of all his troubles.
Verlos Israel, o God, uit al sy benoudhede.