King James Version
AFR DVK
1
And I saw another mighty angel come down from heaven, clothed with a cloud: and a rainbow [was] upon his head, and his face [was] as it were the sun, and his feet as pillars of fire:
En ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien afkom, gekleed met ’n wolk: en ’n reënboog was op sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur:
2
And he had in his hand a little book open: and he set his right foot upon the sea, and [his] left [foot] on the earth,
En hy het in sy hand ‚'n klein boekie gehad oop: en hy het sy regtervoet op die see gesit, en sy linkervoet op die aarde,
3
And cried with a loud voice, as [when] a lion roareth: and when he had cried, seven thunders uttered their voices.
En het met ‚'n groot stem uitgeroep, soos wanneer ‚'n leeu brul: en toe hy uitgeroep het, het sewe donderslae hulle stemme laat hoor.
4
And when the seven thunders had uttered their voices, I was about to write: and I heard a voice from heaven saying unto me, Seal up those things which the seven thunders uttered, and write them not.
En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, was ek op die punt om te skrywe: en ek het ’n stem uit die hemel gehoor sê tot my, Verseël die dinge wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf hulle nie.
5
And the angel which I saw stand upon the sea and upon the earth lifted up his hand to heaven,
En die engel wat ek op die see en op die aarde sien staan het, het sy hand tot die hemel opgehef,
6
And sware by him that liveth for ever and ever, who created heaven, and the things that therein are, and the earth, and the things that therein are, and the sea, and the things which are therein, that there should be time no longer:
En het by Hom gesweer wat lewe tot in ewigheid, wat die hemel geskape het, en die dinge wat daarin is, en die aarde, en die dinge wat daarin is, en die see, en die dinge wat daarin is, dat daar geen tyd meer sou wees nie:
7
But in the days of the voice of the seventh angel, when he shall begin to sound, the mystery of God should be finished, as he hath declared to his servants the prophets.
Maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy begin om te blaas, sou die geheimenis van God voleindig word, soos Hy dit aan sy dienaars die profete verkondig het.
8
And the voice which I heard from heaven spake unto me again, and said, Go [and] take the little book which is open in the hand of the angel which standeth upon the sea and upon the earth.
En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer met my gespreek, en gesê, Gaan heen, en neem die klein boekie wat oop is in die hand van die engel wat op die see en op die aarde staan.
9
And I went unto the angel, and said unto him, Give me the little book. And he said unto me, Take [it], and eat it up; and it shall make thy belly bitter, but it shall be in thy mouth sweet as honey.
En ek het na die engel gegaan, en tot hom gesê, Gee my die klein boekie. En hy het tot my gesê, Neem dit, en eet dit op; en dit sal jou maag bitter maak, maar dit sal in jou mond soet wees soos heuning.
10
And I took the little book out of the angel’s hand, and ate it up; and it was in my mouth sweet as honey: and as soon as I had eaten it, my belly was bitter.
En ek het die klein boekie uit die hand van die engel geneem, en dit opgeëet; en dit was in my mond soet soos heuning: en so gou as ek dit geëet het, was my maag bitter.
11
And he said unto me, Thou must prophesy again before many peoples, and nations, and tongues, and kings.
En hy het tot my gesê, Jy moet weer profeteer voor baie volke, en nasies, en tale, en konings.