King James Version
AFR DVK
1
And there was given me a reed like unto a rod: and the angel stood, saying, Rise, and measure the temple of God, and the altar, and them that worship therein.
En daar is aan my ’n riet gegee soos ’n staf: en die engel het gestaan, sê, Staan op, en meet die tempel van God, en die altaar, en hulle wat daarin aanbid.
2
But the court which is without the temple leave out, and measure it not; for it is given unto the Gentiles: and the holy city shall they tread under foot forty [and] two months.
Maar die voorhof wat buite die tempel is, laat dit uit, en meet dit nie; want dit is aan die heidene gegee: en die heilige stad sal hulle twee en veertig maande lank vertrap.
3
And I will give [power] unto my two witnesses, and they shall prophesy a thousand two hundred [and] threescore days, clothed in sackcloth.
En ek sal mag gee aan my twee getuies, en hulle sal profeteer ‚'n duisend twee honderd en sestig dae, gekleed in sak.
4
These are the two olive trees, and the two candlesticks standing before the God of the earth.
Hierdie is die twee olyfbome, en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
5
And if any man will hurt them, fire proceedeth out of their mouth, and devoureth their enemies: and if any man will hurt them, he must in this manner be killed.
En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond, en verteer hulle vyande: en as iemand hulle wil beskadig, moet hy so omgebring word.
6
These have power to shut heaven, that it rain not in the days of their prophecy: and have power over waters to turn them to blood, and to smite the earth with all plagues, as often as they will.
Hierdie het mag om die hemel toe te sluit, dat dit nie reën in die dae van hulle profesie nie: en het mag oor die waters om hulle in bloed te verander, en om die aarde te tref met alle plae, so dikwels as hulle wil.
7
And when they shall have finished their testimony, the beast that ascendeth out of the bottomless pit shall make war against them, and shall overcome them, and kill them.
En wanneer hulle hulle getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom teen hulle oorlog voer, en hulle oorwin, en hulle doodmaak.
8
And their dead bodies [shall lie] in the street of the great city, which spiritually is called Sodom and Egypt, where also our Lord was crucified.
En hulle dooie liggame sal lê in die straat van die groot stad, wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.
9
And they of the people and kindreds and tongues and nations shall see their dead bodies three days and an half, and shall not suffer their dead bodies to be put in graves.
En hulle van die volke en stamme en tale en nasies sal hulle dooie liggame drie en ’n half dae sien, en sal nie toelaat dat hulle dooie liggame in die grafte gelê word nie.
10
And they that dwell upon the earth shall rejoice over them, and make merry, and shall send gifts one to another; because these two prophets tormented them that dwelt on the earth.
En hulle wat op die aarde woon, sal oor hulle bly wees, en verbly, en sal geskenke aan mekaar stuur; omdat hierdie twee profete hulle wat op die aarde woon, gepynig het.
11
And after three days and an half the Spirit of life from God entered into them, and they stood upon their feet; and great fear fell upon them which saw them.
En ná drie en ’n half dae het die Gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hulle voete gestaan; en groot vrees het op hulle geval wat hulle gesien het.
12
And they heard a great voice from heaven saying unto them, Come up hither. And they ascended up to heaven in a cloud; and their enemies beheld them.
En hulle het ’n groot stem uit die hemel gehoor sê tot hulle, Kom hier op. En hulle het opgegaan na die hemel in ’n wolk; en hulle vyande het hulle gesien.
13
And the same hour was there a great earthquake, and the tenth part of the city fell, and in the earthquake were slain of men seven thousand: and the remnant were affrighted, and gave glory to the God of heaven.
En in dieselfde uur was daar ‚'n groot aardbewing, en die tiende deel van die stad het geval, en in die aardbewing is sewe duisend manne omgekom: en die oorblyfsel was verskrik, en het die God van die hemel die eer gegee.
14
The second woe is past; [and], behold, the third woe cometh quickly.
Die tweede wee is verby; en kyk, die derde wee kom spoedig.
15
And the seventh angel sounded; and there were great voices in heaven, saying, The kingdoms of this world are become [the kingdoms] of our Lord, and of his Christ; and he shall reign for ever and ever.
En die sewende engel het geblaas; en daar was groot stemme in die hemel, sê, Die koninkryke van hierdie wêreld is geword die koninkryke van onse Here, en van sy Christus; en Hy sal heers tot in ewigheid.
16
And the four and twenty elders, which sat before God on their seats, fell upon their faces, and worshipped God,
En die vier en twintig ouderlinge, wat voor God sit op hulle sitplekke, het op hulle aangesigte neergeval, en God aanbid,
17
Saying, We give thee thanks, O Lord God Almighty, which art, and wast, and art to come; because thou hast taken to thee thy great power, and hast reigned.
Sê, Ons dank U, o Here God Almagtig, wat is, en was, en kom; omdat U u groot mag geneem het, en geheers het.
18
And the nations were angry, and thy wrath is come, and the time of the dead, that they should be judged, and that thou shouldest give reward unto thy servants the prophets, and to the saints, and them that fear thy name, small and great; and shouldest destroy them which destroy the earth.
En die nasies was toornig, en u toorn is gekom, en die tyd van die dooies, dat hulle geoordeel sou word, en dat U loon sou gee aan u dienaars die profete, en aan die heiliges, en aan hulle wat u Naam vrees, klein en groot; en dat U hulle sou vernietig wat die aarde vernietig.
19
And the temple of God was opened in heaven, and there was seen in his temple the ark of his testament: and there were lightnings, and voices, and thunderings, and an earthquake, and great hail.
En die tempel van God is in die hemel oopgemaak, en daar is in sy tempel die ark van sy testament gesien: en daar was bliksemstrale, en stemme, en donderslae, en ‚'n aardbewing, en groot hael.