King James Version
AFR DVK
1
A Psalm of David. Give unto the LORD, O ye mighty, give unto the LORD glory and strength.
Gee aan die HERE, o julle magtiges, gee aan die HERE heerlikheid en sterkte.
2
Give unto the LORD the glory due unto his name; worship the LORD in the beauty of holiness.
Gee aan die HERE die heerlikheid wat aan sy Naam toekom; aanbid die HERE in die skoonheid van heiligheid.
3
The voice of the LORD [is] upon the waters: the God of glory thundereth: the LORD [is] upon many waters.
Die stem van die HERE is op die waters: die God van heerlikheid donder: die HERE is op baie waters.
4
The voice of the LORD [is] powerful; the voice of the LORD [is] full of majesty.
Die stem van die HERE is magtig; die stem van die HERE is vol majesteit.
5
The voice of the LORD breaketh the cedars; yea, the LORD breaketh the cedars of Lebanon.
Die stem van die HERE breek die seders; ja, die HERE breek die seders van die Líbanon.
6
He maketh them also to skip like a calf; Lebanon and Sirion like a young unicorn.
Hy laat hulle ook spring soos ’n kalf; Líbanon en Sirjon soos ’n jong eenhoring.
7
The voice of the LORD divideth the flames of fire.
Die stem van die HERE verdeel die vlamme van vuur.
8
The voice of the LORD shaketh the wilderness; the LORD shaketh the wilderness of Kadesh.
Die stem van die HERE skud die wildernis; die HERE skud die wildernis van Kades.
9
The voice of the LORD maketh the hinds to calve, and discovereth the forests: and in his temple doth every one speak of [his] glory.
Die stem van die HERE maak die hinde baring gee, en ontdek die woude: en in sy tempel spreek elkeen van sy heerlikheid.
10
The LORD sitteth upon the flood; yea, the LORD sitteth King for ever.
Die HERE sit op die vloed; ja, die HERE sit Koning vir ewig.
11
The LORD will give strength unto his people; the LORD will bless his people with peace.
Die HERE sal sterkte aan sy volk gee; die HERE sal sy volk seën met vrede.